Tyd vlieg heavy! Dis nou al meer as ‘n jaar dat ek vir Watkykjy reviews doen. Jis, dit was moerse fun en rewarding gewees veral vir ‘n music junkie soos ek. Ek het na ‘n wye verkeidenheid oorsese en local artists se tunes gekyk maar my gunsteling reviews bly by verre die Suid-Afrikaanse offerings of oorsese bands met Saffas in. So vandag review ek ‘befokte SA musiek’. Dis die naaste wat ek aan ‘n overencompassing genre gaan kom. Ek sal bladsye skryf as ek ‘n recap moet gee so I’d rather let the music do the talking for itself this time.
Dit gaan bietjie samewerking van julle kant af verg. Maar julle is mos almal ook music fans so ons gee vir julle die fontein en julle moet net drink. Ek het deur al die albums gegaan wat ek al review het sover en ‘n lys opgestel van die befokste songs wat ek die meeste like. Dis soos ‘n mix tape, met liefde en moeite aanmekaar gesit – especially for all of you! Julle moet dit net gaan koop! Hoe besluit ons wie ons gaan review gedurende die jaar? Well basically is dit bands self (of hulle distributors of managers) wat vir ons of CDs of media codes stuur vir Bandcamp of whatever, en soms gaan haal ons dit uit my of Griffin se eie private stash uit. Ek en Griffin het ons bes probeer om links na die paysites by te voeg, maar ‘n paar van die tunes is nie op die betaal interweb sites nie so ons gaan net links sit waar julle daarna kan gaan soek.
Moet nou nie die musiek wat kunstenaars spesifiek te koop het op die internet gaan steel nie. Die Rolbees vloek sal oor jou hang as jy dit doen. Ja, ek het hom klaar uitgespreek in sulke evil Latyns. Et victos die manducare stercore x 3. Ek het ook probeer om nie verder terug te gaan as 2014 nie. So as julle die songs nie reeds het in julle versameling nie, gaan koop dit asseblief en sit dit in ‘n folder en roep dit Watkykjy: Rolbees Reviews Volume 1. Sny ‘n CD, gooi hom op jou stereo, of gooi hulle op jou Ipod of watookal die nuutste trend is. Dis lekker vir in jou motor.
As jy nie alles op een slag kan kry nie, fokken spaar en koop dit oor ‘n paar maande.Straight or budget? Of as jy 100% seker is jy ken die musiek, gaan koop net wat jy like. Dis 2016, nie die eighties nie. In this day and age people have choices. Ek gaan nie eers voorgee hierdie tunes is hits of Top 40 tunes of watookal nie. Sommiges was of is seker. I couldn’t give a fuck. Of ek nou van die albums gehou het waarop die spesifieke tracks is of nie, of ek hulle bad reviews gegee het en of ek hulle psalms en lofprysinge besing het. Dit maak nie saak nie. Ek weet net hierdie 36 songs is uitstekende musiek vir my. Die gees van elke song het op een of ander manier met my gepraat en dis musiek wat ek oor en oor kan luister. Value for my ears – value for money.
Kyk of julle die verskillende dekades se rock and roll by almal kan bespeur- in its many different evolving forms. Sekere songs het duurder productions teams agter dit, ander is goedkoper of waarskynlik op ‘n shoestring budget record. Sommige artists is famous. Ander glad nie. Sommiges ken ek nie, ander ken ek goed. Sommige van die artists is ek nie eens genuine ‘n fan van nie. It makes no difference to me as dit by goeie musiek kom nie. Partykeer is dit net een song wat my gegooi het. I know it when I see it.
Aan al julle fans van befokte SA musiek, pretty please with a cherry on top, gaan share hierdie lys met tunes stukkend. Nee, spam almal wat jy ken tot hulle jou delete of permanent ignoreer. E-mail, Instagram, Tweet, Facebook, posduif, old school briewe… deel flyers uit.Whatever. Spread the gospel! Aan al die SA artists: as ek nie die rondte by julle uitgekom het nie, hierdie is pretty much my benchmark standard. So hopelik next time! Begin bietjie (of hou aan) om vir my en Griffin julle musiek te stuur. Oor ‘n jaar of so as ons almal nog op die planeet is doen ons Volume 2!
PS: ja ek is nog steeds ‘n hardcopy CD vinyl lover maar na ‘n jaar besef ek we have to do everything in our power to get good music out there. Whatever it takes. Live shows, MP3s, Bandcamp, Soundcloud, streaming, CDs #promotebefokteSAtunes.
WAARSKUWING-WARNING-ISIXWAYISO-ACHTUNG: HIERDIE COMPILATION IS VERSLAWEND! (Die songs is nie in enige order of preference nie)
Watkykjy staan op 3,090,604 post views in totaal sedert 1 November, 2019.