Van gly op ‘n piesangskil tot die prys van liefde.
1) Slegte nuus vir almal wat nooit weer daai arrogante Mercedes-Benz doosdrywer se bakkies wil sien nie… in 2017 stel die motorreus sy eerste bakkie bekend teen ‘n plaas se prys. Ironies, want dis dalk die laaste plek waar jy die X-Class in aksie gaan sien. Lekker wiele vir jong Affies en Klofies manne wie se pa’s enigiets sal doen om hulle so min as moontlik by die huis te hê. Nou kan Pierre-Claude en Gawie-Louis lekker op Blind Duits gaan. Ha-ha. Duits. See what I did there?
2) Die koek het gespat in Ierland hierdie week toe ‘n hof beslis het die eienaars van ‘n bakkery moet ‘n gay-aktivis van Belfast, Gareth Lee, 88 000 pond betaal nadat hulle geweier het om ‘n pro-gay huweliksboodskap op ‘n koek te sit. Nou kyk, ek en ironie stap al ‘n lang paadjie saam. So ek sal volstaan hiermee: Nog nooit het ‘n gay man ‘n koek soveel geniet nie.
3) Toe die edelveragbare Jacob Zuma hierdie week gevra is vir sy opinie oor die hele Shaun Abrahams/Pravin Gordhan sage, was sy antwoord dat hy voel as hy enigsens betrokke sou raak daarby, dit die land in ‘n piesangrepubliek sou verander. Dit komende van die grootste fokken nana van almal… die brood in piesangbrood… die piel in banana peel… die pies in jou poesang…
4) Theuns “Asmapompie” Jordaan het hierdie week bevestig sy nuwe treffer is getiteld “Soos Bloedneus.” Dit kom nadat ou Rasper sy hofsaak verloor het waar hy aangedring het daarop om by die Afrikaans is Groot konsertreeks op te tree. Sulke siestog.
5) Hulle sê jy kan nie ‘n prys op liefde sit nie. Kak man. R700 000. Dis wat dit kos. Vra maar vir Fokol Mbalula, ons Minister van Spot wat sy liefde vir geld verkwis voortsit met ‘n R700 000 geskenkie aan Mamelodi Sundowns, Suid-Afrika se rykste sokkerklub na hul oorwinning in die CAF Champion’s League. Kyk, ons wenhonger nasie moet seker bly wees iewers het iemand iets gewen, maar ou Fokol het hom die gramskap van baie op die hals gehaal met sy gespog op Twitter dat hy die aansienlike bedraggie gaan skenk terwyl die land brand.
Watkykjy staan op 3,089,936 post views in totaal sedert 1 November, 2019.