No Comply EP
Gaan check bietjie hierdie skatepunk band uit as jy van punk rock hou. Ek het hulle verlede Sondag live by Tonie se Birthday bash daar by die Wolmer Bush Lodge beleef. Wat ‘n fokken paartie was dit nie! Die was sit nog steeds so bang in die verste hoekie van my oordromme en crouch met bewerige hande oor hulle klein opgefokte oortjies. Gelukkig is ek deesdae ‘n geheelonthouer anders was ek nou dood.
No Comply het ‘n energetic live performance gegee in die true spirit van punk. Dis rare deesdae. Jis, ek kan nie onthou wanneer laas ek ‘n behoorlike punk band live gesien het nie. Ek is seker nie ‘n kenner van moderne punk rock nie maar ek weet ek haat daai commercial college kerm punk. Jy weet daai temerige ne-ne-ne-ne-ne vocals. Weet jou ma jy is hier, seun? Sal eerder nie name noem nie. Julle weet waarvan ek praat.
Ek het in my early Skyt or Dye jare (toe Santa Cruz en Walker skateboards nog cool was) the Exploited, Dead Kennedys, Sex Pistols en Toy Dolls geluister en in my late teens het ek meer commercial gegaan na Bad Religion, Green Day en the Offspring se kant toe. Die laaste twee is debatable of dit nou rêrig punk is. But it is what it is. Daar was ‘n hele skate punk beweging in die States wat ek net bits and pieces van gehoor het daarna. Wat was daai Atticus: Dragging the Lake albums? Het so een of twee van hulle aangeskaf. Maar baie van daai punk daarop was kerm-punk. Bleh.
Maar terug in die ZAR. Hier is bittermin genuine punk bands oor. Is dit nie die perfekte naam vir ‘n Suid-Afrikaanse punk band nie? Dit som ons as ‘n nasie mooi op. Want ons comply soos in fokol met fokol. Van die President af tot op grassroots level waar bras net op straat pis waar hulle wil. Traffic reëls? Maak nie saak of dit ‘n taxibestuurder, ‘n busbestuurder, of ‘n japgat met ‘n duur sportmotor is nie. “Traffic watsegoed? Reëls? Nee, ken nie daai kak nie”. Belastingontduikers, white collar crime bedrieërs. Misdadigers wat inbreek en steel by almal se huise. Koperdrade? Wie gee om as my bure sonder elektrisiteit sit vir ‘n week? Ek praat nie eens van die ernstiger shit nie. Selfs in die musiekbedryf. Copyright? Royalties? Fuck that shit! NO COMPLY! Rampokkers rob selfs polisiemanne. Arm mense steel by ryk mense. En by ander arm mense. Ryk mense steel by arm mense. En by ander ryk mense.
As Robin Hood in ons tyd geleef het sou hy so deurmekaar geraak hy sou probably by die arm mense gaan steel en dit vir die rykes gegee het. Ons comply fokol hierso. Hierdie Wolmers is nou nie kriminele of Robin Hood nie maar hulle maak uit van fokol comply. As jy van Wolmer af kom kry jy ‘n actual license by geboorte. Dit staan so groot gestempel op die licence. NO COMPLY LICENCE. No comply met society se bullshit. Kom ons begin ‘n fokken punk band dan NO COMPLY ons. Hoekom? Want ons kan.
No Comply het nou onlangs ‘n EP met drie songs op Soundcloud gegooi. Give it a listen en gaan support die Skyters as hulle live speel. Vat net ‘n ekstra lewer saam. Nee vat twee. Check, punk is nou nie moerse complicated om te speel nie. Sex Pistols was probably die kakste band wat die seventies musically opgelewer het. Maar hulle het ‘n energy gehad onstage wat NO COMPLY in jou gesig geskree het. Ok, Johnny Rotten sou eers in jou gesig gegob het, in die hoekie gaan kots het en dan terug gestrompel het met sulke maer bleek armpies en probeer appels swaai het. Maar dis wat ek like van hierdie band. Hulle het daai energie onstage en jy kan dit hoor in hulle songs. NO COMPLY. Dis naby genoeg aan die goeie ou punk vir my. Checkit yt!
Profoundly Dumb – Collective Isolation
Terwyl ek nou op left of centre musiek is, hier is iets totally anders en mindfuckingly weird. Dis so avant-garde dit kom al weer by die ander kant van normaal uit. Maar dis nog ‘n voorbeeld van true artistic expression. Freedom to just let go and create. As Timothy Leary nog geleef het het hy hierdie musiek gegooi terwyl hy kaal op sy dak staan en yoga dansies doen met ‘n headbang of twee in die routine ingewerk. Turn on, tune in and head bang.
Hierdie is nog een van Chris van der Walt se sewentig miljoen projekte. But this one is his own baby. Sy solo projek. As ek dit nie mis het nie is hierdie die tweede album wat Profoundly Dumb release het al. Die eerste een is Feel the Count don’t Count The Feel. Ek het nog nie by dit uitgekom nie. Sal hierdie naweek ook download. Wel ja, jy gaan nie hierdie musiek in Pick and Pay koop nie en Huisgenoot gaan dit nie review nie, so jy is lucky as dit oor jou pad kom.
Die tweede EP is al van April 2016 af op Bandcamp. Ek weet nou finaal hoe Chris van der Walt dit regkry om in so baie bands te speel. Hy is ‘n fokken alien. Ja, ‘n alien wat aarde toe gekom het om ons te kom brainwash met eksperimentele jazz metal fusion vibes. Sy metalhead persona is net ‘n cover up. I don’t buy it for a second anymore. We know who you are and why you are here!
Hierdie hele album is meestal gedoen met ‘n bass kitaar (chords, riffs, melodies, fx en solos) en dan het Chris die drom android met regte drom samples geprogrammeer. Probably telepathically terwyl hy besig was met ‘n Boargazm gig. Jaco Mans, Clint Falconer, Cicero Carstens en Lanie van Der Walt feature ook as guests. Fokken alien magic hierdie, ek sweer! Dis nie beskryfbaar of vergelykbaar met enigiets menslik nie. Boargazm is half mens, half vark. Maar hierdie is full-on alien.
As jy ‘n presiese review wil hê van hierdie strangely addictive mind altering musiek gaan jy my doppelganger op Chris se planeet moet vra om dit te review. Chris beskryf hierdie album aan my soos volg. “Don’t take the brown acid”. As julle weet wat by Woodstock in die sixties gebeur het sal julle verstaan. Ek dink hierdie fokken alien het nie eens nodig om brown acid te vat nie. Hy trip at will as hy aan ‘n bass guitar vat. En dis addictive vir die luisteraar. Waarskuwing: Gaan luister hierdie net as jy nie meer op hierdie planeet wil bly nie. Cheers almal ek is klaar met die Aarde. Sien julle by planet Collective Isolation!
Watkykjy staan op 3,118,586 post views in totaal sedert 1 November, 2019.