Deur PK Malherbe
1. TV-kykers se gunsteling liefdes-duifies in verlede jaar se seisoen van Boer Soek ‘n Vrou se paadjies het geskei. Blykbaar kon die plattelandse nonnatjie nie die stadslewe gewoond raak nie. Die gesprek het vermoedelik soos volg verloop:
HY: Bring vir my ‘n fokken bier.
SY: Fokof man!
2. ‘n Woolies winkeltrollie word omgegooi voor sy wiele afgesteel en aan die brand gesteek word deur ‘n ongelukkige Pretoria tannie wat nie gelukkig is met die benoeming van een van haar seuns se beste vriende as snoepieprefek nie. Die DA is weer eens fokken nêrens te sien nie.
3. Koerantopskrifte skree dat Pretoria brand nadat ANC-ondersteuners ongelukkig is oor die benoeming van Thoko Didiza as die Tshwane burgemeesterskandidaat. Die 5 gevaarlikste plekke in Pretoria hierdie week was:
• Mabopane
• Ga-Rankuwa
• Soshanguve
• Hammanskraal
• Centurion SPAR (twee angry ma’s slaan vuis oor die laaste donnerse Angry Birds plush toy)
4. Tukkies en Maties kondig aan dat Engels voortaan die enigste onderrig- en voertaal sal wees. Dan Roodt verstik aan sy moeders(taal)melk en word aangehaal: “Nee kyk, dis kak-sad. What next? Kerk in Engels? Hoekom moet ons so suffer?” Ironies genoeg, wil dit voorkom of die EFF Studentevereniging se gevoel oor die besluit die beste opgesom kan word as “lekker.” So mooi ou Afrikaanse woordjie.
5. Honderde ANC-lede in die Wes-Kaap besluit om by die DA aan te sluit, insluitende Loyiso Nkohla. Ons ruik ‘n klankie. Is dit nie die man wat so paar jaar terug groot poef gemaak het deur menslike ontlasting by die Kaapstadse lughawe te gaan uitstort in protes teen die portable loo-issue in die Wes-Kaap nie? Einste hy. Jy kan hierdie kak nie opmaak nie hoor.
Watkykjy staan op 3,092,712 post views in totaal sedert 1 November, 2019.