Vrydagaand by die Good Luck Bar. Dit klink soos ‘n epic opening line vir ‘n storie. Vrydagaand by die Good Luck Bar en wat het ons gewaar? Ok, nou klink dit bietjie aangeplak. Die regte moederfokken rock and roll deal, dis wat. So kom ek begin by die begin. Cadillac Sun. Daai klomp zeffers daar van die Vaaldriehoek af. Ek het hulle debuutalbum al review en ‘n interview gedoen, so ek weet hulle kan ‘n damn decent album record en in ‘n studio ‘n ding fucked up jam. Maar ek het nie te veel verwag vir ‘n eerste gig by die GLB nie. Dis anders om voor ‘n crowd te jol. Ek het gedink wel hulle is maar nog groentjies op die scene. Hoe goed kan hulle nou eintlik live wees? The real proof is in the pudding, while you’re in the thick of things met baie dinge wat verkeerd kan gaan.
So ek sit toe maar redelik bedees soos ‘n soet kreupel by ‘n kerkbazaar en kyk en luister. So van die kant af. Sip so aan my mineral water. Krities analities. Glimlag skaam vir almal met my Builders Warehouse earplugs wat Big H my gegee het in. Ja, of course gaan daar weer befokte fotos wees. As ek moet fotos neem sal almal my van die page af boo. Die Caddies was honger vir live jol en het sommer ‘n hele tune gespeel vir ‘n sound check. Die set het redelik rehearsal-like begin, soos ek verwag het, maar toe die mense die musiek buite hoor het hulle so stadigaan begin insypel. Soos wat meer mense gejoin het, het die band begin connect met die crowd en vice versa. Ek gaan nie doekies omdraai nie. Watch this space, mense. Hierdie band het gees! ‘n Beeldskone rock and roll vixen het uit nêrens verskyn en met my begin chat. Sy besluit toe sommer ek moet heel voor saam met haar gaan headbang. Sy het my met mening omgeswaai en gestoot tot heel voor die stage.Ek like dit om gestoot te word. My earplugs moer so op die vloer neer en die laaste bietjie van my water ook. In die chaos in sonder protection of hidrasie. Dis nie asof ek ‘n keuse gehad het nie. My rubberarm was al agter my rug gedraai en die gort reeds gaar. Die rock and roll gode het my al vyf minute terug gewaarsku wat kom. En net daar verloor ek myself in die mayhem.
Hulle het meeste van hulle hardhitting straight up rock songs van hulle debut album, Rock and Roll, gespeel en een splinternuwe tune wat so added swing bygekry het. Ja, om Rock and Roll as ‘n title track en album naam te kies klink windgat, né? Maar hulle is alles behalwe en down to earth bras met ‘n passie vir musiek. Gaan judge maar vir julleself of hulle die lisensie het om so iets te doen. Ek kan nie presies onthou wat gebeur het nie maar toe ek weer sien is ek en Gareth Wilson besig om saam met die lead singer Carl Heydenrych, Rage Against The Machine se ‘Killing in the Name of’ se laaste chorus gedeelte te skree. Reg voor die stage met Carl op sy knieë. Apeshit trio vocals. “Fuck you I won’t do what you tell me!”. Ek het heeltemaal uitgeclutch. Ek kon nie eens my plek voor hou met Raygun Royale wat net na hulle gejol het nie. Ek moes eers asem gaan skep en ‘n pizza en creme soda break vat – so ek was bietjie disconnected aan die begin van Raygun Royale se set.
Dit het my so ‘n rukkie geneem om net tot my senses te kom en te adjust tot hulle sound en genre, daar van die tafels af. Ek weet nie veel van die bras daar uit Randburg af nie maar hulle maak ook klipharde geraas en laat hulle instrumente bloei. Ek moet bieg ek was bietjie op my pap agterwiele toe hierdie bras gejol het. Ek belowe om hulle bietjie meer closer uit te check in die toekoms. Letterlik en figuurlik. Maybe ‘n review van hulle recorded stuff en nog ‘n live show of so. As ek nou my kop op ‘n blok moet sit dan sou ek sê hulle sound is een van daai meer complicated mixtures van punk, new wave alternative en modern rock. At least dis wat ek kon optel daai aand. Maar hulle tos vir seker nie rond nie. Hulle het die crowd hard gerock van wat ek kon sien daar van agter die tafels af. Ek sal die band nog volledig absorb binnekort.
