Wees nou eerlik, toe? Julle kon nie wag vir Watkykjy se blow-by-blow account van die Blood Brothers en Sister show in Spanner Valley so week of wat terug nie, nê? Ja, ons weet. Goeie goed vat lank, is gewoonlik vêr van die beskawing en zef. En meer zef as Carnival City gaan jy sukkel om te kry. Soos Kobus “benevolent Charles Manson met ‘n groot hart” de Kock Jnr getune het: “Brakpan. Waar al die mense se addresse met monster stickers begin”. Apparently kan Kobus vlot Brackpans praat. George “ek like broeknaai kwaai” vd Spuy verstaan nie ‘n woord nie. Maar hy maak uit van rock and roll. En obviously geld dit vir die res ook. Ja, ja, ja ons kom nog by die sister. Die line up het redelik dieselfde as verlede jaar gebly. Sir Albert “legend with a Monty Python leg stance” Frost, Rian “vinnige vingers in jou hoendervleis” Zietsman, Loedie ”wê wê ek speel bass met nuwe Cons” Van Reenen, Jason “I’ll UnHinge your ears, bro” Hinch, Hunter “I’m so excited to be here. No, really I am, so excited,to be here” Kennedy, Francois van Skouspel en Isaac “slaan dromme met ‘n stywe oog” Klawansky was weer op hulle pos. Maar niks kon ons voorberei vir Zolani “shake that zexy booty” Mohale nie. Damn Bokkie! Watkykjy gee jou ‘n kollektiewe gesinkroniseerde onderlyf saluut. Sweeeeing! Sweeeing!
Voor dit klink asof ons die enigste diva in die show eensydig voortrek op grond van haar geslag, consider this… wat? George? Oooo ja, hy is ook ‘n diva… my bad. Waar was ek nou weer? Consider this – Blood Brothers is ‘n team effort en net omdat ‘n cross-over artist ons kom wys het waar Dingaan die rock and roll wortels begrawe het beteken dit nie die res is chopped liver nie. Far from it. Alhoewel ons nie sekere broeders se lewers wou wees na daai aand nie. Of die crowd s’n for that matter nie. Jagermeister sponsor seker nie lewerpille ook nie? It’s all in the name of rock and roll, ek sê! En vir Herman. En vir almal wie se paaie al met kanker gekruis het. Fok fokken kanker!
Daar was absoluut geen tekort aan professionaliteit nie. Ons joke net, Hunter, jy was solid bra. Nou net nie ‘n bondeltjie vreugde nie, maar solid. Ons was verbaas om uit te vind Francois kan ook nog rock – al hang hy deesdae te veel uit saam met die verkeerde crowd. Hy het net gesukkel met so een of twee van daai hoë rasperige note. Meng jou met die squares… Maar all in all was dit ‘n befokte performance van almal. Chroniese hoendervleis en nostalgiese towerkuns was volop. As jy dink Zolani se addition tot die line up was befok (omdat jy nie gewoond is daaraan dat ‘n cross over genre artist kan rock and roll nie) dan is ons antwoord: moet dit nie soortvan die norm wees in 2016 nie? Waar is al die rock and roll Zolanis? Waar is die woema? Die soul? Die funk? Daai sexy groove ‘kom ons gaan haal hom in Mississippi en bring dit terug Motherland toe’ vocals? Actually nee, daai gees kom oorspronklik van Afrika af. So just shake it like you wanna! Whoyoyoyoy! Daar kom die hoendervleis alweer. Ons dink net aan daai aand. Whoyoyoyoy! Dis asof ons ‘n orgasme setpil in het wat nooit wou dissolve nie en so elke nou en dan weer inskop as ons rondbeweeg. But there’s no two way threesomes about it – Zolani is ‘n ongelooflike unieke talent. Daar was ‘n genre broeknaai aan die gang op dieselfde vlak as Steven Tyler wat ‘n gat in die muur gebliksem het om by Run-DMC uit te kom in Aerosmith se ‘Walk this Way’ video. Rock and roll needs more of you, Zolani! And more like you!
