Deur PK Malherbe
1. Tiete. Hlaudi Motsoeneng like tiete. Behalwe dat hy elke 5 minute een van homself maak, het hy ook nou vir Koning Goodwill Zweliwhatwhat belowe dat die ES-EINA-BEE-SEE voortaan meer lugtyd sal gee aan plaaslike royalty. So daai danse waar mense so rondborstig spring wanneer die nuwe koning ingelyf word, gaan nou op plaaslike TV gevolg kan word. Dit sluit vermoedelik dan ook meer blootstelling in aan Amor Vittone (Koningin van Winkeloopmaak Sing-a-longs), Etienne Lewis (Koning van egte leermeubels) en Barry Ronge (Queen. Full-stop.)
2. Kuberkrakers maak kuberkraters van die ES-EINA-BEE-SEE deur hulle webwerf te teiken en ontoeganglik te maak vir ‘n wyle. Nie dat iemand agtergekom het nie. Almal was te besig om 90% minder ‘n fok om te gee. Net daarna sien EFF ondersteuners rooi toe dieselfde groep ook die WWW van die EFF in ‘n WTF verander.
3. Die ES-EINA-BEE-SEE kondig aan dat 7de Laan nou ‘n halfuur later uitgesaai gaan word. ‘n Magdom getroude mans sanik want nou moet hulle vir nog 30 minute langer in sirkels ry voordat hulle by die huis aankom. En huisgodsdiens in Ventersdorp is ook nou effe gefok.
4. Nedbank onderstreep die waarde van hul Groen Rekening deur Naas Botha te laat sekwestreer vir sy rooi rekening. Naas Botha, gebeur dit blykbaar ook met gewone mense wat Engels kan praat sonder ‘n dik Afrikaanse aksent. Kan-jy-nou-fokken-meer?
5. Volgens ons verkragvoorsiener Eskom, blyk die oorsaak vir die vele kragonderbrekings in Pretoria en Johannesburg die laaste week onwettige konneksies te wees. Vermoedlik onwettige konneksies met mense soos die Guptas en Zupta se anoreksiese neef Khulubuse Zupta.
Watkykjy staan op 3,056,558 post views in totaal sedert 1 November, 2019.