Wanneer die regering die spoor begin byster raak en die Minister van Instagram ander se donder steel…
1) ‘n Vrou wat bietjie meer opwinding in haar huwelik wou inblaas (giggel), neem toe mos ‘n foto van haar moemfie en wil dit op WhatsApp vir haar man stuur. Maar toe stuur sy per ongeluk dit vir die skool se WhatsApp hokkiegroepie. Helfte van die mense reken toe WhatsThat? En een van die moemfies in die groepie vat screen grabs en stuur dit die wye wêreld in. Sulke spiteful. Maar ons lag. En lag. Want dis snaaks. Maar dis ook terribaal. Want stuur ons nie maar almal nou en dan per ongeluk ‘n foto verkeerdelik aan iemand anders nie? ‘n Foto van jou snotsambok of snormossel. ‘n Poespas van moontlike fokops is moontlik. Ek meen ek het al ‘n foto van ‘n doos, Fikile Mbalula, vir iemand geWhatsApp. Hoop nie iemand share dit nie.
2) In ‘n verrassing groter as toe dit uitkom dat Bruce Willis ‘n spook was in daai moewie met die kind wat met die helmet gebore is, ‘n verrassing groter as toe dit reveal word dat Kurt Darren backtracks gebruik, ‘n verrassing groter as toe Oom Bertie met die haarsalon en die kabriolet Peugeot uit die hangkas uitgebliksem het, word dit bekendgemaak dat die ANC geldelik voordeel getrek het uit die toekenning van die PRASA lokomotiefkontrak. Jy weet, daai waar die fokken treine te groot was vir ons spoorlyne? Blykbaar het die gesprek soos volg gegaan:
Werfetter 1: Dink jy jy kan dit so reël dat die ANC sal benefit uit die toekenning van die PRASA kontrak?
Werfetter 2: Ek dink ek kan, ek dink ek kan, ek dink ek kan…
3) Jy hoef nie Matlock of Ally McBeal te gekyk het of vir pirated DVDs in hegtenis geneem te gewees het om bekend te wees met die term “Innocent until proven guilty” nie. Maar fok. Hierdie week het daai term so effense reworking gekry. “Innocent until Pravin guilty” anybody?
Fokken Valke. Veronderstel om priority crime te ondersoek. Maar kom ons laat die Suid-Afrikaanse rand meer onstabiel voel as ‘n ACSV kringleier by ‘n Agnostiese Groepwoeps. Kom ons vra Pravin Gordhan, die Minister van Finansies om hom aan te meld vir moontlike korrupsie omdat hy kwansuis ‘n vorige werknemer van SARS op vroëe pensioen laat gaan het. Want mos priority crime. Fok, geen wonder ek slaap so sleg nie.
4) Vier borge het hulle ooreenkomste met die Amerikaanse swemmer Ryan Lochte verbreek nadat hy tydens die Olimpiese Spele gelieg het oor ‘n voorval waar hy en drie ander atlete dronk was by ‘n vulstasie. Hulle het beweer dat gewapende rowers hulle oorval het, maar het later erken hulle het gedink hulle was by Oppikoppi. Blykbaar is die enigste borg wat nog by hom staan sy AA-borg.
5) En laastens maar nie die minste nie, gaan staan ons Minister van Sport, Fokkol Mbalula en probeer weer die limelight steel vir die SA Olimpiese span se performance. 10 Medaljes. 10 meer as Fokkol. En dan gaan staan en beskuldig hy Sunette Viljoen wat ‘n silwer gewen het in die spiesgooi daarvan dat sy altyd teem en omring is deur negatiwiteit. Hoekom? Want sy bevraagteken hoe lank die atlete sal moet wag vir die prestasiebonusse wat hulle beloof is. Weet jy hoeveel tyd ek het vir ons Minister van Sport? Dis reg ja. Fokkol.
Watkykjy staan op 2,931,839 post views in totaal sedert 1 November, 2019.