Afkorting vir perdekrag. Of poskantoor. Maar hier by Watkykjy, verkies ons die Poesklap-weergawe. En elke maand gaan ons een lekker stywe PK uitdeel aan iemand wat uit sy of haar pad gegaan het om die nasie kollektief af te pis. Soos in fokken all-the-way pappa. Wie is die tweede ontvanger van hierdie gesogte toekenning? Ons dink dis net regverdig dat Melania Drumpf verhoog toe kom. Dis nou Donald se derde vrou en moontlike volgende presidentsvrou afhangende wat die Amerikaners gaan besluit in November. Sy het mense speechless gehad (o die fokken ironie) omday sy self duidelik speechless was. Toe leen sy maar bietjie ‘n speech by Michelle Obama, die huidige presidentsvrou. En met leen bedoel ons steel. Fokken copy en paste, pappa.
Dux-leerling van haar skool was sy nou nie hoor. Hande saam vir Melania. Kom kry ‘n tintelende PK vir jou. Gepraat van copy en paste… ter ere van Melania… Ons dink dis net regverdig dat Melania Drumpf verhoog toe kom. Dis nou Donald se derde vrou en moontlike volgende presidentsvrou afhangende wat die Amerikaners gaan besluit in November. Sy het mense speechless gehad (o die fokken ironie) omday sy self duidelik speechless was. Toe leen sy maar bietjie ‘n speech by Michelle Obama, die huidige presidentsvrou. En met leen bedoel ons steel. Fokken copy en paste pappa. Dux-leerling van haar skool was sy nou nie hoor. Hande saam vir Melania. Kom kry ‘n tintelende PK vir jou. See what we did there?
Watkykjy staan op 3,090,244 post views in totaal sedert 1 November, 2019.