Francois van Coke… hmmm… ek het hom so bietjie tongue in cheek geterg mos met die Blood Brothers review. Hoë bome vang die meeste wind of wat sê hulle? Dit was nie genuine kritiek nie. Maar om eerlik te wees, my bar is hoog gestel as dit by die Fokofpolisiekarbende kom. Why? Want hulle is die fokken Nirvana van SA se Generation Y dis hoekom. En apparently ook die Millennials soos wat dit vir my lyk. My fok, ek was jaloers op die crowd die eerste keer toe ek hulle live gesien het. Jy sien, ons Gen X kids kon nooit Nirvana hier live sien nie. Jy moes zak gehad het en dit oorsee gaan kyk. Die naaste wat ek aan Nirvana live gekom het was toe ek saam my ouers in Duitsland was op skool. Ek het hulle met twee aande gemis. Twee aande! Die Gen Y generation kon lekker inplug in die energie op own soil back in the day. En julle kan dit nou nog doen. Al daai angst en rock and roll poetry in Afrikaans. Powerful stuff. Die soundtrack vir ‘n rewolusie. Dit was so maklik soos klim in die kar en ry na die naaste gig toe. Nou nog. So my intensies met die Blood Brothers review was seker onbewustelik om op ‘n fun manier in defence van rock and roll teen die Skouspel crowd ‘n punt te probeer maak. Watkykjy hoef nooit ooit van hulle te hou nie. Never! But truth be told in my onderwbewussyn was ek ook so klein bietjie bang dat Francois van Coke nie meer kan of wil rock and roll nie. Maybe wil hy glad nie meer Peter Pan soos die res van ons nie? Ek was nie overly bekommerd nie want die kanse daarvan was min. But still… dit was al vir ‘n rukkie lank in my agterkop. Many a true word is spoken in jest. Or is it? So dit was absoluut crucial om Vrydagaand te gaan uitvind of die “goue seun” van Afrikaanse rock nog steeds dieselfde Francois van Coke is wat sy soundchecks met “poes”, “poes”, “poes” begin het voor Fokofpolisiekar die stage destroy het back in the day.
Sure, ons almal word meer mature en jy kan dit hoor in sy debut solo album. Maybe is dit nie die probleem nie. Maybe praat ek eerder van gees. Ja, dis meer akuraat. Het hy die gees verloor? Die gees wat my nie ‘n fok laat voel om in my rystoel te sit en headbang reg voor die stage nie? Die gees wat ek nie in meeste Afrikaanse musiek kan bespeur nie? Daai gees. Die sogenaamde “omstrede rocker” van ouds, noem hulle hom deesdae. Ek het gedink hy gaan ‘n toeknoop wit langmou hemp aanhê, om sy tattoos weg te steek, en ‘n mooi chino. En soos wat die mainstream media hom deesdae beskryf, het ek verwag hy gaan sulke mooi fancy pointed skoene aanhê. Maar my vrese was onnodig. So onnodig soos wetenskap in ‘n SA Universiteit. Hy het sy signature swart outfit aangehad en ek was nog nooit so bly dat ‘n muso my ‘n ‘shut the fuck up Rolbees’ les gegee het in rock and roll nie. Daar is ‘n rede hoekom so baie mense fans is van hom. Daar is ‘n rede hoekom hy large crowds trek. Hoekom hy verskillende scenes kan penetreer. En hoekom almal die lirieke ken. Want hy is fokken talentvol. En hy werk hard.
Ek het ‘n bietjie gechuckle vir myself en die fans aan beide kante van die draad. Ons is presies soos daai tannies wat mekaar wou bliksem vir Bles Bridges se rose. Maak dit genuine saak as talented artists in hierdie klein SA bedryf scene hopping doen? Ons rock fans kan bietjie pisserig raak daaroor soms. Gaan ek artists wat scene hopping doen aanhou terg in die toekoms? Probably not. Ek kan myself nie help nie. But seriously, in the greater scheme of things? Is dit so big deal? Antwoord jy maar daai vraag jouself.
