Om daai vraag te beantwoord moet ons eers terug gaan in tyd. Waar het dit alles begin? Dan Patlansky and the Mississipi Mothers (2001) se debut album Standing at the Station was ‘n decent run of the mill blues album. Niks om oor huis toe te skryf nie, maar onthou, hy was maar net 19 jaar oud toe dit release is nê. True Blues (2004) was sy eerste solo debut. Dit is ‘n album met baie blues style en verskillende instrumente ook. Trompette, trombone, tenoor saxes en mondfluitjies, om maar net ‘n paar te noem. Die soul en blues gevoel translate nie so goed op elke song nie, maar as jy na sy cover van Robert Johnson se Travelling Riverside Blues gaan luister of sy eie Heart of Stone sal jy ‘n glimpse kry van sy toekomstige blues skills en sukses wat veronderstel was om net om die draai te lê. Sy kitaarspel was toe al solid maar jy kan hoor hy kon nog nie sy talentvolle stempel met conviction afdruk daai tyd nie.
Real (2007) was ‘n breakthrough album wat goeie internasionale reviews gekry het. Hy het ‘n meester geword om ou classic blues style – energieke en stadiger style – te vermeng en dan sy eie twist and turns in te gooi – dié album het dit bewys. Sy vinnige, en tog helder, kitaartokkel skills het wyd aandag getrek en jy kon vir die eerste keer die bluesgevoel op hierdie album duidelik beleef. Gooi Sonny Landreth, Stevie Ray Vaughn, Eric Clapton, Jimi Hendrix en Robert Johnson se musiek in ‘n pot en hy bring die hele konkoksie tot by kookpunt. Veral live. Goeie fok, die energie wat hy gedurende live shows in die atmosfeer instuur kan Medupi kragstasie opcharge! But looking back, was dit seker net ‘n gedeeltelike unieke sound vir Dan Patlansky. Hy was nog besig om creatively te groei. Luister weer na Blues for New Orleans –‘n unrehearsed stukkie pure plesier. Dit was lewendig opgeneem op WWOZ radiostasie in New Orleans tydens spitsverkeer, saam met lede van die Batiste familie. Dit het my ‘n sneak preview gegee vir van wat voorlê en die barriers wat hy nog gaan verskuif.
Ek het hom soveel as wat ek kon live gaan sien in 2009 (die jaar waarin Move my Soul ook release is) want ek het gedink hy gaan vir seker terug New Orleans toe op een of ander stadium en SA gaan nooit weer van hom hoor nie. Julle ken seker die storie maar vir dié wat onder ‘n klip bly – Dan Patlansky het in 2005/6 amper internasionale sukses behaal toe Selwyn Miller, bestuurder van Bread, Randy Crawford en Putula Clark (onder andere) sy talent geshowcase het in New Orleans. Maar die noodlot het ingetree en Hurricane Katrina het ander planne gehad vir hom. Hy was ontruim en het teruggekeer SA toe. Het hy opgegee en in sak en as gaan sit? Glad nie. Move my Soul was nog ‘n beter blues album as Real en ek het nie gedink hy gaan ooit daai album kan top nie. Toe release hy 20 Stones (2012) wat weer ‘n hele ander pad ingeslaan het. Dit was ‘n ‘fork in the road’ album vir hom en hy het begin weg beweeg van pure blues na baie meer rock influences. Dan Patlansky was tot op daai stadium ook meer bekend as ‘n elektriese kitaarslaner en hy het nooit baie live gegoël met sy akoestiese kitaar nie. Net so nou en dan as ek reg onthou. Maar met sy acoustic album Wooden Thoughts (2013) het hy ook bewys dat hy die akoestiese kitaar kan bemeester.
