Want Brad is alleen en studeer is een moerse (s)taak!
1) SANRAL, daai werfetters wat tolliehekke op Gauteng se paaie opgerig het, het hierdie week bloedneus gekry by die appèlhof. Hulle Wynlandtolprojek is gekelder soos goedkoop wyn nadat hul aansoek om verlof tot appèl rakende die projek van die hand gewys is. Skrale troos vir SANRAL is darem die feit dat Johannesburg ook nou ‘n berg het als te danke aan hulle… ‘n Berg van opgehoopte rekeninge wat padgebruikers weier om te betaal.
2) Studente wat tot so paar maande terug detensie gesit het en en hul skoolkouse een keer moes omvou om by die reëls te bly, neem weer kampusse op horings en betoog oor ‘n beplande verhoging in klasgelde in 2017. Staak dit! Wag, laat ek dit rephrase. Hou fokken op! Niks in die lewe behalwe vlooimarkromanse en Jehovah Getuies traktaatjies is verniet nie. En net as die sekuriteitswagte of die polisie na die studente toe mik met iets wat harder as a peashooter skiet, dan bekak menseregte rasieleiers hulself. Kyk, ek’s ook ‘n fên van menseregte, maar nie as dit skuil agter menseverkeerde nie.
3) Freek! Freek! Freek! Dit het net nie dieselfde vaaib as Jerry Springer se aanhangers wat altyd Jerry! Jerry! Jerry! skree wanneer iemand se tannie se oom se neef met sy sussie se kanarie se lintwurm ‘n verhouding aanknoop nie. Maar miskien kan Freek Robinson tog so bietjie inkyk op die geval van die Mpumalanga skoolhoof wat dik getik is deur twee matriekmeisies. Hoekom? Want sulke wasieworsie kaskenades. Hy het blykbaar die twee met mekaar verkul en toe raak hulle erg woedend. Hy is intussen gesaaspênd. Sulke eina. Sulke hoofpyn. Hoof? Pyn? Geddit?
4) “Kinders by dosyne, kinders by dosyne, kinders by dosyne in hul glorie ja!” Ai, ek onthou hoe ons almal vir Brad en Angelina gesing het op hul troue. Oom Martiens van Delmas het nog die heildronk ingestel. En kyk, die twee het toe mos nou kinders by dosyne gehad… Hul eie en sulke Abraham Kriel-gevalletjies. Fok. Praat van Womb Raider. Maar nou wil Angie nie meer nie. Genoeg gehad van Brad se daggazolle en sy gerinkink met so ander aktrise flerrie. Ten minste sal Angie nou meer tyd hê vir haar humanitêre werk onder vlugtelingkrimpvarkies en mense wat die sleutels van hul sleepwaentjieslotte verplaas het.
5) En die moeder van die volk (Sit asseblief Juanita du Plessis), Winnie Madikizela-Mandela Wela-Kapela het haar 80ste verjaarsdag met swier in Kaapstad gevier. Die sentrale vrouefiguur in die destydse struggle het ‘n struggle van ‘n ander aard uitgeleef deur half onsamehangend aan te blah-blah en soos microphone foam te lyk.
Watkykjy staan op 3,056,647 post views in totaal sedert 1 November, 2019.