Afrikaans is groot!
Dis die grootste taal in Afrika!
Afrikaans is groot!
Dis harder as Amerika!
Dis die grootste taal in die wêreld, dit moet julle glo
Dis die beste taal op die aardbol, in die hemele daarbo
orals praat die mense dit, in sy glansryke gloria
in Rykshaviek en Moskou en selfs in Pretoria
Dis die roepstem van ‘n nasie, ‘n volk wat dien en vrees
Dis die kryt van elke oorlog, en die lied by elke fees
Dis die taal van alchemiste, verander yster-erts in goud
en almal wat dit praat, se gramatika is sonder fout
Afrikaans het baie woorde, dit het selfs ‘n woordeboek
met gekruide idiome, as jy iemand graag wou vloek
Dit het onstaan in die kombuis maar deur die hele huis versprei
Die reus troon bo die wolke maar sy voete is van klei.
Watkykjy staan op 3,092,679 post views in totaal sedert 1 November, 2019.