Van straatnaampie oorloggies (sulke oorbodig) en copy-paste toesprakies tot beginselvaste joernalissies (sulke befok)
1) Wat’s in ‘n naam? Fokken baie as jy die Afriforum-ooms vra. Hulle is maar effe bloedneus na ‘n boksgeveggie tussen hulle en die Tshwane-metroraad wat met ‘n paar linkers en een regter beslis is. Die regter was Regter Mogoeng Mogoeng wat in die konstitusionele hof uitspraak gelewer het in die saak tussen die Tshwane-metroraad en Afriforum oor die verandering van Pretoria se straatname. So maak plek Hans Strijdom vir Solomon Mahlangu. Maak plek Afriforum wat geld mors vir die ANC wat geldmors.
2) Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het sy omstrede kontrak met die finansier BnP Capital gekanselleer. Die kontrak SOU (verlede tyd van SAL) tot gevolg hê dat ‘n onbekende middelman, Daniel Mahlangu van BnP Capital, meer as R250 miljoen sou kry. Hoekom? Want hy SOU die SAL van raad bedien oor hoe om hul R15 miljard skuld te herstruktureer en geld in te samel. We shit you not.
3) Wie help die 8 SABC joernaliste wat afgedank is? Bond. Vakbond. Solidariteit het hul onderbroeke bo-oor hul pants aangetrek en die 8 te hulp gesnel hierdie week. Sulke heldhaftig. En ou Rooi-oog moes ook sy trots sluk hierdie week. Hoe groot is sy trots? So groot soos Zoom-zoom se tottie. Die Es-Eina-Bee-See gaan nou maar weer geweld en protesaksie-footage uitsaai. Met net twee weke voor ons weer die kans kry om Die Stem uit te bring, sal die tyd leer of Hlaudi daad by die woord gaan voeg en of hy eintlik net besig is met foreplay voor nog meer mense deur die ore genaai word.
4) Die hele fokken wêreld blyk aaptwak te rook – dit nadat ‘n nuwe speletjie met die naam Pokemon Go almal gaande het. Jy moet al hierdie fokken virtual reality karaktertjies probeer opspoor deur jou foon se GPS en kamera-funksies te gebruik en dan… wel fok, dis simpel. Maar met reeds meer as 30 miljoen downloads, is hierdie game gewilder as die 10-uur diens by die AGS in Boksburg-Oos. Pokemon Go? Pokemon Gofuckyourself.
5) Melania Drumpf. Daar’s nou ‘n naampie wat Paris Hilton na die tweemalige MENSA kampioen laat lyk. Die moontlike volgende president van die VSA, Donald Drumpf, se derde vrou het hierdie week tonge losgehad (selfs meer as toe sy nog ‘n model was) deur ‘n gedeelte van ‘n toespraak wat sy moes lewer amper woord vir woord net so te copy-paste vanuit ‘n Michelle Obama toespraak van 2008. En toe haar rug teen die (non-Meksikaanse) muur is, toe skielik aanvaar so ander vroumens verantwoordelikheid vir die skrywe van die gewraakte toespraak. Om Michelle Obama te quote: “Fokweetjy!”
Watkykjy staan op 3,064,251 post views in totaal sedert 1 November, 2019.