Terwyl ons verder wag vir Metallica se tiende studio album, Hardwired… to Self-Destruct wat 18 November vrygestel word, word ons getreat met nog ‘n tune en video, Moth Into Flame vanaf die album. En dis about fokken tyd vir ‘n nuwe album ook, is dit nie? Dis hulle eerste studio album in meer as agt jaar wat ook die grootste gap tussen enige twee van hulle studio albums sover is.
Lars Ulrich, hulle drummer tune van die nuwe album:
“We introduce a mood and we stick to it, rather than songs we’ve done where one riff happens and we go over here and then over there and becomes a journey through all these different soundscapes. The songs are more linear. … It cruises along a little bit more than the last record.”
Whatever, Lars. Niemand luister regtig na jou nie. Hou jou mond toe en bliksem jy net die drums. Wat Lars eintlik probeer sê is:
“Onthou jy die ou Metallica albums voor ons dinge gaan staan en opfok het? Daai old school vibes? Ons is fokken terug met dit. Luister na Moth Into Flame en besluit vir jou fokken self!”
Dit maak ons net meer en meer fokken opgewonde oor hoe die res van die double disk gaan klink as ons dit finally ‘n drukkie kan gee. Moenie worry nie, ons sal iets vir julle ook organise…
Watkykjy staan op 3,084,454 post views in totaal sedert 1 November, 2019.