No Requests – Voortrekker Funk
Ek kan nie vir julle beskryf hoe befok dit is dat daar so baie ‘fok jou genre’ jazz-rock-pop (whatever mens dit noem) projects uit Pretoria uit kom om van te kies en te keur deesdae nie. Dit maak die enjoyment van SA musiek net soveel meer rewarding. It’s raining passion project EP’s en albums. Hallelujah! Why? For the love of music, man. That’s why! As dit pap reën moet julle skep, mense. Die twee rampokkers verantwoordelik daarvoor vandag is daai Wolmer bassist/guitarist wat ‘n vinger in elke pie het en dan Clint “Funkoneti” Falconer (no introduction needed either) wat sterk op pad is om dieselfde pad te stap. Ek gaan vandag bietjie op die twee misfits fokus. “Hi my name is Chris Danger ThunderVolt and I play in 6666 bands”. “Oh and none of them suck!”.
Quality and quantity, and the two are not mutually exclusive, Chris! Selfde geld vir die funk meister El Gringo Funkoneti. As julle kan onthou, ek het hierdie jaar al Profoundly Dumb se Collective Isolation en Juggernaught se Full Grown Woman ‘n stab gegee. Onder andere. Soos jou girlfriend, jou zef blog bekyker! Onder baie andere. Ek soek alweer vir kak. Anyways. Die eerste is Chris se baby en met laasgenoemde was Clint een van die hooframpokkers. As jy dit gemis het, hou onmiddelik op lees en gaan check dit eers uit op bandcamp. Is julle terug? Befok, huh? Check nou hierdie funk offering. Dis vars, vars, vars en right up there met die res. Probably bietjie minder weird, maar nie met te veel strange ass notches nie. Nog steeds experimental en jazzy. Maar definitief meer palatable vir vierkantige ore daarbuite. But then again, daar is een song wat vir my soos early the Cure klink amper. This Wave is not big Enough. Met sulke gerookte Gary Numan android vocals. Of so iets.
Fok jou genre, man. Jy vra nie vir hierdie band of hulle vir jou ‘n cover kan doen nie. Tensy jy ‘n poesklap soek. This is original music. And it’s good shit. Funky bass lines, langer jazzy drum solos, snaakse meandering kitaar geluide en ‘n kakhuis vol funk. Dis moedersmelk vir ons weirdos. Brain fries is baie jazz. Chilled out Stav se eclectic mix kinda jazz van ouds. Maar die ritmes kan jou ook beetkry op hierdie offering. Ek het sopas op my stoel gesit en funk op Bubble with me now tot ek heeltemaal uitasem geraak het. Ja, imagine ‘n dude in ‘n rystoel wat op sy eie in die sitkamer uitfok en lyk of hy sulke zombie aanvalle kry en visoene sien. Hande wat waves try maak. Sonder dat ek acid gevat het. Hey, great idee vir ‘n video sal wees as julle daai song vir ‘n klomp disabled kids gaan perform wat soap bubbles orals rondblaas. Moet net nie die bong vir hulle wys nie, Jirre. Arme bloeitjies. Ek is ook mos ‘n kinders. Bubble with me now!
Sweet Creature – The Devil Knows my Name
Waar is al julle sleaze rockers vandag? Ek het al weer vir julle ‘n lekker treat. Ek kom deesdae bittermin by oorsese bands uit as julle dit nie agtergekom het nie. SA musos hou ons lekker besig, nê? And we love you for it! Thanks vir al die links musos en managers! Dis hoekom ek weer so twee reviews op ‘n slag gaan moet doen. Anders kom ek nie by alles uit nie. So ja, aangesien ek die old school sounding hard rock tunes love (en veral dit wat nie so maklik oral verkrygbaar is nie) is ek altyd oop as mense my bietjie spoonfeed oor iets nuuts. Fok, ek doen dit baie vir julle almal, so as iemand in my oor fluister dan luister ek aandagtig. En as ek dit kwaai like dan skryf ek daaroor. Besides, sulke intel kan dalk net in my guns tel. Of dalk ons almal sin. Who knows?
Hierdie keer was dit daai sleazebol Don Cobra van LA Cobra wat my in die rigting van Sweet Creature se debut album gepoint het. “The Devil Knows My Name” roep hulle dit. Kan julle hom picture met sy spandex en gesprayde eighties hair? Wonder of hy make-up ook dra? Nie die duiwel nie my fok. Don Cobra. Rock and roll Pretooooria!! Sweet Creature is ‘n sleaze rock outfit daar van Swede af. Jy kan solank ‘n paar teaser songs op hulle website gaan kokkenodge (www.sweetcreature.org). Daar is reeds ‘n official video release genaamd Not like Others.
Julle kan ook die tune hier gaan download https://show.co/UihDRXP. Die song gaan basically oor meeste van julle freaks. So spesiaal en als. Daar is ook nog so paar songs op Soundcloud. Our Moment, Away from you en Burning Midnight Oil vir julle luistergenot. Gaan gooi dit die naweek by jou rock and roll braai! Laasgenoemde is my favourite song. Jissus, Martin and Linus! Those are some pretty mean fucking riffs and solos. Ok so hierdie is meer soos ‘n heads up pre-view as wat dit ‘n volledige review is. Gaan check Martin Sweet (van CRASHDÏET) op lead kitaar en vocals, sy broer Michael (van Toxic Rose) wat dromme moer, Tin Star van (Gemini Five) wat die bass bliksem en Linus Nirbrant (van This Ending) op rhythm kitaar uit. Ja moenie worry nie ek ken ook nie een van daai bands nie so ek het bietjie huiswerk om te doen.
Sweet Creature is van daai old school sleazy gloomy (maar tog sag op die oor) hard rock bands. Dit wat ons metal genoem het toe ek ‘n laaitie was. Ek sê mos ons het alles metal genoem in die eighties. Selfs Gorky Park. Onthou julle daai? Bang! Say da da da! Ok die nuwe album word die 25ste Oktober release en Don gaan bietjie Swede toe vroeg in November om die band live te check by die Rest in Sleaze festival. Hy gaan hulle voorstel aan SA sleaze rock tune hy. Hey Don! Tune hulle sommer ons is reg vir hulle hier. Bring that sleaze to Africa, Sweet Creature! En kom kuier bietjie by Watkykjy ook. Ek sal hulle vir seker live gaan check en graag ‘n interview wil doen. Ek het Don ook gevra om vir my ‘n album te try score sodat ek die hele offering behoorlik kan review. Check solank die teaser tunes op die website uit motherfuckers! Hierdie Sweedse bras kan rock!
Watkykjy staan op 3,101,778 post views in totaal sedert 1 November, 2019.