Wanneer landsburgers nie ‘n mooi prentjie skilder van wat aangaan nie en politici selfs soentjies en drukkies begin steel…
1) Steve Hofmeyr en Dan Roodt is dooskwaad omdat hul name nie op die kortlys van kandidate verskyn het om oor te vat as Openbare Beskermer by Advokaat Thuli Madonsela nie. Volgens hulle het hulle al die nodige kwalifikasies. Dan Roodt is reeds Openbare Bekermer van enige fokken mens of instansie wat net skeef na die Afrikaner kyk. En Steve is natuurlik Openbare Beskermheer van die Neil Diamond Karavaanpark in Bethal.
2) ‘n Helse kerrie (ja, kerrie) het losgebars oor ‘n skildery. Onse fokken president is natuurlik nooit een wat wegskram van ‘n nat kwas af nie. Juis daarom is dit so vreemd dat hy en die presidensie so hoog-de-donner in is oor plaaslike kunstenaar Ayanda Mabulu se uitbeelding van hom in ‘n skildery waar hy in ‘n seksuele daad met een van die Gupta hoere verkeer. Dis mos nou nie die eerste keer wat ou Jacop Regop met sy broek om sy enkels gevang word nie?
3) Die laaste keer wat Bles groot was, was in die tagtigs iewers toe hy plastiekrose uitgedeel het aan nat tannies in vol skoolsale. Maar nou is Bless terug. En dis weer ou Zoom-Zoom wat die voorbok is. Foto’s van ‘n tienermeisie het op sosiale media uitgelek waar ons president soentjies aan haar uitdeel. Sy noem hom selfs haar blesser. Maar voor jy begin jammer voel vir ons spulse president se 37 vrouens, die ANC speel klaar die denaai-kaart… sy is blykbaar famile. Soos in verlangs.
4) As jy jou pilletjies en brilletjies deur Discovery kry en jy sukkel om te claim, is jy tien teen een naby aan ontplof. Dit kan dalk wees omdat Discovery hierdie week agtergekom het een van hulle werkers is moontlik betrokke by beplande ISIS-verwante terreur in Suid-Afrika. En dan is hy nog een van ‘n tweeling ook. Brandon-Lee en sy boetie Tony-Lee Thulsie word tans deur die polisie ondersoek en die situasie word as plofbaar beskou. Blykbaar is die twee nie verwant aan Sudden-Lee, Angri-Lee en Medica-Lee nie.
5) As jy Wimbledon gekyk het, sou jy gesien het daar is darem nog mense wat meer balle drop as ons regering. Die vrouekampioen is weer Serena Williams, een van die min swartmense wat nog nie deur Amerikaanse polisie geskiet is nie. En Pisgesig Murray is weer die Wimbledon manskampioen. Die hele Brittanje dra hom op hulle Brexit-handjies en hy lyk die hele fokken tyd of hy sopas doodstyding ontvang het. Lighten up, bitch!
Watkykjy staan op 3,090,242 post views in totaal sedert 1 November, 2019.