Raptorbaby is ‘n kaklekker 5-piece bierdrinkende progressive metal band, straight uit Snor City. Hulle het in 2012 ‘n self produced EP die lig laat sien maar dis nou uiteindelik tyd vir ‘n volwaardige volle album.
Ongeveer ‘n jaar of so terug het die ouens begin werk op pre-production aan hulle album, Citadel wat volgende Donderdag (6 Oktober) release gaan word. Ons gaan definitief ons kloue op die nuwe album moet kry om vir julle ‘n review te gooi en ons sal bietjie met die ouens gesels ook.
Julle kan die ouens op Facebook gaan like of ‘n oor gooi Soundcloud se kant toe om na hulle ouer stuff te luister.
Check solank hulle eerste single en music video uit vir een van hulle nuwe tunes, The Group.
Watkykjy staan op 3,110,467 post views in totaal sedert 1 November, 2019.