Hellcats – A Coffin Full of Hellcats Volume 2
Die ou seventies rock and roll sal vir altyd leef. Nie net in die recordings van ouds nie maar op die internet en die imaginations van bands wat daai tipe musiek weer laat herleef so elke nou en dan. Bands wat die gees van die tydperk genuine kan voel en dit geniet om dit live te gooi vir ons fans wat met dieselfde rock and roll besmetting saamleef! Die woord ‘besmetting’ word vandag gesponsor deur Richard James Taylor van Stash Records. Jammer oor jou stuurwiel en jou vinyl score bra. Be careful in the Moot! Dis rowwer as Brakpan, Soutie.
Waar de fok was ek? O ja, die Rock and Roll besmetting wat nie meer “cool” is vir die mainstream skapies nie. Bands soos Wolfmother, The Darkness (se early stuff), Tame Impala (se early stuff), meeste van Jack White se projekte en natuurlik chunks van The Black Keys se tunes is net obvious voorbeelde. As ‘n music fan love ek dit stukkend. As ‘n sogenaamde music critic is ek seker veronderstel om iets negatiefs daaroor uit te dink sodat ek kan slim klink. Maar ek verstaan die “besmetting” al te goed. As ‘n Led Zep dissipel moet ek daagliks mense se kak opvreet. Plagiaat dit en diefstal dat….blah blah blah. Fokof man!
Check, ek love dit om weekliks reviews te skryf maar soms raak ek gatvol vir al die analysis. Partykeer moet jy net luister en geniet. As jy van ou rougat seventies rock and roll hou is Hellcats net die hellsent en hellbent (for leather) band vir jou. Dis net twee bras van Joburg, Warwick Rautenbach en Allessandro Benigno, wat in tap in die meer Black Sabbathy kant van die seventies. Donker riffs en ‘swart soos die nag’ woorde. Hulle vertolk die musiek ekstra rou en unpolished, maar nie op ‘n amateur garage band manier nie. Jy kan hoor hulle siele is gedoop in donker rock and roll. As ek nou moet vergelykings tref dan is dit amper in dieselfde vein as Wolfmother se New Crown (2013) album. Net nog so paar notches donkerder. Daai een wat Andrew Stockdale self record het en op Bandcamp release het. Lekker rou en sanderig. Soos ‘n paar oiled up hellcats wat in die sand “gestoei” het en jou nou stadig bekruip. Get in the Fire!
Ja, so al is ek ‘n old school (gee my fisiese musiek sodat ek die produk kan ruik en lek en kak) rocker hou ek nogal van hulle idee om A Coffin Full of Hellcats in volumes op iTunes te release. Ek het die eerste volume ook geluister so jy kan dit maar insluit by hierdie review. Daar is nog twee volumes wat kom. Dit druk die ‘Now Generation’ manier van dinge doen ‘n lekker vet fokken noël. Laat my dink aan hoe ons moes wag vir die volgende edition in ‘n reeks comics back in the day. Plus, dis fokken meer koste-effektief as jy lus is vir ‘n vinnige fix. Volume 2 is byvoorbeeld net R14 op iTunes. Die hele EP is seker net so oor die tien minute lank so moenie hierdie EP’s wil luister as jy jouself in ‘n rock and roll bepeinsing wil verloor nie. Nee, dis eerder ‘n harde en vinnige voorsmakie vir wat jy kan verwag met hulle live shows. Ek vermoed hulle gaan jou ore hard vol olie en sand saag. Vir die wat rock and roll besmette is hulle gaan hierdie jaar by Oppikoppi brandstapels aan die brand speel (en vir die wat nie soontoe kan gaan nie, hulle is ook Saterdag 29 Julie by die Good Luck Bar in Joburg).
Ek kan nie wag vir die volgende edition nie! Hierdie twee EP’s is weer net so op die grens van drie en vier duiwelshorings. Kom ek gee maar drie duiwelshorings! Ek skuld hulle een as die volgende editions uitkom.
De Wallen – 2.0 EP
Spring so dekade of so vorentoe. Ja, jy is nou in die fokken eighties. Jy het ‘n Rubik‘s cube in jou broeksak en dis bietjie ongemaklik. Maar jy dra nie ‘n Michael Jackson handskoen of ‘n Madonna outfit nie. Jy dra nog steeds leathers (en het tattoos) – al wat bygekom het is ‘n ou pilot hoed op jou kop met lang vere wat om die kante vasgeplak is. Jy is by ‘n Zodiac Mindwarp and the Love Connection concert in Brooklyn, New York en jy rock jouself in ‘n ander dimensie in. Zed spring rond met leather pants aan, sonder ‘n hemp en tease al die groupies in die voorste ry met sy camel pole. Die hele band is sleazy as fuck en vol grease gesmeer. Die energie is amper tangible. Die drummer point sy drumsticks in die rigting van die crowd en twirl albei in die lug en vang dit in sync net voor hy met die volgende rondte drumbeats begin. Iemand stamp jou van jou voete af tydens ‘n solo en as jy weer opkyk is dit ‘n ander band op stage.
Jy is by Oppikoppi en jy ruik die Bosveld.
Die band lyk anders, bietjie jonger, en die lead singer lyk of hy van Stellenbosch afkom of iets – so surfer bra – nie so greasy nie maar vol fokken stof. Gee jy ‘n fok om? Hell no! Want jy voel dieselfde dirty rock and roll spirit in die musiek. En jy gaan weer aapkak en rock jouself in nog ‘n ander dimensie in. Jirre, De Wallen is die reïnkarnasie van Zodiac Mindwarp and the Love Connection in 2016. Gooi Cracker Jack en Snakebite Sugar Kiss kliphard en jy sal verstaan wat ek bedoel. Meeste fun wat jy kan hê met jou klere aan. Of sonder klere? Whatever floats your camel pole.
De Wallen het net ‘n baie meer sleazy naam. Dankie tog hulle het nie die band Walletjies genoem soos Afrikaanse Suid-Afrikaners dit in die volksmond noem nie. Dis so rock and roll soos koeksisters en Rooibos.
*Vat so sluk van my Rooibos en byt in ‘n sappige koeksuster in*
Die kanse is baie goed dat die bras van De Wallen nog nooit eers van Zodiac Mindwarp (ZED) gehoor het nie. Min mense het, want sy band was een van die mees underrated metal acts in die eighties en het nooit die recognition gekry het wat hulle moes nie. Ek hoop van harte geskiedenis word nie weer herhaal nie. Jy kan op De Wallen se 2.0 EP duidelik hoor hulle sound het darem baie ander influences in die mix ook. Soms hoor jy ‘n blues influence (Heart Rate Rocker feat Basson Laubscher) en soms ‘n meer chilled out Whitesnake rock vibe ook (Eyes of April’s End). Hey, it’s only rock and roll and I love it! Ek het al ‘n interview gelees waarin De Wallen tune hulle is beïnvloed deur the Darkness. Ek is nie ‘n moerse fan nie. Dis redelik OK-erig maar dit float nie my camel pole nie. Goddank De Wallen klink baie meer ballsy en authentic as The Darkness. Ek dink hierdie Kaapse bras het in die regte sex, drugs and rock and roll vain gaan staan en mainline. Gots, hulle lyk so onskuldig met die eerste oogopslag. Toe nou nie! Nog ‘n band wat Oppikoppi aan die brand gaan rock! Ek dink hulle hover ook so tussen drie en vier duiwelshorings…
Vier duiwelshorings vir hierdie een!
Watkykjy staan op 3,103,105 post views in totaal sedert 1 November, 2019.