Ons het probeer om by Oppikoppi te update maar was reeds Vrydagoggend in swem-fase – waar al die woorde voor jou ogies swem en jy eerder die laptop wegpak voor jy alles opfok en die ding verloor. Ons kyk dus na verlede week se top 5 stories, pre-Oppikoppi…
Daar is verlede week gestem… fokken lekker gestem pappa…
1) Hoor jy die magtige dreuning? Dis Zoom-zoom en sy brigade wat die aftog blaas. Daar was lanklaas ‘n politieke party wat so fokken selfvoldaan ‘n verkiesing aangedurf het en so bloedneus gekry het. Kyk, die fat lady het nog nie gesing nie (en daar is baie van hulle in die ANC), maar hierdie spul werfetters gaan nog lank hulle wonde lek. Eina sulke Nkandla. Eina sulke e-tol. Eina sulke arrogansie, sulke Guptagate, sulke hand-om-die-blaas met die Es-Eina-Bee-See, sulke korrupsie…
2) As daar ‘n fokken Olimpiese Spele was vir politici, sou onse potjierol Minister van Sport, Fikile Mbalula darem vir jou ‘n aanspraakmaker kon wees op so paar goues (medaljes en handdrukke). Diefokweet, daar is nie ‘n arroganter doos as hierdie ou nie. Dis mos einste hy wat op belastingbetaler se onkoste rondvlieg en boksgevegte oorsee gaan kyk het. En wat soos ‘n smug fokken tiener op Twitter smalend ander politieke partye tart. Toe kom byt dit hom in die anus hierdie week. Retweet mos Lindiwe Mazibuko (sy wat vir so ruk geoormerk was vir DA-prinses) waar sy kwansuis sê die DA is rassisties en dat swartmense nooit leiers gemaak sal word in die DA nie)… enigste probleem is dis nie haar regte Twitter-account nie… lekker ou Grapjas Diedie, jou ou fokken nar. Pleks bepaal jy jou by jou werk en maak seker ons vier-en-‘n-half atlete wat ons Olympics toe gestuur het voel welkom daar in Rio by die 5-ring sirkus eerder as om die ring van die ANC so blink te lek.
3) Moederfokker, kan iemand Helen Zille se fokken foon by haar wegvat? En haar tablet. Net nie die wat sy elke aand moet drink voor sy haar valsies uithaal nie. Ander oumensies kleur hul hare pers en ruil foto’s oor hul kinders in Australië uit of hernu hul AA-lidmaatskap… maar nie Tannie Helen nie… nee, sy kerjakker op Twitter en beledig arme studente aan die Universiteit van Slaapstad… gelukkig vir Moesie Mymaat gebeur dit toe na mense klaar hulle kruisies getrek het want dit kon hom dalk ‘n paar stemme gekos het.
4) Danny Jordaan, die ANC se burgepeesterskandidaat vir Nelson Mandela Baai sweer hoog en laag die wegraping het hierdie week in PE gebeur. Want waar anders is al daai mense heen wat gewoonlik dan vir die ANC stem? Het hulle net nie ‘n fok gevoel nie? Want vir so lank is daar nie ‘n fok vir hulle gevoel nie? So, jammer om van jou kak te hoor, Danny. Smaak my dis makliker om ‘n FIFA stem of twee te koop as wat dit is om ‘n SIESA stem of twee te koop.
5) Toutrek is darem maar ‘n lekker boeresport. Maar dit was pre-Tshwane (of Pretoria as jy dan nou wil.) Nou is dit nie meer net ‘n aktiwiteit wat by kerkies en skole en khaki-jamborees gebeur nie. Nee, fok. Vandat daar begin is om die stemme te tel, trek die ANC en DA lekker tou in Tshwane oor wie gaan wen. Selfs in Sodom (of Johannesburg vir sy vriende). Sulke opgewondenheid. Maak nie saak wie op die ou einde wen nie, hierdie was een donnerse lekker verkiesing. Die syfers lieg nie. Selfs nie eers al fok Zoom-zoom dit op nie.
Watkykjy staan op 2,932,365 post views in totaal sedert 1 November, 2019.