Ons het verlede week uitgesak by Arcade Empire in Pretoria en moontlik een van die beste live gigs van 2016 gesien. ‘n Watkykertjie, Towerjas, het sommer liries geraak en Big H het soos gewoonlik vir ons kiekies gekap.
Woorde – Towerjas
Kiekies – Henry Engelbrecht
Ek is verlede Vrydag bewys dat die local musiekindustrie definitief nie in sy moer in is nie, maar besig is om nuwe horisonne te betree met befokte kunstenaars en crazy musiek wat vir dae lank nog in iemand se kop sal replay. Daar is invloede van vêr en wyd wat ons oorals kan aanvoel, maar daar is tog iets waarop ons ons eie duim nie kan sit nie, iets wat nie sin maak nie. Dalk omdat ons blind is om ons eie kulturele identiteit bietjie krediet te gee en te sê dat ons werklik net ‘n befokte poespas van mense is in die land.
Albert Frost, Die Afro-Boer (Gerald Clark) en Black Cat bones (Kobus de Kock, André Kriel Chris van der Walt) het weer gesorg vir een crazy performance waar harde werk en ure agter instrumente uitkom en wys. Ure agter die instrumente waar mense, vriende, vreemdelinge en familie om ‘n vuur sit en braai, stories vertel, kak praat en musiek maak, waar die hart eers skep en nie die gewensde identiteit van die media nie. Waar die ware self in uitspraak tot ons eie omgewing uitkom en wys.
Ja, natuurlik gaan daar invloede wees van vêr en wyd, want ons is mos nou ‘n geglobaliseerde wêreld en nasie. Nou ja. jy is deel van hierdie, ons is deel van hierdie, ons is deel van die wêreld en nie net meer ‘n kol op ‘n kaart nie. Gaan uit en ontdek die prag wat ons local kunstenaars vir ons bied want waar anders in die wêreld stap jy uit na ‘n show en klink ‘n bier saam met jou gunsteling kunstenaar en musikant soos Albert Frost, Gerald Clark, André Kriel, Chris van der Walt en Kobus de Kock?
Dis mense soos die wat net lewe vir die goedheid van die hart. Dit is net passie wat ‘n man so vol vrede kan pomp. Dat jy tyd het vir alle invloede wat jou musiek volg en geniet. Dat jy kan skep in jou passie en vrede vir die wat werklik jou identiteit geniet en deur dit te sorg dat mense oor talle generasies die Blues kan geniet met n whiskey in die siel.
Wees trots, wees befok, wees tradisie en wees local, want hier is dinge befok en aan die kook. Los politiek en al daai kak, wees die verandering en glo in jou kuns! Want ons is fokken mense en ons hou van lekker dinge.
Watkykjy staan op 3,091,018 post views in totaal sedert 1 November, 2019.