Hlaudi is steeds besig om vet kak aan te jaag, maar kom ons beweeg hierdie week effens weg van hom af. Hy sal seker weer volgende week se Vat Vyf! haal wanneer ons moet terugrapporteer dat Auklandpark afgebrand het…
1. Die Minister van Onderwys, Angie Motshekga, kondig aan dat leerlinge wat op genade in matriek is, net die helfte van hul vakke in die eindeksamen kan aflê en dat die res kan wag tot volgende jaar. Dis reg. Jy kan basies nou matriek oor twee jaar skryf. Dit behoort ook dan die departement genoeg tyd te gee om die fokken handboeke betyds af te lewer by van die skole. Skerp move, Tannie Angie.
2. Sodwana. Lekker rustige plekkie, veral as jy ‘n gastehuis wil oopmaak en dan jouself verbeel dat jy God’s gift to the ANC is. Onthou hierdie naampie: Andre Slade. Die malmoer reken toe mos die week sy gastehuis gaan nie meer besprekings van swartmense of goewermentwerknemers aanvaar nie. Want hulle is nie mense nie. Fok bra! Wat rook jy en wie is jou dealer? Kyk, ek kan nog so half die deel oor government employees verstaan want as jy dalk free Wi-fi verskaf en die donners download Tetris, is jy gefok. Maar nou misinterpreteer hierdie werfetter die Bybel en verstaan dat hy een of ander royalty is en dat swartmense benede hom is. Habakuk 18:23 vir jou pel… “En toe sê God: Aggenee…”
3. Gepraat van manne wat met die Kinderbybel geslaan is – ‘n pastoor van Sandton, André Olivier, reken toe mos ook die week in een van sy preke dat swartmense lui is en nou krabbel hy terug en vra onvoorwaardelik omverskoning. Wed jou hy sluk sy woorde want swart kerkgangers het gewys hoe glad-nie-fokken-lui hulle is nie deur dadelik sosiale media in te span en hom te ontmasker vir die idi-jood wat hy is.
4. As jy ‘n Engelse sokkerspan ondersteuner is, het jy hierdie week lang trane gehuil pappie. Ysland sorg vir ‘n monumentale upset in Euro 16 en stuur Engeland pakkende huistoe. Dis behoorlik soutie in die wonde vryf na die hele Brexit debakel. Arme fokkers. Hulle was laas sulke skaam na James Blunt se eerste album.
5. Die ANC is blykbaar kinderlik ongelukkig oor die vandalisme in die land. Nie die gebrand van busse en treine en klaskamers nie. Ons praat hier van landsburgers wat defamatory boodskappies bo-oor Zoem-Zoem se gesig gaan plak het op sekere van die ANC se verkiesingsplakkate. Real issues people. Dis nou daai plakkate waar Zoem-Zoem so half na bo in die verte intuur, so asof hy wil sê “Ek slaan my oë op na die berge… waar sal my hulp vandaan kom?”
Watkykjy staan op 3,073,903 post views in totaal sedert 1 November, 2019.