Hierdie album het soos manna uit die hemel geval. Nee fokken genuine. Verlede jaar by STRAB het hulle free CDs van die onderste stage afgegooi en my tjom Flo Ris (da-vannie-Kaap) duik toe soos ‘n springbokvleuel op die prys af, breek amper ‘n paar goofed surfers se sleutelbene en kry ‘n mondvol Mosambiekse seesand in die proses. En die bra gee die CD vir my. Fokken nice van hom gewees. My hande was vol R&R’s gewees so ek het nie mooi geweet waar om dit te sit nie. Daai local rum kan jou blind en lam maak. Dis ‘n wonderwerk die CD het dit terug Pretoria toe gemaak. Toe ek by die huis kom en mooi kyk was ek soos: “Peter Mitchell? Hamlet by Night?, “Wie de fok is Peter Mitchell? Is Hamlet ‘n male stripper? Dis ‘n nuwe twist”.
Ek het die bra op facebook invite en gelukkig het hy accept. Hy het seker gedink: “Wie de fok is hierdie kreupel?” Daar kom so baie musiek op my af deesdae, ek het net nie dadelik by dit uitgekom nie. So toe Griffin nou die dag weer ‘n klomp musiek hier aanbring (Hamlet by Night inkluis) en vra of ek die CD het, gaan haal ek hom uit my rak en tune hy kan maar sy copy hou. Het ek nie soos ‘n wafferse musiek-kenner gevoel nie. Meantime, weet ek fokol van sy musiek af. En ‘n paar weke het weer verby gegaan. Een oggend check ek wie op Facebook is sodat ek my online kakmakery kan adjust na die regte target market toe – en ek sien Pietman Geldenhuys is online. “Wie de fok is Pietman Geldenhuys?” het ek gedink. “Ek ken nie ‘n Pietman Geldenhuys nie”. En ek gaan check toe weer die bra se page uit. Hy het intussen sy naam daarop verander. En dis net daar waar die liggies aangaan. Nobody was home for a while. Rolbees op langverlof.
Peter Mitchell aka Pietman die skot aka Pietman Geldenhuys. Aaaah OK, Flower of Scotland op Toks, rugby tjops en te veel dop, en meer onlangs OppieStoep. Ek was skoon deurmekaar. Is hy nou ‘n musikant of ‘n TV persoonlikheid of ‘n komediant of ‘n sjef of wat? En in my kop gaan Peter Mitchell van SA muso tot ‘n skotse muso wat net vinnig in SA kom kuier het en so nou en dan musiek maak tot ‘ n Boland bra wat saam met Valiant en kie al gespeel het tot ‘n kaksnaakse moderne Tolla van der Merwe. Will the real Peter Mitchell please fucking stand up? Asseblief man? Maar eventually het ek mooi verstaan.
Pietman Geldenhuys het genuine ‘n wye spektrum van verskillende talente. Dis baie raar. Ek gooi toe maar die CD in my kar se CD player. Verwag ‘n deursnit Afrikaans is Groot oorpyn in my oorholtes. Griffin se musieksmaak is partykeer bietjie dodgy so ek het nie vrae gevra nie. Ek het nie ‘n fancy Wi-fi of USB port in my kar nie. Old school CD player. Ek het al gedink om weer ‘n tape deck in te sit aangesien ‘n vinyl player in my kar net al my plate gaan opfok. Te veel speedbumps in Pretoria
*klank van naald wat op plaat gly*.
Anyways, kom ek beweeg aan en fokus op Peter Mitchell die SA muso. Die ding van Suid-Afrika is daar is nie konstante exposure van verskillende niche genres in ons mainstream media soos die ou dae van MTV of selfs MK89 meer onlangs nie. En face it, licensed FM radiostasies speel net meestal kak. So niemand gaan jou spoonfeed as dit by befokte musiek kom nie. Jirre, soms is daar bands wat op mainstream media verskyn wat jy gaan ignoreer juis omdat jy verwag alles op mainstream media is kak in die eerste plek. Soos met baie dinge in die lewe gaan niemand dit maklik vir jou maak nie. Jy moet na die shows en festivals toe gaan en die artists volg op social media. En hulle musiek actually koop. Check en lees die kak wat ons op Watkykjy opdis – ons probeer hard van ons kant af om befokte musiek julle kant toe te gooi – al kom ons self ook nie by alles uit nie. Daar is moerbaie goeie musiek in SA. Ek ervaar dit nou maar eers vir ‘n jaar eintlik. But trust me, I know what I’m talking about. Hahaha! Ek wil nie soos ‘n dick klink nie maar ek het goeie musieksmaak. Ek wil ook nie vir die converted preek nie maar maybe lees iemand my klaagliedere, sien die lig en gaan check Peter Mitchell live of koop ‘n CD. Maybe vertel hy of sy nog twee of drie vriende. En hulle nog ‘n paar. Maar die moral of the story is eintlik heel eenvoudig. Moet net nie ‘n skapie wees nie. Baie keer kruip juwele vir jou weg en jy moet net daai bietjie ekstra moeite gaan doen om dit te vind. Hoe gaan daai Amerikaanse gesegde? Free your mind and your ass will follow. Net so. In hierdie geval het musiek letterlik uit die lug geval vir my en ek het gekies om dit te los vir later. En ek kan verskillende verskonings uitdink maar die waarheid is my pre-conceived idees het verhoed dat ek dit dadelik luister. Don’t be like Rolbees, gebruik daai grysstof van jou en maak jou lamgat vry! So iets.
So wat is my opinie nou dat ek bietjie meer huiswerk gaan doen het en Peter Mitchell se musiek aandagtig gaan luister het? Meeste mense dink ek is net ‘n metalhead rocker but nothing can be further from the truth. Ek luister net nie elke dag hierdie tipe musiek nie. Dit herinner my sterk aan die musiek wat ek self ontdek het op radio toe ek ‘n laaitie was. Ek kon myself totally verloor in die songs van John Cougar Mellencamp, Billy Joel, Tom Petty, John Hiatt en Bruce Hornsby and the Range. Dis eerlike songwriting en die stories wat daai legends vertel kan jou intrek en jou saamneem op hulle reis. En siedaar, jy word magically deel van hulle wêreld. Ek luister nog steeds baie van daai musiek. Gewoonlik binge ek ‘n paar albums en raak weer van voor af verlore. As liedjieskrywers love songs skryf of songs oor moeilike tye, kan ek hoor as hulle nie hulle hele siel openbaar nie. Min songwriters kry dit reg. Ek kon dit al daai tyd hoor en ek was seker net 10 jaar oud gewees. Jy kan dit net sowel los as jy hierdie tipe musiek wil maak en nie eerlik en opreg is nie. Ek vind dit nogal interesting dat iemand wat so snaaks kan wees ook so soul-bearing en eerlik daaroor kan wees in sy lirieke.
Hamlet by Night is al in 2007 vir die eerste keer uitgereik maar die copy wat ek in my hande het is in 2012 heruitgereik. En ek hoor dit nou eers. Gaan check bietjie wie almal op die album gespeel het. Van Robin Auld tot Schalk Joubert. Fok, ek voel bietjie skaam daaroor. Nie as iemand wat vir Watkykjy oor musiek skryf nie, maar as ‘n fan van goeie musiek. Hoeveel albums gaan jy nooit hoor nie omdat dit nooit by jou uitgekom het nie? Of erger nog, jy het dit net ignore? So in watse songs op Hamlet by Night het ek verlore geraak? Kom ek begin sommer by Devil’s Glare. Dis ‘n moerse eerlike song. Dit het my dieselfde gevoel gegee as die eerste keer toe ek Billy Joel se New York State of Mind gehoor het. Eenvoudige klavier (Simon Orange se vingers), eerlike lyrics, soulful vocals. Klink maklik, right? Gaan try jy dit bietjie om iets so eenvoudigs te laat genuine klink? Noem my maar ‘n smartvraat maar jy kan baie maklik bullshit call as songwriters oor melankoliese temas skryf en hulle gee nie hulle hele hart en siel nie. Dis soos blues. Jy kan dit nie fake nie. Nog minder wanneer jy die song speel. Daai is my favourite song op die album. Two thumbs up!
Gepraat van ups – Two Ups klink weer vir my soos ‘n ou John Hiatt tune. Bietjie bluesy maar nie te veel nie. Wat was daai song van hom wat Jewel in die movie Phenomenon gecover het? Have a Little Faith in Me? Daai een, ja. Neil Sandilands en Melissa van der Spuy doen backing vocals op Two Ups. So saggies in die agtergrond. Sy tokkel ook die klavier. My duime is nog steeds op. Op Roulette fluit Peter Mitchell bietjie. Mens hoor dit nie meer deesdae baie nie. Die gefluitery. Hierdie tune klink baie soos Evan Dando (Lemonheads) se solo stuff vir my. Het julle al daai befokte album van hom gehoor? Baby I’m bored. Nog ‘n must have album. Evan Dando like ook baie van fluit en hande klap. Ek ook! Peter Mitchell vat net die fluit so bietjie verder. Tarantino kan dit in een van sy volgende movie soundtracks gebruik. My duime is op en ek fluit nou! Ek like nog ‘n hele paar tunes maar ek gaan nog net een kies. Mautie’s Song is ‘n fokken beautiful love song. Ek het gewonder hoekom mense tune Peter klink soos Nana Mouskouri? Maybe is dit daai hoë noot choruses? Hy kan hulle nogal lekker met gemak bykom – klink of iemand hom by die ballas beet het. Sy vrou dalk? Hahaha! Fokken mooi vocals!
Check hierdie album uit! Lekker langpad luister tunes ook. Flower of Scotland is as ‘n bonus track gelys maar op my copy speel net die eerste paar sekondes daarvan? Weet nie of my CD foutief is, of ek net vertraag is en of dit aspris so gedoen is nie? Sou graag die hele een wou hoor.
Four devil’s horns in a Scottish accent for Pietman die Skot!
Watkykjy staan op 3,091,382 post views in totaal sedert 1 November, 2019.