Die kombinasie van soul groove ondersteun deur ‘n tight rock band was verfrissend gewees. Dit het Rolbees ‘n traan of tien laat pik ook. Ons kon nie ontslae raak van die hoendervleis nie. Wat was die geskiedkundige uiteinde van die Aerosmith/Run-DMC broeknaai? Wel, dit het die rap en rock vermenging wat al vir ‘n rukkie daai tyd aan die gang was net laat explode – en ongelukkig ook bands soos Limp Bizkit veroorsaak. Kan ons asseblief in ‘n ander rigting as dit gaan? Asseblief? Die Rage Against The Machine tipe energie would be preffered. As julle nog bietjie vasbyt vertel ons julle wat die spul met een van Rage se songs aangevang het. En Led Zeppelin. Julle gaan dit nie glo nie.
Ok, so al die goed waaroor Ds Rolbees verlede jaar gepreek het na die 2015 show was hierdie jaar gefix. Team Blood Brothers for the win! Ready for more. Behalwe een ding: Waar was julle almal!? Die fans. Daar was ‘n decent crowd maar nie genoeg om die energieke colabs wat hulle vir ons opgedis het tot legendary Wembley level te vat nie. Waar was julle? Het julle die datums opgemix en gedink dis Woodstock daai aand of wat? Dit was ‘n ‘bring terug die Ontugwet sodat ons dit van voor af kan verontagsaam en vernietig’ aand. Middelvingers in die lug! Eish, sorrie Woodstock. Too soon?
Big H het al weer award winning fotos gaan staan en neem. Julle weet hy doen dit aspris om almal wat nie live gigs bywoon nie jaloers te maak, nê? Big up vir Big H! Hier volg ‘n paar in detail beskrywings van wat julle gemis het, julle misoeste! Julle beter die live streaming video gaan kyk en donate vir die Vrede foundation! Dis immers net die rede vir die hele show gewees. Fok fokken kanker!
Soos verlede jaar was daar ‘n paar hoekstene wat nou kenmerkend Blood Brothers se offering geword het en dan weer ‘n totale nuwe aanslag wat hierdie jaar ook bygevoeg is. Die Black Cat Bones se tipe genre songs met Kobus of Francois op vocals was weereens ‘n crowd pleaser. Black Sabbath se Paranoid, Black Cat Bones se No-man’s Land, Long Drive en the Dimness sal nooit disappoint nie. Maar twee songs staan uit. Met ‘Some Say You Can See It’ het Kobus die stage in ‘n hele existential seremonie verander. What a rock and roll entertainer is hierdie bra nie. En ‘n character. Kobus Morrison Jnr. So nou en dan het daar ‘n surprise guest op stage verskyn. Meneer Andre Kriel. Just for kicks. Lekker om hom te sien jam saam met Sir Frost. Die cover van Motorhead se Ace of Spades was my favourite. Dit het almal so opgecharge die event kon die hele Brakpan Industrial area se generators laat hardloop met die energie.
Daar was weereens ‘n paar old favourite Taxi Violence/Goodnight Wembly genre songs. Die Van der Spuy hoeksteen. Untie Yourself, Unholy, Devil and Pistol en The Time Machine. As jy mooi luister kan jy die tunes hoor weergalm in ‘n stampvol FNB Stadium. Dis catchy rock arena materiaal dié. Met 60 000 mense wat saam skree: “Whoooaah the time machine…..” Waar was julle? Waar was julle? George is soos ons, heavy Gen X en sy cover van Pixies se ‘Where is my mind’ (met Zolani wat daai hoë note gooi) was beautifully done. Radiohead se Creep was op dieselfde level en het memories van hoërskool terug gebring!
Die FokofHuisgenoot/Francois van Skouspel genre was ook weer ‘n belangrike hoeksteen. Ok, ons soek nou weer vir kak – dit was die good stuff ook. Hemel op die Platteland, Ek Skyn Heilig, Antibiotika en Tot die Son Uitkom! Down of fokof! Down of fokof! All hail die gees van Fokofpolisiekar en Francois van Coke met Kobus wat ook ondersteun het op vocals. Die Millenial fans het bosbefok geraak en ken al die kwaad woorde maar elke keer as van die old school songs gecover word dan staan hulle so verdwaald en rondwieg. Weet julle nie wie Stevie Wonder of Pixies is nie, pienkvoete? Google is julle tjommie. En toe vind Francois van Skouspel vir Karen Zulu. Nie maklik om so well-established en volksbekende duet te gaan staan en “crash” nie. Karen Zoid is die queen mother van SA rock musiek whether you like it or not. Maar ‘n great performance van beide Francois van Skouspel en Karen Zulu! Ontug was in die lug! Sing die Ou Ou Lied van Afrika!
