Heita, maats!
November is ‘n heavy poes maand. Dis so nowhere tyd van die jaar waneer mense die hare uit hulle koppe wil begin trek. Dis die langste stretch van die jaar sonder ‘n publieke vakansiedag en mense raak gatvol en depro by die werk en wil hulle kollega’s heimlik bliksem in die parking lot. Dit hoef nie so te wees nie. Vat ‘n fokken break. Gaan plaas toe of iets. Wat? Jy ken nie iemand met ‘n plaas nie? Kak man, jy is mos ons tjommie en ons het tjommies met plase.
Pak jou tentjie, jou coolerboks en jou vleisie in en kom skud bietjie hol. Fok, jy kan even kom visvang en perdry as jy wil. Ons sal even vir jou ‘n volleybalnet span en sagte beach sandjies drapeer oor die gras vir jou sensitiewe voetsooltjies – dis nou vir dié van julle wat meer aktief wil wees. Ons sal ook sommer ‘n old school kafeegame in die venue kom neerplak as jy na die 80s verlang.
As jy te lui is om te braai of jou eie drank te bring sal daar kos en drinks te koop wees. Ons skiem in die rigting van boeries en poetjiekos, maar vir die braaiers sal daar ook pap en sheba, slaai en aartappelslaai te koop wees virre bargain. Sondag sal jy ‘n stewige buffet brekfis kan aanskag om daai hangover aan te tree voor jy teverede huis se kant toe fok. Ons sal moontlik ook so paar stalls organise waar jy kief stuff kan koop soos vinyl, t-shirts en band merch.
Ons het lekker DJs gebook vir vroegmiddag tot so 19:00 se kant wanneer die bands die stage betree tot so net na middernag (daarna kan jy weer jou hol af dans op die DJs se kief tunes). Hierso is die line-up
The Mitten Fits (‘n girlie op ukelele en haar tjommie op acoustic guitar – net om bietjie in dinge in te ease) – Facebook page
Kilo Hills (‘n lekker energetic Pretoria-by-the-sea tipe rock band met ‘n tikkie 50s rock influence) – Facebook page
Jonathan Peyper (hierso kan jy bietjie blues verwag, maar dit kom ons voor dat die bra soos Darth Vader besig om oor te gaan na die heavier rock kant van sake) – Facebook page
Feed The Wolf (ons rock en roll tjommies van Pretoria – as jy hulle lanklaas gesien het, is dit tyd hom hulle weer uit te check) – Facebook page
Cadillac Sun (‘n span marabse wat ‘n ongelooflike rock en roll CD onlangs vrygestel het. Die guitaris is ‘n varkboer vanaf Fochville – true story) – Facebook page
Teen R150 (of R30 per band) is hierdie ‘n moerse bargain, veral omdat ons jou toelaat om jou eie booze te bring). Dit sluit ook free camping in. Ons doen dinge hierdie keer effens anders as wat ander venues dit doen. Ons betaal die bands nie ‘n set fee nie. Ons verdeel die zak wat ons by die deur inkry presies deur elke individuele musikant nadat ons die sound en ligte betaal het. Vir ‘n change probeer ons dinge fair hou vir elke musician, so dis moerse belangrik dat jy soveel van jou tjommies saambring as wat jy kan. Ons sal op ‘n stadium so paar tickets weggee ook, maar ons wil nie juis kos uit die muso’s se monde haal nie. Gaan join die Facebook event gerus en invite al wat leef en beef. Ons sal kort-kort updates daar gooi, veral as ons met nuwe entertainment idees opkom vir deur die middag. Wat? Sak-resies? Fokof man!
Watkykjy staan op 3,104,693 post views in totaal sedert 1 November, 2019.