Deathrettes – Kill all the Kings EP
Ek wil net vir die Deathrettes sê: FOK JULLE! Ek het net-net my vinyl verslawing in toom gehad. Amper ‘n jaar van verantwoordelik plate koop. Ek het mooi weggebly van al die vinyl faires, on-line websites en al daai jazz. En nou kom julle alweer met hierdie crowdfunding stront. Qrates? What the hell? En ek het dit net reggekry om my extra cash vir konstruktiewe goed te gebruik. Ek dag Cape Townians is vredeliewende mense? Dit maak my die bliksem in!
Laat ek net begin. Ek is al klaar die moer in en ek het nog nie eens begin skryf nie. So vandag was nogal ‘n surprise vir my, nevertheless. Ek weet nie hoekom ek so verslaaf is aan hierdie vyf songs nie? Hoekom is daar net vyf songs, Deathrettes? Why? Fucking why? Ek speel hierdie nou al vir ure op repeat en dis addictive. Ek is reluctant om dit sê maar ek dig die surfer lifestyle nogal. Soveel as wat ‘n grumpy Gautenger kan. Genoeg om ‘n wannabe surfer attitude te hê as ek op vakansie gaan in Ikapa. Is Quicksilver t-shirts nog cool? Ek het nog een hier iewers. Wat noem hulle hierdie tunes nou weer? Garage Groove of so iets. As ek my oë toemaak is die eerste memory wat opkom dié van the Shadows. Cliff Richard en kie. En meer spesifiek die song Apache. Ek onthou dit van 1984 af toe ek en my familie in Uvongo, Natal (daai tyd) gaan vakansie hou het. Dis die enigste musiek van my pa wat ek gelike het op daai trip. Dit was so rooi tape wat hy op special gekoop het vir R1,99 by die Hyperama en al die lede van die band het bokshandskoene aan op die cover. Ek het gesmeek vir daai musiek. ‘n Oordosis klassieke musiek en Jim Reeves is die rede hoekom ek is wat ek is. ‘n Rock and Roll born laaitie kan net soveel Mantovani Strauss en ‘Home on the Range’ handle op ‘n trip see toe. Dit was traumaties. Ek raak sommer weer befok. Gaan youtube dit en dan hoor jy die genesis van Garage Groove (in my humble opinion). But a lot has happened since the psychedelic sixties. Ok, behalwe die mense in die Kaap praat nog te veel van FAR OUT DUDE na my sin. Daar was die sleazy seventies, die cheesy eighties en natuurlik die Britpop grungy alternative (weet nog steeds nie wat alternative is nie) nineties. NoWay Sis en Blurrp se dae. Enige iets na die nineties is vir my soos nuwe musiek.
Maar dis nie die eerste keer dat ek hierdie groovy sound hoor in die Republiek nie. Ek het verlede jaar Retro Dizzy review. Onthou julle dit? Sulke surfer bras daar van Hermanus af. Die twee bands klink nie totally dieselfde nie though. Retro Dizzy eksperimenteer baie meer met harder rock. Die Deathrettes het gegaan vir die eenvoudiger catchy groove sound op hierdie EP. Wat my weer terugbring by the Shadows. Dit was nogal hipnotiese musiek met catchy riffs, was dit nie? En further down in time, as jy mooi luister sal jy ‘n paar dekades se influences ook nog kan hoor. Especially die nineties. Pulp Fiction se soundtrack het ook mos so paar surfer groove tunes op gehad. The Tornadoes se Bustin’ Surfboards onder andere. Jirre wag, ek gaan nou eers weer daai fliek kyk. I’ll be back…
Ok ek is terug. Nog steeds een van die beste movies ever made. Waar was ek nou weer? O ja, dit lyk my die see en die berg bring hierdie psychedelic tunes in die mense uit daar in iKapa. Cowabunga, dudes! Om terug te kom na Qrates. Ek het net een vraag vir die Deathrettes. “What does Rolbees look like?Does he look like a bitch?” Moenie dat ek Ezekiel 25:17 vir julle voorlees nie. Drop nou dadelik hierdie Qrates kak en moenie dat ek Jules Winnfield op julle asses gaan nie. “Say what again! I dare you, I double dare you motherfuckers! Ek gaan nie nog geld op vinyl uitgee nie! “
Sorrie ek het bietjie carried away geraak. Dis net die eerste keer dat ek hoor daarvan en wel, ek moes dit net vanoggend gaan uitprobeer. Kon nie myself help nie. Die Deathrettes EP is nou gepre-order vir my private collection (sug). Ek het al aan crowdfunding initiatives deelgeneem maar nog nie met Qrates nie. Dit is heeltemaal te user friendly. Meer as bank phishing e-mail scams. Hoekom het ek al weer daarvoor geval? Ek dink ek gaan dit verloor! Ek wil vir al die local bands wat daarvan droom om vinyl te druk sê julle moenie Qrates gaan uitcheck nie! Moenie vir jou fans die opsie gee om ‘n 100 of 200 vinyl te pre-order nie! Stop dit nou voor die hele ding weer hande uitruk of iets. Oh shit ek kan dit nie help nie…. hier kom dit alweer…
“The path of the righteous man is beset on all sides by the inequities of the selfish and the tyranny of evil men. Blessed is he who, in the name of charity and good will, shepherds the weak through the valley of the darkness. For he is truly his brother’s keeper and the finder of lost children. And I will strike down upon thee with great vengeance and furious anger those who attempt to poison and destroy my brothers. And you will know I am the Lord when I lay my vengeance upon you.”
https://qrates.com/artists/thedeathrettes/items/12598
Watkykjy staan op 3,089,793 post views in totaal sedert 1 November, 2019.