PK. Afkorting vir perdekrag. Of poskantoor. Maar hier by Watkykjy, verkies ons die Poesklap-weergawe. En elke maand gaan ons een lekker stywe PK uitdeel aan iemand wat uit sy of haar pad gegaan het om die nasie kollektief af te pis. Soos in fokken all-the-way pappa.
Wie is die vyfde ontvanger van hierdie gesogte toekenning?
Shaun Abrahams, kom kantoor toe asseblief en bring jou tas saam, Shaun Abrahams. Wat ‘n fokken douchebag. Die Nasionale Walgingsgesag se leier het duidelik ‘n persoonlike vendetta teen die Minister van Finansies, Pravin Gordhan. Miskien het Pravin eenkeer sy parkering gesteel. Miskien word Shaun agter die skerms gepomp deur die edelveragbare Jacob Zuma. Hoe dit ook al sy, Shaun se onderrok hang uit. Daai ooghare van hom is so dik sodat dit al die verskuilde agendas kan huisves. Nou na die aanklagte teen Pravin gemaak is – en dit duidelik geword het hulle het minder bewyse as ‘n komkol – probeer hulle agter die skerms gou-gou nog ammunisie teen die minister van finansies kry. Daar was selfs ‘n gyselaarsdrama toe dit aan die lig kom that ‘n ene Vlok Symington (fok, wie maak hierdie mense se name op?) van die SAID (Suid-Afrikaanse Inkomstediens) geboelie is deur vier lede van die Valke om sensitiewe dokumente rakende Tom Moyane, SAID-kommissaris, se rol in die ondersoek na Pravin Gordhan. Dit lees by die dag meer en meer soos ‘n he-SAID she-SAID moddergooiery. En ons geldeenheid kak natuurlik harder af as ‘n NG-dominee wat uit die kas bliksem. En dit het als begin by Wimperman… onse Shaun.
Ka-dwa pappa! Kry vir jou ‘n lekker harde PK!
Watkykjy staan op 3,092,336 post views in totaal sedert 1 November, 2019.