Koppe moet rol! Dit is die coach se skuld. Dit is SARU se skuld. Dit is transformasie se skuld. Fokkit, dit is selfs my bleskopbuurman se skuld want hy het laasweek in sy dronkenskap per ongeluk sy beste pêl se vrou in die swembad gezaber. Die antie maak asof niks gebeur het nie. Sulke volstruis vibes.
Volgens Kobus Wiese se Twitter account wat met ‘n dik duim gedruk word, is ons rappie ‘n nasionale krisis – fokkie strikes by die universiteite en ons kakskelm president en die feit dat almal vir reën bid; rappie is mos kos. En na Saterdag se poesklap wat die All Blacks ons in Durbs gegee het, kort elke liewe Springbokfan (ek sluit myelf dalk oor hier in) ook een van daardie Big ‘n Tall – oftewel obese – onderbroeke wat Kobus in Edgars aan die brannasbrigade verkoop. Die poef loop letterlik al by die broekspype af en dit gaan dalk iets beter as ‘n extra durable super absorbing Huggies nappy vat om te keer dat die slapsous nie op jou nuwe matte uitloop nie.
‘n Hele paar manne het nou al sekerlik weer hul truitjies op die vuur loop gooi. Netsnert24 berig ook dat ‘n klomp bloggers (een site) reken dat die coach moet waai. Yup, die broederbond se spreekbuis (prove me wrong, maddefuckers) is mos fokken experts as dit by die opklits van gemoedere kom. Maar was die All Black-slagting regtig so moerse surprise? Kort antwoord, noddefok!
Onthou ook sommer dat Rudolf Straeuli steeds die rekord vir die grootste pakslae in ons rugbygeskiedenis op sy CV het. Saterdag se pakslae was so voorspelbaar soos ‘n 7de Laan episode want nie net het die tietkoppe by die uiters onbekwame en korrupte Saru die aanstelling van Coetzee way laat gedoen nie, die bra moes ook met ‘n klomp verkakte planne wat sy selfsugtige voorganger gemaak het iets try uitfigure. Ek meen seriously – ons het voor sy aanstelling die ouetehuis bly speel. Game na game na fokken game. Tjommas my ou, tjommas. En Heineken se tjommas het almal geskiem, fokkit dis cool as ons tjommas jol want tjommas bly tjommas – minwetende dat ‘n tjomma eintlik daai stukkie kak is wat aan jou holhare vasklou.
Daar is nie gebou nie. Daar is ook nie gekyk om nuwe ouens ‘n regverdige kans te gee nie. Dudes wat al in 2011 te oud was het bly speel. Ek meen, as Adriaan Strauss die beste opsie vir kaptein is, waddefok het ons ‘n leierskapkrises soos net die ANC ken? Nog voor die seisoen behoorlik begin het, het ouens soos ek en Griff en pretty much almal wat nie R800-00 op ‘n useless DSTV subscription wou spandeer nie, die kak summier gecancel. Super duper Rugby tot die mag vleisdas was ook nie iets waarin ons regtig belanggestel het nie. Yup, dit was nog voor Saterdag se chutney shots.
Hulle roep hom Netflix, of streaming, of dalk net jou stokkie by jou tjomma se laptop – nie hol – indruk. Genoeg het ons gehad van die DSTV mafia se manupilasietaktiek en die damwal wat Saterdag in Durbs gebreek het kan direk aan die klomp werketters in hul next-level touch screen Randburg studio toegeskryf word. Sport is veronderstel om vir die massas toeganklik te wees, maar het jy geweet Metro FM radiostasie trek meer luisteraars per game as enige ander TV stasie? En voor jy al die blaam op die SABC se Hlaudi pak, onthou net dat StupidSport en Saru en SanZaaar se pielvlegvibes nie gister begin het nie.
Die ’95 World Cup was skaars verby toe die ringkoppe besluit het om hul beursies bo die belange van die game te sit. Vergeet maar van die jongspan inspire met ‘n coke en t-shirt oefensessie in Soweto, want feitlik elke Bok sal in any case uit ‘n pielewapper Privaatskool kom waar zak meer as itegriteit beteken. Die oplossing? Brasse wat reken ‘n nuwe coach gaan dinge in ‘n japtrap uitsort is op crack. Ouens wat reken die Lions coach is die beste man vir die job is probably op Heroin. Die Lions het vanjaar gat geskop omdat hulle ‘n span was. ‘n Span manne wat al vir meer as drie jaar elke dag saam oefen en naweke saam braai en dus weet wat om van die ou langs hom te verwag. Dit pis my veral af dat daar heeltyd geskimp word dat transformasie en die aansteling van Mzandile Stick as agterlynafrigter die hoof oorsake vir die penarrie is wanneer ons, hoofsaaklik wit, forwards nie ‘n Springs ligaspan deesdae bang sal maak nie.
So as jy regtig wil sien dat dinge verander, moenie jou doosduur trui loop brand nie, gaan cancel eerder jou DSTV subscription. As elke rugbyondersteuner dit doen gaan hulle dit beslis voel. SARU en SuperSnort is mos dieselfde company? Doen dit nou! Kyk die highlights online of op SABC nuus of watokal. Laat die bliksems met die duur karre so bietjie soos Pretoria se staatsamptenare begin besef dat hulle tjomma-tjomma vibes iets van die verlede is.
Ek reken die All Blacks sou 100 punte verby ons gesit het as Ruan Pienaar op die veld was.
Watkykjy staan op 3,084,024 post views in totaal sedert 1 November, 2019.