Dis amper twee weke later. Oppikoppi 22 is agter die rug en dis tyd om daai duisend piece stoflegkaart en waserige tequila memories uit te pak en te probeer sin maak van alles. Soos dit maar is met legkaarte, is baie van die stukke missing, drank is op dit uitgemors, die hoeke trek varkore of van die pieces het onder ‘n couch ingefok wat jy eers later sal kry wanneer jy desperaat soek na daai effie wat jy wéét iewers in die huis is, terwyl Marietjie ongeduldig oor jou skouer kyk en haar voet stamp met gevoude arms.
Meeste van die selektiewe amnesia is direk daai donnerse Klein Bar se skuld – dis waar jy ou tjommies raakloop, nuwe tjommies maak, mense verkeerd opvryf, mense lekker vryf, tequila drink, chicks se hare per ongeluk brand (weereens sorry, Anja Slaptiet), dans asof jy ‘n nuwe kolon vir Krismis gekry het en die belangrikse van alles – befokte bands kyk. Vroegmiddag was jou kop nog soortvan op jou skouers en jy het dalk Willim Welsyn se band gecheck. Jy het van die musiek gehou, die befokte solo’s ingeasem en die general goeie vibes wat hulle van die stage af ge-beam het gesluk. Dan het jy dalk vir ‘n rukkie lank kop gekrap omdat die bassist bietjie soos Donald Drumpf lyk, maar met Lego-hare. Dan het die tunes jou weer gevat. Op een of ander aand (jy weet steeds nie watter een nie) het jy miskien Georgetown se hillbilly musiek gedrink en ‘n beenspier of vier het jou lyf laat kak moves pull maar jou hart laat goed voel terwyl jy soos ‘n kwylende doos gedans het.
Jy het ook Valiant Swart se set moerse geniet maar op tye gewonder hoe de fok die sound engineer die klank plek-plek kon opfok. Bra, twee acoustic kitare en twee mics? Komaan, dis so basic soos spoeg en plak by een van daai skole met die kort, geel bussies…
Dalk het jy, soos ek, Albert Frost se set verruil vir ‘n pot lensiesop en eerder een van die main international acts, Kongos gaan kokkenodge by main stage, net om te hoor dat dit een van Albert beste live sets ooit was. Op pad na Kongos se set het ek August Burns Red so in die loop ‘n halwe oor gegee en besluit om dit ‘n mis te gee. Dis ongelukkig soms die geval met metal en spesifieke genres van metal. As jy nie in die mood is of die enrgie het om dit te kyk nie – loop eerder weg. Dit help nie om dit te staan en kyk soos Kepler Wessels (hy is ‘n oopmondkind) en rond te hang soos ‘n soutpilaar nie. Jy gaan net die ouens wat op daai spesifieke oomblik hulle kak verloor en rond bons se energie en suurstof steel.
Kongos was effens disappointing gewees. Check, ek moes dit eintlik geweet het – hulle is nie ouens vir ontploffings en panties in die crowd inskiet met potato guns nie. Hulle is maar net ‘n band wat fokken lekker live op stage jol, moerse tight is en die gooses ‘n slakstrepie of twee laat squeeze as die oomblik hulle vat. Hulle was konstant goed deur hulle set en het al die hits gejol, maar daar was vir my nie daai moerse “wow” oomblik gewees waar alles ontkknoop het nie. ‘n Man soek bietjie hoendervleis nou en dan, maak uit? Tog het hulle op die main stage gehoort – die crowd was huge en supportive.
Die klein, onbeplande missions is wat Koppi hierdie jaar lekker gemaak het. Daai deel waar jy sonder ‘n line-up of ‘n smart phone skiem jy loop doelgerig na ‘n stage toe om “iets” te gaan kyk, net dat ‘n band jou aandag aftrek en jy ‘n 90 degree klap om te gaan kyk wat hulle het om te bied. So het ek byvoorbeeld Femi Koya ontdek – die bra het iets oor die microphone getune tussen songs deur en ek het Nigerian flashbacks (ek het vir 4 jaar daar gweoon) gekry en net daar in my spore gevries en staan en kyk. Afrobeat, jazz en blaasinstrumente in die algemeen is bo aan my lys van slegte dinge saam met rosyntjies en pikkewyne, maar jirre die ouens het gegooi. Dit wys jou net – Koppi will convert you. Ek koop sommer vir myself ‘n fokken trompet.
Later die aand (of maybe die volgende aand – Saterdag en Sondag was een dag vir my) het ek min of meer ‘n soortgelyke experience beleef – Nakhane Toure. Jissis, ek het ge-fanboy tydens die set en nog meer toe ek later met die bra gesels by een of ander bar op die plaas. Soos ‘n fokken tienermeisie. Gaan soek hierdie artist se volgende live show en gaan kyk dit.
Van die meer hazy memories wat hier en daar iets ge-trigger het (thanks, drank) kon ek die volgende onthou:
Jade Abbot van Follow Me Follow You het die bass hard pakslae gegee. Hulle was so tight soos die pants wat sy gewoonlik dra en alles het net perfect ge-jel op stage tussen haar, Kaz op guitar en Fundile wat basies ‘n wiskundeprofessor op die drums was.
Fokofpolisiekar se gig het soos al hulle ander jare se gigs gevoel. Die manne deliver altyd. Wynand Myburgh moes iets gedrink het wat deur die Olimpiese spele verbied word want hy het hoër as gewoonlik gespring. Of hulle het ‘n trampolien iewers agter die monitors weggesteek, want geen mens kan so fokken hoog spring en nie ‘n hele sak vol enkels breek nie. Mind fucked.
