Ek het nou al vir ‘n paar jaar al LA Cobra op social media sien op-pop so nou en dan. Voor ek begin musiek review het was my attitude, soos baie Suid-Afrikaners, nog steeds bietjie negatief oor te veel SA musiek. Nie alles nie, ek is al my hele lewe lank ‘n music junkie so ek het nog altyd die major players geken en gelove. Maar julle verstaan waarvan ek praat? Daai denkwyse dat omdat iets “local” is moet dit noodwendig ‘n bad copy wees van ‘n original is nog met ons selfs in 2016. Ek noem dit Local is lekker Pessimisme Sindroom (LIPS). Om mee te begin, “local” musiek is die kakste beskrywing van SA tunes in die geskiedenis van musiek. Dis kakker as seventies DISCO musiek. Dit klink vir my soos ‘n kwaadaardige gewas wat lokale narkose moet kry voor die chirurg dit gaan uitsny. Vermy daai woord met alle mag en krag asseblief! Local Pfffft. Dis net nog ‘n kanker wat ons moet uitroei. LIPS is ‘n vieslike aansteeklike siekte. Erger as ‘n alien veneriese siekte. En dit is viral in ons lugruim vir heeltemaal te lank al.
Ek het dit begin beleef toe my ouer susters en hulle vriende net Radio 5 (voor Five FM begin tos musiek speel het) geluister het en alles Afrikaans (en Suid-Afrikaans) as second rate kak afgelag het. Dit was nie net hulle nie. Almal het so gedink. En hulle was reg tot ‘n sekere mate. Maar selfs back in the day was daar awesome musiek wat net ‘n bad rap gekry het as gevolg van skaap-mentaliteit. Of at the very least nie die nodige recognition gekry het nie. Mens sou dink dat alles wat die afgelope drie dekades gebeur het musically (en otherwise) in die land mense se mindsets sou verander. Maar die wiel draai fokken stadig as dit by kultuurverandering kom. Stadiger as wat mens dink. Ek besef glam sleazy metal/rock is nou nie vir almal nie. En daar was nooit ‘n Suid-Afrikaanse glam rock option vir ons generation X’ers toe ek ‘n laaitie was nie. Die enigste fokkers wat ek kon onthou wat make up gedra het was Petit Cheval en éVoid. Wonder hoeveel keer het die Pretoria Snorre vir Jonathan Selby gebliksem as hy net so van die Garsfontein bus afgeklim het?
Meeste van die metal albums of die album covers was verban daai tyd anyway, so dit het nie by almal uitgekom nie. Ons moes duur betaal vir import plate by Universitas. Die naaste wat ek kan onthou was maybe die band Stryder wat thrash metal in Pretoria se dodgy metal clubs gespeel het. As jy Cherrys Too onthou is jy stokoud. Maar hulle het Metallica gecover en hulle hare was nie ge-hairspray nie. Dit was die eerste metal band wat ek live gesien het. Daar by Tuks se Musaion. Ek was veertien jaar oud en ek was hooked. Total juveline delinquent metal addict. Daai tyd het ons alles metal genoem. Van thrash tot glam rock. Selfs Bon Jovie (*koes*).
So ek gaan La Cobra se musiek, for the sake of nostalgia, glam metal noem. Waar de fok was LA Cobra daai tyd? Ek sou ook van Menlo Park af Tramshed toe geloop het om ‘n LA Cobra backpatch te gaan koop by Gaby’s Disco Gear. My punt is, LIPS geld ook vir die van ons wat into Poison, Mötley Crüe, LA Guns, Faster Pussycat, Cinderella en so was toe glam metal op sy peak was in die eighties. Wat? Glam metal is lankal dood, sê jy? Mmmm… ja en nee. Dit hang weereens af wat jou mindset is. Dis dood in terme van fads wat in die charts en op MTV verander het. Replaced by grunge in the early nineties en alles wat daarna musically evolve het. Deesdae is dit basically R&B en afgewaterde rock. Maar meeste van daai glam metal bands perform nog steeds low key vir hulle fans en jy kan daai musiek nou vrylik op die interwebs kry. In die moderne rock/metal scene van 2016 gaan jy probably net remnants van die ou glory days in bands soos Bullet for my Valentine en Black Veil Brides bespeur. Maar ek verloor gou interest in daai bands en ek kan nie uitfigure hoekom nie. Maybe omdat Dave Mustaine se woorde in my kop bly eggo elke keer as ek ‘n nuwe band hoor. Ek luister first and foremost of hulle actually hulle instrumente kan speel en of die vocals soos ‘n kermende poser laaitie klink wie se girl hom gelos het en nou wil selfmoord pleeg. Ek soek ook kompulsief vir daai passie en danger elemente. Soos Guns and Roses wat hotelkamers en studios getrash het tydens interviews. Keur ek sulke optrede deesdae goed? Probably not, maar ek onthou die gevoel wat dit by my aangewakker het. Wow man. Net omdat hulle lus voel? Wow. Sonder een van daai elemente at least kry ek full blown ADD. Hey look, a squirrel with big hair!
