As jy hare op jou tande moet hê vir skool, vir lenings en vir passiejassies…
1) Dit was kak en hare hierdie week. Meer hare as kak. ‘n Girl met ‘n afro groter as Jurie Els se fanbase in Warmbad ruk haar toe mos op by Pretoria Girls High vir hul haarreëls wat haar tune sy moet haar hare straighten. Nou sê ek vir myself: “Wees versigtig PK, hierdie is heilige grond.” Die een ding lei toe tot die volgende en voor jy kan sê “In my dae sou ons nie weggekom het met dit nie!” ruk almal wat al hare gehad het op na die skool en betoog. Dis die fokken EFF, die ANC, die Minister van Onderwys, die hoernaliste, die Wit Tombolatafel Vereniging, ‘n Brakpan pastoor en twee poedels. Kyk, ek fokken like die feit dat sy opstaan vir haar regte. En in die proses krap hulle toe (en jy moet nou vashou aan jou seat tjomma) rassisme oop by die skool. En die gevolgtrekking gemaak dat rassisme steeds by skole bestaan. Wel, jy kan my omtik met ‘n fokken veertjie. Kom ons wees nou eerlik met mekaar: Vandag se onnies moet hare op hul tande hê want die bloedjies kak en kerm oor alles. Maar as jy ‘n rassis is, is daar net een plek vir jou en dis nie die personeelkamer nie. Wat my wel tranerig maak is die feit dat almal weghol met die storie. Fokkit, skielik het almal sulke issues gehad op skool. Ek is geen Vatikaan-engeltjie myself nie, maar kan ons nie ook weghol met die feit dat baie kinders honger gaan slaap en skooltoe gaan nie? Of dat hulle nie handboeke het nie? Of dat hulle by die skool of by die huis seksueel (sulke groot woord) misbruik word nie? Jy verstaan? Hare mense. Ons neem op loop oor hare.
*Skud kop meewarig*
2) Daar is geen keer aan Caster Semenya nie. Die arme fokken vrou. Het iemand terpentyn in haar sjoebroekie gesmeer of wat? Kan iemand haar help stop? Ewenwel, sy hardloop toe weer weg vir sulke ander drawwers in Zurich hierdie week. En in die proses sit sy toe weer Brittanje se klakous, Lynsey Sharp op haar plek… 178ste… of waardiefok sy ookal opgeëindig het. Krokkefokkendiltrane, pappie.
3) Lynne Browne, ons Minister van Openbare Werke, kan dans hoor. Sy fokken twostep rondom beleggers en probeer hulle gerusstel dat als wel is met semi-staatinstellings. Dit kom na twee heavyweight batebestuurders laat weet het hulle is nou bietjie moeg vir geld leen aan Eskom. Kyk, ek sal nie eers ‘n fokken uitveër aan hulle wil leen nie, nevermaaind miljoene rande om hulle uit die kak te help. By the way, wie het my fokken uitveër?
4) Kyk, ons regering luister na sy mense. Toe hordes van ons kla dat die goewerment se passiejassies te veel geraas maak tydens soekieworsie, toe maak hulle nuwes. Genaamd Max (*vernoem na Max du Preez), is die nuwe gekleurde en gegeurde kondome blykbaar heel naais. Ek kan nou net die ou gesprekkie sien…
Sarie: Is hy al in?
Buks: Fok ja, hoe vra jy so iets?
Sarie: Met die voriges kon ek darem hoor as hy in is.
*nie rêrig nie
5) Minister van Finansies (is hy nog? hy is? ok) Pravin Gordhan het bevestig President Jacob Zupta is nie meer op sy Kerskaartjielys nie. Hoofsaaklik omdat hy ‘n doos is. Maar ook omdat ou Zoom-zoom besig is met ‘n persoonlike vendetta teen hom omdat Pravin weier om ‘n kwitansie af te teken waar Jacob ‘n KFC bucket gekoop het. En ook oor sulke ander pyn-innie-anus goeters soos die kernkrag fiasko en omdat hy die SAA se vlerkies wil knip. Nou luister mooi, Jacob: Piss off. Los Pravin uit. Hy is besig om geld te tel en jy fokken interrupt hom met onbenullighede.
En jy Pravin, staan sterk gabba. You got this.
Watkykjy staan op 3,056,547 post views in totaal sedert 1 November, 2019.