As jy slim is, sort jy al jou kak uit voor Oppikoppi begin. Change daai globes, bra! Verf daai kas of bad die hond, maar moenie dinge uitstel nie. Jy gaan fokken spyt wees want jou tjerrie gaan probably net meer befok raak omdat jy heel waarskynlik ‘n week of drie recovery tyd na die festival gaan benodig.
Riku Lätti was al so paar keer by Oppikoppi en hy is tans besig om next level moves te gooi sodat sy tjerrie hom nie ‘n PK gee nie.
“Ek voel tuis in my tuintjie,” tune Riku.
“Min dinge maak so bly soos om in die tuin te kan werk.”
Vir die ouens wat dalk al by Oppikoppi was, Riku se song Smoorverlief was way back gebruik as die tema, amper soos sy tjomma, Gert, se poem die jaar se theme is.
“Ek is baie lief vir Riku en veral lief om teen hom en Chris Kreef backgammon te speel,” verduidelik Gert telefonies eksklusief vanuit sy gunsteling breakfast hotspot in Strand, Soul Cafe, aan watkykjy.co.za
As Riku nie in die tuin is nie maak hy tunes onder sy wasgoedlyn, en die hele fokken wasgoedlyn gaan by Koppi hang, iewers in Mordor.
“As jy gras sny, kan jy ook jou dans moves oefen, en ek het onlangs ook besef dat goeie eye protection help as jy balke afskuur.
Riku se vrou Jackie is heavy impressed.
“As Riku nie ‘n kitaar in die hand het nie, trek hy bossies uit. Elke vrou se droom”
So boys, as jy dalk ‘n rockstar is of dalk net ‘n bra is wat nie tyd en krag vir ‘n inevetable gekerm het nie, wys jou stukkie dat jy ook ‘n man is en fix daai kak, voor Koppi.
Watkykjy staan op 3,090,344 post views in totaal sedert 1 November, 2019.