Van optog hou tot aftog blaas…
1) Wat is ou Zoom-zoom se gunsteling dans? Die Fok-strot. Want hy voel blykbaar ‘n fok vir die wurggreep waarin die land tans is. Terwyl universiteite brand en die rand laer daal as ‘n wulpse halslyn, fuif hy op ‘n staatsbesoek in… waar anders… Naai-robi.
2) #FeesMustFall is fokken orals. Maar ongelukkig verwys dit nie na Innibos of Aardklop nie. Die studente wat nie wil betaal nie gaan so duur betaal vir die kak wat hulle tans aanjaag. Boonop gaan staan ‘n cowboy priester in Johannesburg en misinterpreteer die polisie se Staan Stil Of Ek Skiet as Staan Stil En Ons Skiet. En toe skiet hulle hom met ‘n rubberkoeël in die mond. Seker nie die eerste keer wat ‘n priester rubber in sy mond gekry het nie en seker ook nie die laaste keer nie.
3) Springbok afrigter Allister Coetzee het hierdie week in ‘n pot handjietennis teen een van die hulpafrigters verloor. Hy het toe blykbaar aan die huil gegaan en twee kinders se balonne gebars voor hy ‘n ou tannie in die middel van ‘n besige voetoorgang alleen gelos het. Omstanders het hom terstond ‘n slegte verloorder gebrandmerk waarna hy gerespond het met “Well duh.” Dit hou moontlik verband met die lelike loesing wat die Bokke die afgelope naweek van die All Blacks gekry het. Daar’s net ‘n paar goed wat seerder maak as ‘n 57-15 verloor… as jy nie genoeg KY gebruik nie, as jy per ongeluk ‘n Ken Mullen CD luister en as jy uitvind jy en Sunette Bridges is verlangs familie.
4) Die EFF kondig aan hulle beplan ‘n groot optog in Pretoria op 2 November en nooi alle Suid-Afrikaners uit om deel te wees daarvan. Die tema is blykbaar khaki, but don’t quote us on that. Die optog se doel is om aan te dring dat Zoom-zoom onmiddellik bedank, dat dat enige staatskontrakte met die Guptas verbreek word, dat Shaun Abrahams van die Nasionale Vervolgingsgesag onmiddellik moet bedank, dat die regering vanaf 2017 gratis hoër onderwys sal verskaf en dat Juanita du Plessis saam met Julius Malema ‘n duet moet opneem. Ten minste lyk die laaste een meer waarskynlik as die ander 4 eise.
5) Die ATKV erken ‘n nuwe woord in die Afrikaanse taal. Die woord shaunabrahams kan as ‘n werkwoord gebruik word in sinne om aan te dui dat jy besig is om kak te maak of as byvoeglike naamwoord om die intensiwiteit van iets aan te dui. Bv. “Fokkitiefok Bertie, maar jou ogies sit darem shaunabrahams naby aan mekaar.” Of “Elsabe is besig om haar huwelik te shaunabrahams met daai vent wat haar swembad elke week skoonmaak.” Of “Jammer Suid-Afrika, ek het darem nou lekker shaunabrahams aangevang deur Pravin Gordhan te wil arresteer oor ‘n onbenulligheid.”
Watkykjy staan op 3,124,266 post views in totaal sedert 1 November, 2019.