Aaah, een van ons favourite hoekstene was Sir Albert Frost wat hierdie jaar kon spog met songs van sy nuwe meer (briljante) rock orientated album. Tonight en Modern Romance het soos ‘n handskoen gepas. Nie die OJ Simpson tipe nie. Meer soos daai cavity search handskoene. Perfect fit. Eina! Die twee Jack White inspired covers (Seven Nation Army en Cut like a Buffalo) was ook te danke aan Sir Frost. Loedie het daai songs met oorgawe getokkel. Fok, hy was die hele aand op stage. Respek! Veral Seven Nation Army toe beide Jason en Isaac saam op die verhoog was op drums. Poging tot dromstelmoord. Poging tot aanranding met die doel om ‘n bass kitaar ernstig te beseer. Sir Frost is ‘n moerse fan van Jack White maar ek dink hy is ‘n groter fan van Jimi Hendrix want sy version van Voodoo Chile was so hecticly intens en hipnoties, ek wou my pulse check om te kyk of ek nie dalk in die hemel is nie. Jimi het opgestaan uit die dood tydens daai song en langs hom airguitar gestaan en speel. Het julle hom nie gesien nie? Hy het ‘n Blood Brothers t-shirt aangehad. Waar was julle?
So wat was splinternuut? Zexy Zolani met cute brilletjies en ‘n pink ballerinarokkie. Later so swart rock and roll outfit. Dit het haar so paar songs gevat om op te warm maar toe sy I’d like To Meet You voorstel aan ‘n crowd wat waarskynlik nie almal Freshly Ground op repeat sit nie, het sy ontpop in ‘n kruis tussen Joan Jett en Aretha Franklin. Almal het daai bekende chorus gechant soos Beatles fans in die fifties! Teen die tyd dat sy ‘Shake it’ gedoen kon ek die genre broeknaai duidelik sien. Sir Frost het ingetune op haar unieke energie en die funky licks wat uit sy kitaar ontsnap het was iets totally fresh. Kobus en George het amper nie soos ritmelose white boys gedans nie. Julle was amper per ongeluk James Brown possessed bras! Oeeeeeweeee en daai cover van Stevie Wonder se Signed Sealed Delivered. Is daar pille vir chroniese hoendervleis? Whoyoyo! Waar was julle?
Ok, so wat was die favourite hoogtepunte van die show? Holy Plant, Jones, Bonham and Page. In die naam van alles wat heilig en rock and roll het hulle cover van Led Zeppelin se ‘Since I’ve been loving you’ ons Nirvana laat beleef. Nie Kurt se pynvolle een nie, alhoewel hulle Smells like Teen Spirit ook gecover het later. Nevermind was presies 25 jaar oud daai Vrydag. Put that in your pipe and smoke it! Maar gaan download nou dadelik daai live show en check hoe Albert, Rian, Jason, Loedi en Zolani Led Zeppelin channel. Rolbees luister al daai band van hy ‘n laaitie is en hy sweer hoog en laag dat dit onmootlik is om daai song te cover. Volgens hom is dit een van die kardinale reëls van rock and roll dat jy nie Led Zeppelin cover tensy jy 100% seker is jy kan hulle channel nie. Wat opsigself tegnies onmoontlik is, meen hy. Niemand verstaan nou nog mooi wat gebeur het daai aand nie maar hulle het dit afgepull. Zolani het amazingly ingetap in die blues spirit van die song. Ons verwag nou al die beste van die violin bow strapping Sir Frost maar Jason Hinch en Rian Zietsman moet ook krediet kry hier. John Bonham was ook op stage vir ‘n ruk. Hy het ‘n bottel Jagermeister in die hand gehad en met so selfvoldane smirk gekyk hoe hulle daai song tight justice doen.
Die powerful theme song wat spesifiek vir die 2016 show geskryf is ‘Ek Sweer Op My Lewe’ het gesorg dat die chroniese hoendervleis nie onderbreek word nie. Wonderlike donker, hartseer (but real) ensemble song daai. En hierdie keer word die boodskap in drie tale oorgedra. Laastens het die cover van Rage Against The Machine se Killing in the Name Of die crowd tot gevaarlike onlusvlakke aangehits. Dit het Rolbees so laat uitfok hy was op ‘n stadium helemaal sonder asem en bang hy gaan net daar omkap voor die stage. What a way to go, really! Waar was julle?
Watkykjy staan op 3,083,861 post views in totaal sedert 1 November, 2019.