Hierdie verkiesingsuitslae is reeds in Bybelse tye voorspel . Die stemme is getel. Die volk het die partye opgeweeg. En van hulle is te lig bevind.
1) Die VF Plus oorweeg tans om hul naampie te verander na die VF Minus. Want dit lyk of nie eers Dr Pieter Mulder, hul leier vir hul gestem het nie. Miskien het hy ‘n haarafspraak gehad daai dag. Want mos sulke vierkant-kuif.
2) En toe word Zoom-zoom ge-upstage by die bekendmaking van die verkiesingsuitslae. Praat van ‘n captured audience. Die hele fokken wêreld kon sien hoe Nommer 1 stamel deur sy toespraak, nie oorlat daar groot nommers in was nie, maar omdat 5 vrouens met plakkate voor hom stelling gaan inneem het met ‘n boodskap gededikeer aan Khwezi, die vrou wat so paar jaar terug ou Stortkop beskuldig het dat hy haar verkrag het. Stille protes. Donners effektief. En wat doen Zoom-zoom se lyfwagte toe? Hulle fokken stormloop die vrouens soos mens ‘n Edgars Rooi Hanger uitverkoping stormloop en verwyder hulle hardhandig. Maar eers toe Zoom-zoom klaar gepraat het. Slow clap julle belhamels.
3) Onthou jy op skool toe jy en daai klein kont van anderkant die treinspoor moes saamwerk aan ‘n taak oor die invloed van besoedeling op die gewildheid van Sonja Herholdt in fokken Budapest? Dis koalisie pappa. En hierdie week het koalisie die buzz word geword na die verkiesing van laas week. Buzz word. Nie baaswoord nie – dis wat die EFF voel gaan gebeur as Djoelihaas hulle verraai en bande smee met die DA. En die enigste manier hoe die EFF gaan saamwerk met die ANC is as hulle Zoom-zoom die trekpas gee. Nou kyk, ek eet my fokken hoed en twee garage pies as dit gebeur. Ek sal dit stukkend smaak, maar realisties raak die werfetters moeilik ontslae van baggage. Kyk maar hoe blameer hulle steeds apartheid vir alles van grondbesit issues tot die gewildheid van Jurie Els.
4) Die Olimpiese Spele is in volle swang en mense breek hulle bene, arms en beloftes om goud te probeer wen. Stywe kompetisie, veral weens die lycra wat almal dra. Goeie fok. Van daai speelpakkies laat bittermin oor aan die verbeelding. Mens sou sweer 7de Laan se scriptwriters het die goed ontwerp.
5) Geblikte leeujag blyk aan die toeneem te wees. Hoe anders verklaar mens die Lions se nederlaag van 206-3 in die finaal van die What-what Superfokkenwhatever. Ok ek oordryf. Dit was nie 206-3 nie. Dit was 197-3. So gefokkenvoel. Die hele land was agter hulle. Maar die beter span op die dag was, duh, die ander span poephol. Wil nou nie sout in die wonde vryf nie, maar onthou julle Lions-ondersteuners toe die ander SA spanne so afgekak het en julle so lekker gekry het? Welkom by die sulk-all-you-can buffet maters.
Watkykjy staan op 3,055,957 post views in totaal sedert 1 November, 2019.