Halloween by Arcade Empire hierso in Snor Central was nog altyd een van die hoogtepunte van die jaar. Dit het egter te groot en te vol begin raak, en hierdie jaar het Arcade saam met Griet gewerk om die beste en grootste Halloween nóg by die Voortrekker Monument aan te bied. Like super fokken groot. Die nuwe venue is befok en hulle moet dit nou maar net elke jaar daar hou en klaarky. Daar was about 6500 mense en dit het gelyk of almal die kak uit hulleself geniet het.
Dit was ook evident die volgende oggend by Park Acoustics. Dit was asof Pretoria ‘n kollektiewe hangover gehad het, want daar was so 15% minder mense by daai vibe. Saterdag katjie van die baan, Sondag Jan-Hendrik van 7de Laan. So paar brawe bloedjies het dit wel tot by Park Acoustics gemaak en ons sê “bloedjies” want van hulle het nog bloedjies op hulle gatsiggies gehad van die vorige aand se holskud en kopswaai. Meeste ounters het fokken baie moeite met hulle outfits gedoen. Julle outjies se kreatiwiteit was verstommend, to say the least. Kaapstad, julle kan gerus iets leer van hoe Pretoria party. Ons het al lankal die geesbeker gewen, maar geniet die see, hoor. En die berg.
Die musiek was next level. 25 acts het op 3 stages perform. Hellcats, Art Snakes, Grassy Spark en Fuzigish was befok. Hoogtepunte was Bittereinder op die Blood Club Stage (die mense het gefokken bons laat die kak wit sit) en die Jagermeister Brass Cartel op die Evil Empire Stage (beste party musiek, like ever, girlfriend).
Om op te som, dit was loshande en sonder twyfel die beste partytyjie van die jaar. (Ek is ernstig, no kidding.) Daar was egter ‘n paar goed wat beter gedoen kan word: Hulle moet net die bars uitsort want later in die aand moes mense in baie lang rye staan vir drank en sommige goed het opgeraak. Mens moet nooit fokops hê met bars nie, oues – dis waar julle geld print en vir Pravin Gordhan wegsteek. Onthou, die oom is nou weer paraat en op sy pos, wêna! Hier is so paar kiekies, maar mision ook sommer oor na die Watkykjy Facebook page oor so uur en loop tag jou Halloween gesiggie as jy daar was. Gee ons sommer ‘n like ook. Moenie ‘n doos wees nie…
Watkykjy staan op 3,083,860 post views in totaal sedert 1 November, 2019.