Dis al klaar moeilik genoeg vir jong up and coming rock en alternative pop bands om ‘n breakthrough te maak in die SA musiekbedryf as jy jouself bevind in een van die rock and roll hoofstede van Azania. Maar wat van al daai marabse in kleiner dorpe en stede oor die land? Of selfs net groter stede waar – let’s be honest – die rock en alternative pop scene nie heeltemaal so ernstig opgeneem word nie? Ons skiem hierdie marabse van die Free States daar in Bloem sukkel met daai een. Hulle roep hulleself The Snowcones. Positiewe Brit Pop Alternative vibes in my Gen-X opinie.
Watkykjy gaan voortgaan met wat Griffin begin het met Kilo Hills en so nou en dan jonger bands interview wat nog besig is om die mas op te kom – maak nie saak of hulle in Platnatparrasrand bly nie. Ons sal na rou talent ook kyk, maar vandag kyk ons na ‘n band wat al klaar ‘n polished produk in hand het. Ons gaan definitief net bands interview wat in ons beskeie fokken mening potensiaal het om te groei. Hierdie is nie Pop Idols nie. Dié sneeukoppe het alreeds hard begin werk en dues betaal, so moet ons asseblief nie oorval met sakke vol garage demos nie. Ons sal social media dop hou en ons ore op die grond hou. Dis nie ‘n kompetisie of iets nie. Ons gaan net bietjie credit gee waar dit due is. We’ll know it when we see it.
Howzit Marc, Pieter en Jonathan! Thanks dat julle ingestem het om met ons te chat. So wat gaan daar in Bloem aan, bras? Ek ken net die Mystic Boer… en dis about dit. Jirre, weet die mense in Bloem ooit van Watkykjy? Of gaan hulle ons laat arresteer daar?
Yes Rolbees , hier gaan maar soos gewoonlik nie veel aan in Bloem nie. Mystic kry darem so nou en dan ‘n lekker band wat kom speel en as ons gelukkig is kom hier so een of twee keer ‘n jaar ‘n oraait music festival en ons hoop dat daar darem ‘n paar studente hier is wat weet van Watkykjy?
Julle is al ‘n jaar en ‘n half aan die go, so julle moes seker al ‘n hele paar gigs gespeel het. Eerstens, hoe moeilik is dit vir julle om gigs te kry in die States? (Ek het gesien julle het al hier in Pretoria kom gig ook). En tweedens, hoe moeilik is dit om gigs in die groot stede te kry? Travel costs kan seker ‘n bitch wees as jy net begin of hoe? Wat is die challenges vir ‘n jong band?
Dit is nie so moeilik om gigs te kry in Bloem nie. Die probleem is egter meer dat hier omtrent net drie plekke is waar mens kan speel en in die ander dorpe hier in die Vrystaat is ook min, Branfort? Ons weet nie. Dit is heelwat moeiliker om in die ander groot stede gigs te kry omdat Bloem nou nie eintlik bekend is vir sy uitstekende musieksmaak nie en dan as jy gigs kry speel mens maar die cover charge wat nie eers genoeg is vir petrol cover nie, so ons hoop darem vir ‘n bier en miskien ‘n pie.
Was julle nog altyd net die drie snow cones gewees?
Ons was in die begin net drie in die band, so ons live shows was baie meer akoesties gewees, maar ons het nou na die EP die band vol gemaak met nog ‘n kitaarspeler (Jean) en ‘n drummer (Jacques). Ons het lank gesoek vir nog fokken lekker bras hier in Bloem om te join.
Kom ek gooi ‘n lekker clichéd vraag. Clichéd, maar belangrik. Watse musiek luister julle. Wie is julle influences?
Ons is nie seker wie ons kan sê is ‘n direct influence op ons musiek nie maar ons luister baie Portugal The Man, The Black Keys, Tame Impala , Cage The Elephant en dan ook local indie soos Shortstraw en Al Bairre.
The Snowcones remind my moerbaie aan die meer positive brit Pop tunes wat ek geluister het op varsity in die nineties. Kom ek hoor by julle. Hoe sou julle Snowcones se tunes beskryf. Verduidelik bietjie wat noem mens dit? Urban Groove? Net vir die ou ballies? Nie ek nie, die genuine ou ballies!
Dit is musiek wat mens se siel moet laat glimlag. Dit moet lekker wees maar tog ook iets beteken. Maar die belangrikste is dat die crowd op dit kan jol.
Julle het onlangs julle heel eerste EP met die naam Please You klaar record? Hoe het dit gevoel toe julle die finale produk die eerste keer geluister het? Ek verstaan die title track en die song Shaking het alreeds airplay gekry? Is dit airplay oor die hele land?
Bra, ons het gedink dit klink befok en dat ons maybe iets hier het wat plekke kan gaan. Sovêr het Shaking en Please You op verskeie kampusradiostasies gejam soos Kovsiefm, Pukfm en Tuksfm. Ons hoop vir bietjie meer nasionale coverage, maar ons het ‘n toekomende track wat dalk groter kan wees. Stay tuned.
Vertel ons bietjie van die recording proses met die album? Hoe begin ‘n band in Bloem (en for that matter ander kleiner stede in ons land ) om ