Haar volle naam is Margaret Denise Quigley en hierdie goose kom van Honolulu, Hawaii af waar sy gebore is. Haar pa was Vietnam toe vir orloog en dis waar hy vir mamma ontmoet het en toe eventually hierdie outlike dingetjie gemaak het.
Maggie Q het rolle gehad in movies soos Balls of Fury, Die Hard 4, Mission Impossible III en Rush Hour II. Met laasgenoemde is sy deur Jackie Chan discover wat haar min of meer op die Hollywood-roete gegooi het. As jy heeldag met jou Xbox en Playstation uithang het jy haar miskien ook al raakgeloop met Need For Speed: Undercover.
Maybe het jy al die TV reeks, Nikita gesien…
Tit-bits:
Sy is ‘n vegepetarian
Haar ouers was lekker besig. Sy is een van 5 kids.
Sy moes Cantonese foneties leer uitspreek vir haar eerste paar movie rolle in Hong Kong
Haar rol in Die Hard 4 is vir haar gegee sonder fokol auditions.

LOS ANGELES, CA – MARCH 18: Actress Maggie Q arrives at the Los Angeles premiere of “Divergent” at Regency Bruin Theatre on March 18, 2014 in Los Angeles, California. (Photo by Gregg DeGuire/WireImage)
Watkykjy staan op 3,124,266 post views in totaal sedert 1 November, 2019.