Boargazm gaan hierdie jaar groot gaan by Oppikoppi. Die ouens het laat weet dat hulle die Vrydagaand van die Oppikoppi festival die Bruilof stage so bietjie gaan inkleur met wack wardrobe, props, ligte, kanonne en colabs met ander artist. Hulle gaan ‘n goeie dosis Wolmer Metal oor die bosveld gaan smeer.
Ek het hulle so paar jaar terug vir die eerste keer live gesien by Oppikoppi en dit was moontlik die band waarop ek my shit die meeste verloor het op daai plaas met die tunes. Tot my embarrassment bestaan daar ook video footage van presies hoe ek my kak verloor het en ek travel sedertdien van huis tot huis om die footage te destroy en mense se kele af te sny.
Tyd raak nou fokken min, so gaan kry jou tickets vir Oppikoppi 22. – daar is net twee weke oor dan is dit weer Koppi-tyd. Somer in Suid-Afrika begin ook die naweek na Oppikoppi klaar is, maar net vir dié wat die festival attend en dit geniet. Vir die res van julle sal dit altyd winter bly. In julle harte.
Hier is ‘n klein promo wat ons geshoot het. Dis bietjie fokken weird en all over the place, maar ons het kakbaie pret gehad.
Die A-pork-alypse is op pad!
Watkykjy staan op 3,101,767 post views in totaal sedert 1 November, 2019.