Ons hou so fokken baie van Metallica dat ons besluit het om ‘n tribute party te gooi om hulle album, Hardwired… To Self-Destruct, te celebrate. Kyk, oom James sal seker nooit weet dat hulle fans sulke befokte parties gooi nie, maar at least weet julle outjies dit nou. En as ons almal saam geraas maak daaroor, vind hulle dalk uit daarvan en kom laai ons op en ry ons rond in hulle familiekar en hulle koop vir ons roomys en spookasem en kom kyk hoe ons rugby en netball speel en verloor. Sulke metal pappa vibes. Mens kan net droom…
Back to reality, though…
Kom join ons by The Goodluck Bar (probably Suid-Afrika se beste club vir live music) in Joburg Vrydagaand die 11de November. Ons het Pretoria-based band, Gunship gekry om ‘n mean-ass Metallica tribute show te kom gooi vir julle. Catherine Grenfell is jou host en MC vir die aand en sal lekker thrash metal jol voor die band op stage klim.
Ons gooi ook ‘n air guitar kompetisie waaraan jy kan deelneem en Metallica se hele back catalogue CDs kan wen asook die nuwe album op beide CD en vinyl! Jissis, dis ‘n vet prys as jou hart op die regte plek sit, my bra! Oefen solank jou moves en luister sommer na al Metallica se tunes, want Catherine gaan kies waarop jy gaan air guitar, hoor? Moenie worry nie, ons het gereel dat Lord Wolmer julle kom wys hoe om dit te doen. Hy het immers in 2008 in Finland deelgeneem aan die Air Guitar World Championship in Finland. Hier is van sy moves destyds. Hy is deesdae nog beter:
Daar is ook fokken kief pryse en give-aways regdeur die aand. 60 skille kry jou by die deur in. Sien jou daar! Hierso is die Facebook event. Nooi al jou tjommies ook uit!
Metal up your ass!
Watkykjy staan op 3,083,757 post views in totaal sedert 1 November, 2019.