Van vermiste persone na vermiste geld… van Leeus-ondersteuners wat uiteindelik sjarrap tot demi-gode sangers wat hof toe wil neuk…
1) Baasspeurder Piet Bylveld se titel het hierdie laaste week verander na VerBaasspeurder Piet Byleveld. Want almal is verbaas oor die gerugte dat hy sakke vol geld by mense vat om na hul geliefdes te soek of moordenaars aan die pen te laat ry en dan gebeur daar net mooi fokkol. En hy het dit blykbaar re-piet-edly gedoen. So ou werfetter.
2) Gepraat van vermiste persone… kan iemand nie maar Mcebo Dlamini laat verdwyn nie? Who he? Dis een van die bliksems wat aan die spits is van die #FeesMustFall beweging is. Hy is 32 en swot nog steeds. En hierdie week is hy gearresteer vir heelwat goed soos diefstal, openbare geweld, die besit van gevaarlike wapens en omdat hy die meesterbrein agter Kurt Darren se nuwe CD is. But get this. Raai bietjie wie betaal vir sy studies? Die Gautengse goewerment. I shit you not. En amper asof ons in ‘n Verimark droom wêreld leef, “but wait, there’s more.” Sy ma werk blykbaar vir Wits… hy is mal vir Hitler (ja, kom ons kyk hoe werk daai enetjie uit vir jou Einstein)… hy is in Swaziland gebore en het eers Suid-Afrikaanse burgerskap in 2014 bekom… en die uitvaagsel het ‘n graad of twee, maar skynbaar nie ‘n ruggraat nie.
3) Asmapompie Jordaan wil hof toe. Eers het ek gedink dis dalk oor hy homself wil sue oor al sy musiek dieselfde klink. Of omdat hy die musikale ekwivalent is van ‘n nar wat ‘n gestremde kind se ballon bars. Maar nee. Daar is ‘n geskil tussen Theuns en die organiseerders van die AIG (Alles-klink dieselfde Is Groot) konserte. En Tannie Chrissie van Witbank en Oom Tossie van Witrivier is hoogs ontsteld. AIG kan mos nie voortgaan sonder hom nie? Daarom wend hulle hul tot sosiale media en dreig dat hulle die konserte gaan boikot net voordat hulle op Facebook vir Mark Zuckerberg laat weet hulle gee hom glad nie toestemming om hul foto’s te mag gebruik in traktaatjies vir die Klu-Klux Clan nie (nie sonder betaling nie anyways) en net voordat hulle Amen tik op ‘n possie vir die behoud van een of ander karwag se skoenlapper-projek.
4) Van Maandag af gaan Afrikaner-gesinne hul dalk moet verlustig in hul eie familiedrama en intrige. Daar is ‘n goeie kans dat 7de Laan sy gat gesien het nadat die vervaardigers akteurs van die sepie laat weet het hulle word dalk nie betaal nie omdat die Es-Eina-Bee-See (nog) nie die kontrak hernu het nie. Kan jy jou indink? Duisende mense in spoorweghuisies en karavane wat vir ten minste 25 minute elke aand met mekaar moet praat! Awkward.
5) WP en Leeus ondersteuners moes hierdie week ‘n paar bitter pille sluk nadat hul spanne uitgeval het in die Curriebeker. Sulke seer. Hierdie naweek gaan Bloemfontein uit sy nate bars soos Cheetahs en Bulls ondersteuners soos wen-honger ontneemdes hul laaste hoop vestig op die kans dat hulle vir die eerste keer weer sedert die Nasionale Party in die 80’s gewen het, weer iets kan wen. Kan nie wag vir die onderhoud met die kaptein of coach van die verloorspan nie. “No fok Kobus, the betterer team won us today. Scrum. Runneth with the ball. Sulke big word kicking possession away. They made us make so many mistakes and they turned it around into points and I just want to say well done you ouks. Jislaaik. And to our fans.”
Watkykjy staan op 3,074,332 post views in totaal sedert 1 November, 2019.