O liewe Zoom-zoom, wil jy vanaand by my kom Dudu…
1) “Stil broers, daar gaan ‘n man verby.” Wyse woorde uit ‘n gedig van Jan FE Cilliers. Vermoedelik oor Hlaudi Motsoeneng, want stil was Orlando Stadion in Soweto beslis die afgelope naweek met die Dankie Es Eina Bee See konsert. Die digter as dig donner Hlaudi het weer sy naam gat gemaak en miljoene verkwis. Van die verwagte 40 000 konsertgangers het net omtrent 6 en ‘n half opgedaag. En die half was Hlaudi. Onthou om jul TV-lisensie te betaal makkers. Dis vir ‘n goeie doos. Doel. Ons bedoel goeie doel.
2) Iemand wat selfs nog minder mense by sy saamtrek gaan hê is die Amerikaanse pastoor Steve Anderson. Hoofsaaklik omdat hy verbied is om by die agterdeur in te sluip en vir Suid-Afrikaners te kom vertel dat hulle gaan brand omdat hulle gay-wees goedpraat. Holrug gery if you ask me. Die hele debat. Kom nou Steve, gee nou maar die straight gewonne ou perd. Vloek is sonde. Fok. Jaloesie en steel en sing met backtracks is sonde. En as gaywees sonde is, then so be it. Niemand behalwe Riaan Cruywagen is fokken perfek nie.
3) Gepraat van seks, ons grootste kopseer, ou Zoom-zoom, het self ‘n lekker kak week agter die rug. Eers word daar bevestig hy het die R7.8 miljoen wat hy moes terugbetaal vir Nkandla verbeteringe, mooitjies teruggegee. Sulke naais. En wie het hom die geld geleen? ‘n Bankgroep wat minder bekend is as Theuns Jordaan by Asma Anoniem. VBS Mutual Bank. Ek ruik ‘n rot. ‘n Bankrot.
4) “Klas, om te boelie is sulke verkeerd. So hou nou op om Jacob te karnuffel oor sy duur huis. Hy kan nie help daarvoor nie. Hou op om te lag as hy stront praat. Hou op om hom te blameer vir die vallende rand en die berugte R100 miljoen nuwe straler wat hy gaan kry.” Siestog, toe Zoom-zoom hierdie week weer gepeper word in die parlement, toe bewe sy onderlippie soos ‘n 7de Laan aktrise s’n en hy vra dat mense vir hom respek moet hê. Respek word verdien pappa. En al wat jy verdien is kakbaie zak.
5) En as jy nog nie jou kwota Zoom-zoom nuus gekry het nie, hier’s meer. So verdedig die ou werfetter toe hierdie week die heraanstelling van Dudu Myeni as voorsitter van die SAA deur te sê dat alles eersteklas gaan, dankie. Hy tjoon toe ook dat baie voor haar probeer het en gefaal het en hy kan nie sien hoe wat sy doen anders is nie. Dis reg maats, almal voor haar was tos en hy kan nie sien hoekom sy minder of meer tos is nie. Dudu maar voort mense. Nothing to see here.
Watkykjy staan op 3,089,928 post views in totaal sedert 1 November, 2019.