2014 was ‘n watershed jaar vir Patlansky. Hy het in Februarie vir Bruce Springsteen geopen in Soweto by die FNB Stadium en Blues Rock Review het sy album Dear Silence Thieves (2014) as die nommer een blues rock album vir 2014 ingestem. Dit het my nogal afgepis daai tyd. Nou eers na sewe albums? Really? Dit het my ook sad gemaak vir SA musiek in general. Ja, die SA rock en blues isolation sal waarskynlik altyd by ons bly. But then again, as dit nie vir die isolation was nie het Dan Patlansky en Theo Crous (wat die Dear Silence Thieves produce het) dalk nooit so unieke benchmark blues album opgetower nie. Dan het sy blend van rock, blues en pop verder gepush as enige iemand op die planeet back then – in verskeie befokte rigtings in – en hy het ook baie meer op songwriting begin fokus. Jirre, gaan google net bietjie hoeveel magazines hom allerhande accolades gegee het die afgelope jaar. Dis nogal impressive.
Back to the future en dinge lyk heeltemaal anders vir Dan as wat ek gedink het dit sou lyk in 2016. Ek voel soos Marty McFly in die tweede movie, want hy toer nie net die UK en Europa self plat nie maar hy was ook die support act (saam met sy original SA band) vir Joe Satriani op sy UK en Europese toere gewees. Hy toer ook steeds hier in Suid-Afrika en dit lyk of hy binnekort in die States gaan toer ook. Patlansky se harde werk (oor al die jare) is starting to pay dividends. Hy het waarlik internasionale bekendheid verwerf. No small wonder dat sy nuwe album Introvertigo wêreldwyd release is nie.
So hoe klink die album? Die opening track Run is ‘n kick-ass anti-establishment anthemic rock song met daai distinct vocals van hom, hard hitting dromme en bass inter-twined met Rage against the Machine riffs. Dan Patlansky wil weghol van dom mense af, tune hy. Run Dan, Run! Moet Zupta en kie wees. Of die lot by die SABC. No clue-or fucks-given-klan. Ek dink die mense in Europa, UK en USA is dom. Ons “agterlike” Africans weet al amper ‘n dekade lank die bra het moerse talent. Die res van die wêreld kom nou eers fokken by. Ok back to the album… uuhhm ja, net sodat jy nie vergeet dis ‘n Dan Patlansky record nie, is daar ‘n energetic solo in die mix op Run. Net so vinnig hier en daar – sonder overkill. Hy was geneig om dit te oordoen back in the day. Kan dalk Theo Crous se influence wees? Hou die man bietjie terug. Less is more. Jis, jy kan Stevie Ray Vaughn se influence nog duidelik hoor op Poor Old John. En Hendrix s’n op Bet on Me en Queen Puree. Ek is bly hy het nie heeltemaal wegbeweeg van sy roots nie.
Dan Patlansky voer die blues sweeties so tussendeur die res van die rowwe, harde kos wat hy jou opdis op dié offering. Nes jy die blues inneem dan bliksem hy jou weer met ‘n paar polished hard rock riffs. Met Sonnafa Faith draai hy daai die rock volume way hoog op en waarsku teen religious biggots – dié wat jou geld aanbied in ruil vir ‘n ewige lewe. Loosen up the Grip is bietjie iets nuuts. Eenvoudige klavier, klink soos amper soos Red Hot Chili Peppers, net met meer kitaar solos. Heartbeat is weer so hard rock jy wil op jou bank spring en jou Dan Patlansky vinyl teen jou voorkop breek.
Ja-nee, hierdie album is baie meer kliphard as Dear Silence Thieves. Ek stem saam dat laasgenoemde ‘n groundbreaking album is maar wat persoonlike smaak aanbetref like ek Introvertigo dik stukke meer. Hey, check it, Rami Jaffee van die Foo Fighters jol Hammond organ op die album. Luister bietjie Still Wanna Be Your Man. Lekker slow blues song met Dan wat ‘n paar meestervolle licks gooi. Theo let him loose on this one. Waar kom die albumnaam vandaan? Wel, Dan tune Introvertigo is hoe ‘n introvert voel as hy langer as vyf minute met ‘n ekstrovert praat. Geen wonder hy praat nooit langer as twee minute met die Rolbees nie. Ek het eers gedink dis omdat ek vergeet het om te bad of om deo te spuit. Now I get it!
Vyf horings vir hierdie een!
Watkykjy staan op 3,092,223 post views in totaal sedert 1 November, 2019.