deur Sammie
Ontmoet Malletjie en Rocky. Manne met rowwe taalgebruik, ’n nimmereindigende lus vir zol en ’n voorliefde vir harde musiek, is op ’n mission.
Daar is paranoia in die Afrikaanse popwêreld want hul blue-eyed boy met die Colgate smile is missing in action en sy swierige agent het díe ‘bekwame’ manne se speurmaatskappy The Third Eye se dienste gekommandeer.
Die manne gryp die leisels en is spoedig op pad om die wild goose te vang op ’n mal reis gepak met raaisels, kleurvolle karakters, stink omgewings en net genoeg spanning. En dit alles gebeur terwyl ’n 21 Desember apocalypse wink…
’n Pikante side order tot hierdie allemintige verhaal is ’n ouma met visioene van Gé Korsten, honde met maag issues wat herinner aan al die sleg en lelik van die lewe, en dan is daar nog ’n papgegaai wat Siener van Rensburg en RSG sporadies channel wat lekker lag oomblikke verseker.
Hierdie boek is so reg in julle aweregse kraal. Vloekwoorde deluxe, trippie conversations en gebeure wat spog met dialoog wat rol, rym en raas.
Dalk nie ’n recommendation vir die prentesieuse literêre snobs of die Chardonnay-leeskring- tannie nie, maar vir die res van ons wat hou van ’n boek wat lekker lees, skok en beïnvloed – ’n virtual high five vir ’n rowwe roman.
Die boek is beskikbaar op TakeAlot
Watkykjy staan op 3,085,080 post views in totaal sedert 1 November, 2019.