Ok, so maybe is dit ook omdat die ou sounds heeltemaal verander het, of dat nu-metal te veel konsepalbums in my keel afgedruk het. LA Cobra probeer soveel as moontlik daai original glam metal sound, wat my so excited gemaak het back in the day, te behou. So, vocals. Check. Riffs en beats. Check. Solos. Check. John Strong (hulle vorige lead guitarist) is nou nie Albert Frost nie maar het dit jou gepla van C.C. DeVille of Tracii Guns? Probably not. Is hulle genuine sleazy dangerous? Probably nie so extreme soos Mötley Crüe en Guns and Roses nie. Maar daai mal bliksems het sakke vol geld gehad vir lawyers. La Cobra het nie. So you have to get real here.
Maar ek dink die band doen al die basics reg op die album. Dis net die production wat nog nie heeltemaal is wat dit kan wees nie. En dis weereens te verstane, want La Cobra het hierdie tweede album op ‘n tight budget record in net vyf dae. So vergelyk dit met Poison se ‘Open Up and say Ahhh’ wat oor drie maande record is met een van die beste producers in die biz daai tyd. None other than Tom Werman. Gaan luister sommer weer ‘Nothing But a Good Time’ as werk jou onder kry. Dis die quintessential middelklas glam metal tune. Waar was ek nou weer?
Lyrics wise? Well, hulle sing meestal oor die core topics wat ons laaities soos ‘n magneet aangetrek het in die eighties. Sexy naked sleazy chicks, dirty love en dronknespaarties. Ek voel weer veertien as ek hierdie musiek hoor, maar as jy soek vir iets totally nuuts, socially conscious of diep – gaan soek op ‘n ander plek. Dit is asof hierdie bras in ‘n time capsule was en die nineties clean gesidestep het. Eddie Vedder het nooit vir Josh Taft gesê om die ligte op stage af te sit nie, Kurt Cobain het ‘n janitor gebly en lewe vandag nog, al die rock stars vlieg nog rond met bunjee rekke op miljoen dollar stage productions of in hulle eie private jets met excess rock and roll parties wat weke lank aanhou, drugs, groupies…..huh? Ok, ok ek is wakker.
Daai dae is verby. Op daai massive scale anyway. Maar nostalgia is my kos so ek het seker LA Cobra avoid tot nou toe want ek het gedink dit gaan ‘n bad copy van die original wees. As dit een was sou dit my laat cringe het. Dit het glad nie. Inteendeel, ek het dit eers hard geblast op my system en weer al my ou plate gaan uithaal en op ‘n glam metal binge gegaan gister. Ek is weereens oortuig dat die enigste antidote vir LIPS ‘n daaglikse dosis befokte Suid-Afrikaanse musiek is – sommer so saam met oorsese tunes ook in die brousel. En as jy nie meer ‘n onderskeid – wat kwaliteit aanbetref – kan maak nie, het jy Nirvana bereik. Selfs al stem die mark nie met jou saam nie. Selfs al sê almal glam metal is irrelevant. Well, fok die mark! Ek kan dit nie genoeg preach nie. Dis nou nie nodig om 90% Hlaudi te ruk nie.
In my geval het dit begin met net ‘n once a week shot in the ear en nou is ek redelik verslaaf aan ‘n balanced cocktail van oorsese en Suid-Afrikaanse tunes van verskillende genres. Kyk verby die slick productions met honderde team members opgeneem met record companies se geld wat hulle na al die duisende rock and roll biz probleme kan gooi – en dan besef jy daar is genuine nie so groot verskil nie. Oorsese bands het net meer opportunities en access tot big money as die bands hier. Dis nie rocket science nie. LA Cobra het intussen ‘n substantial make-over ondergaan wat band members aanbetref en hulle is op die oomblik besig om hulle derde album, Shotgun Slinger te record. Don Cobra het vir my so teaser gestuur maar ek gaan swyg tot die nuwe album uitkom. Julle kan solank op Youtube gaan check vir die eerste single se vid, Rock and Roll Pretoria.
Watkykjy staan op 3,084,427 post views in totaal sedert 1 November, 2019.