Wanneer die kak begin spat en regters beenaf is op moordenaars…
1. Suid-Afrika se Minister vir Buitelandse What-What het hierdie week haar en die land se naam so gat gemaak dat Steve Hofmeyr gaan sukkel om by te hou. Toe sy uitgevra word oor haar opinie rakende Brexit en wat dit vir ons sonnige landjie inhou, reken sy toe mos sy weet nie eintlik daarvan nie. Wat sy weet is wat sy maar op televisie gesien het. Fokweet. Afhangende of sy haar TV-liksens betaal het, kan mens net aanneem dat sy tans besig is om ‘n portefeuljekomitee saam te stel om ondersoek in te stel na Johan Stemmet se betrokkenheid by Brexit nadat Paula van 7de Laan vir Daenerys van Game of Thrones ‘n snotklap gegee het.
2. Regter Thoko Masipa wys daar is fokkol fout met haar libido deur vir Oscar Pistorius net vir 6 jaar tronk toe te stuur vir die moord op Reeva Steenkamp. Fok. June Steenkamp se haarkapper sal ‘n langer vonnis kry as hy op trial moet staan vir haar kapsel. Sulke skaam. Dis nou vir ons regstelsel, nie vir die kapsel. Actually, beide.
3. Gepraat van Oscar… Willie Bosch, voormalige president van die SA Sportvereniging vir Gestremdes, reken toe ook mos dat die vonnis ‘n klap in die gesig is vir gestremdes… jy weet, dat gestremdes nie spesiale behandeling wil hê nie want nou kan enige gestremde mos moord pleeg en verwag dat hulle sagter behandel sal word… Ons praat weer pappie as ‘n oranje cone vir jou geskuif word en jy amper binne Checkers kan parkeer terwyl ek vir ‘n halfuur fokken sirkel en kwyl vir parkering soos ‘n tannie met pers hare by ‘n Ray Dylan konsert.
4. Die volk is in oproer want sekere munisipale bestuurders verdien meer as President Zupta. Considering Zupta verdien ‘n PK elke 15 minute, verdien hulle kakbaie. En dan is dit nog munisipale bestuurders van gebiede waar daar minder water is as gewete en meer kak as by ‘n vlooimark.
5. Gepraat van poef… lede van Afriforum se Apiesriver-tak het sowat 10kg vlieë, rioolafval en ‘n memorandum by die Tshwane-metro se hoofkantoor oorhandig. Dis nou in protes teen die feit dat daar onbehandelde riool by die Rooiwal-rioolwerke (fok, kan iemand ‘n Sjinees aanstel by hierdie plek – ek sal help betaal net om die uitspraak te hoor) is wat besoedeling veroorsaak en dat daar niks daaromtrent gedoen word nie. Waar kry jy 10kg vlieë? Hoeveel van daai fokken taai strips wat in jou tannie se kombuis gehang het in 1984 waaraan vlieë so vasgesit het, hang daar nog in Pretoria? Of het Dan Roodt weer ‘n praatjie iewers gehou?
Watkykjy staan op 3,092,677 post views in totaal sedert 1 November, 2019.