De Wallen het gespeel asof dit hulle laaste Oppikoppi ooit was. Hulle het alles gegee. In fact, dalk te veel. Ons hoor Jeandre (vocalist) is steeds iewers op die plaas. Jirre, ou.
Tuin het ‘n perfekte Foo Fighters cover gedoen van “Best Of You” as my vrot brein my nou nie vir ‘n poes vat nie. Jirre, dit was mooi.
Op ‘n stadium kan ‘n ou ook maar net in die Windhoek biertent sit en luister. Bene en spiere wil nie altyd saamwerk nie. Gerald Clark en The Fishwives se sets is so aangepak. Sit op jou gat. Drink ‘n bier. Luister. Repeat. Mission.
My grootste fuzzy oomblik was net voor Boargazm se set gewees. Ek het hulle heeltemal misgedrink en geslaap maar wil nie verder hieroor uitbrei nie. Dis min om meer die deel van die naweek waar ek my naam die hardste met ‘n plank gepoes het en toe al die plaas se dorings op een klein plek gevind het en daarin neergeslet het. Die skaam is nog in die pos. Ai.
Die groot oomblikke:
Met hierdie een was ekself nie daar nie, maar is vertel dat Satanic Dagga Orgy iets moers nice gedoen het – hulle het plastic spaarvarkies in die crowd in gegooi en mense getune om coins in te sit en weer na iemand anders in die crowd te gooi. Die idee was dat wanneer die spaarvarkie eventually vol is by die laaste persoon, dat daardie persoon die spaarvarkie vat en vir iemand gee wat swaarkry en kan doen met die zak. Kry ek nou sommer ‘n traan. Goeie werk, dudes. Dis ‘n superbefokte ingenius idee. Is dit nie dalk ‘n geval van julle harte is op die regte plek, maar uhm, koppi is ‘n cashless fees, niemand dra coins nie?
OK, vir hierdie een was ek ook nie daar nie, maar ek het ‘n fokken plan gemaak. Vir’n hele klomp mense met wie ek gesels het was Sawagi vanaf Japan die absolute highlight van Koppi gewees. Ek het heavy bleak gevoel omdat ek uitgemis het en het hulle die afgelope naweek in Joburg by The Goodluck Bar gaan kyk. Dit kon net sowel Oppikoppi gewees het. Gaan soek so paar van hulle YouTube videos – hulle doen fokol vocals en klap net instrumental die hele tyd. Dis asof die hele band deur die keyboardist gedryf word. Dis rock en dit maak glad nie sin nie, maar dit maak die hele tyd actually sin. “Sawagi” vertaal min of meer na iets in die lyn van disturbance, uproar, turmoil en dies meer. Ek sou graag precision en tight as fuck wil byvoeg. En as helfte van ons so vriendelik, tevrede en kinderlik gelukkig soos die bassist kan wees vir een dag, mag ons dalk net wêreldvrede bewerkstellig.
Yelawolf vanaf Alabama het my nogal gegooi. Ek het hulle nog nooit gesien nie en het nie sulke befokte musiek verwag nie. Sulke Kid Rock tipe rock, hip-hop en rap maar met bietjie meer van ‘n edge. ‘n Hele balsak vol edge. Asof die bra Kid Rock se niggie gespyker het en ‘n bottel Jack Daniels gedown het en ‘n skyf buite sy trailer gerook het na die tyd. Die ouens het dik gees en attitude. Boemelaar hip-hop for the win. Vuil en lekker. Soos Oppikopi self is. Ek kon nie help om te dink of hulle nog meer gat sou skop met ‘n sletterige langbeen bassist nie. Probably.
Die local bands het vir seker hulle kant gebring hierdie jaar en dit het by tye gevoel asof hulle die international acts uit die water geblaas het. The Narrow se set was een van daai defining Oppikoppi oomblikke gewees wat nog lank by my sal bly. Waar ‘n klomp bands gespeel het asof dit hulle laaste kans ooit by Oppikoppi was, het The Narrow gejol asof die plaas aan hulle behoort. Hulle was 100% in beheer van die stage, die crowd, hulle instrumente en die vibe. Ek was nog nooit juis die grootste The Narrow fan gewees nie, maar hulle het vir my ‘n fokken les geleer hierdie jaar. Absolute domination.
Die vibe:
Kyk, jy kan fokol aan die stof doen nie. Jy hoes maar die black lung uit oor so twee weke en kak dalk vir ‘n maand of wat na die tyd diamante uit, maar Oppikoppi was fokken skoon en goed georganiseer. Almal wat hierdie jaar betrokke was het ‘n uitstekende job gedoen. Daar was aansienlik minder kak mense by hierdie jaar se fees (in fact, ek kan nie regtig eers een onthou behalwe vir myself nie). Die gees en samehorigheid was tasbaar ten spyte van die feit dat ‘n groot gros mense hulleself in ‘n ander bloedgroep ingekuier het. Tunes en broederskap was aan die orde van die dag.
Dis amper asof die klein myndorpie van Northam hierdie jaar twee groot are losgeboor het: supergees en talent, want dit het fokken orals gespat…
Hier is so paar oomblike wat julle kan herleef of sien waarop jy uitgemis het, danksy ons man met die kamera, Henry Engelbrecht. Hy het in totaal 90 bands afgeneem oor die naweek en ons sal more begin om dit op die Watkykjy Facebook Page te looi.
Watkykjy staan op 2,930,882 post views in totaal sedert 1 November, 2019.