Waar was ek nou weer? O ja, Vrydagaand. Good Luck Bar. Ek het nie gedink ek gaan weer kan inplug nie maar wragtag gee die rock and roll gode my ‘n tweede kans en low and behold verskyn daar weer ‘n vriendelike en beeldskone rock and roll vixen uit nowhere uit en stoot my tot heel voor. Ek hou daarvan as hulle my stoot. Rondstoot, perverts. Ek sweer dis soos magic as hulle net verskyn uit nêrens uit. Rock and roll girls rock harder as die bands! Ek weet daar is ‘n paar female bands wat kan gooi in SA maar wanneer gaan ons ‘n hele movement van no holds barred L7 type bands in SA beleef? C’mon girls! Daar is baie mense wat honger is vir so iets. Ek is moeg om meestal oor dudes te skryf. Anyway, waar was ek nou weer? Die crowd was teen daai tyd al charged up en elegantly wasted maar Francois van Coke het hulle soos ‘n leeutemmer getem. Hy is steeds die meester van crowd hipnose. As hy sy hande so uitstrek en dit lyk of hy ‘n seënbede uitspreek oor die gemeente en dan weer sagter, sagter af, af wys. Julle wonder seker teen die tyd of ek nie soos ‘n right git voel omdat ek hom Francois van Skouspel genoem het en dit op net een of twee note blameer het wat hy nie perfek gesing het nie. Glad nie, ek is nie bang om tongue in cheek kak te maak nie. Ek het wel Vrydagaand ‘n belangrike les geleer. Ek was bly ek het nie ernstige kritiek uitgespreek nie en eers gaan seker maak of hy genuine nie meer kan rock and roll nie. Mens moet altyd eers gaan doublecheck. Ek was nog nooit so bly om verkeerd te wees nie.
Francois van Rock and Roll het my ‘n gut punch gegee met ‘n set so koelrond perfek en tight soos die Nasionale Vervolgingsgesag se poepolle na Pravin hulle ‘n even harder gut punch gegee het. Francois het songs van sy debut album gedoen wat baie meer na harder rock geklink het live as op die debut CD en die title track, Mensdom van sy splinternuwe upcoming album was ook ‘n lekker surprise vir my. Gooi ’n Van Coke Cartel en Fokofpolisiekar tune in die mix. Julle kan seker raai watter twee? Ja, Hemel op die Platteland en Tot die Son Uitkom. Wat noem hy sy band nou weer? Die gevaar? Hulle is gevaarlik ja. Almal in swart geklee. Waar was die mainstream media daai aand? Hulle naam kon net sowel die Fokken Omstrede Rockers gewees het. Maar dit klink bietjie aangeplak. Francois van Coke kan tappit Afrikaanse techno sokkie videos doen in die toekoms, never mind Skouspel. Hy kan sulke khaki klere en boerseun hoed dra met girls in bikinis in borrelende jacuzzis om hom, hy kan ‘n bling-bling pimped up doublecab Blou Bul 4×4 begin ry en op my disabled parking kom stop. Dis ook fine.
Solank hy net so nou en dan sets soos Vrydagaand bly doen. Die Gevaar het twee great covers ook gedoen, the Beatles se Help en teen die tyd wat hy die tweede een gedoen het was ek lankal op presies dieselfde mindset as vroeër die aand. En net daar het ek myself vir ‘n tweede keer verloor – ingeplug in die gees van Beastie Boys se Fight for your Right (To Party). Ek onthou daai lirieke nog vandat ek 13 jaar oud was. Snotkop het dit mooi gaan opfok maar Francois van Rock and Roll het dit weer gerestoreer by die Good Luck Bar verlede Vrydagaand. Kort na die set het hy verby my gestap, gesmile en ‘n chilled out high five my kant toe gegooi voor hy sy ZA-lebrity tax gaan betaal het. Ek het hom bedank vir ‘n massive show en hy het rustig gaan poseer vir fotos saam met fans en handtekeninge gaan uitdeel. Nie ‘n pissed off of moeë uitdrukking op sy gesig nie. Never underestimate a true rock and roller kids. Of hulle nog nuut is op die scene en of hulle dit reeds gemaak het.
Dis harde werk om ons almal tevrede te hou.
Watkykjy staan op 3,073,921 post views in totaal sedert 1 November, 2019.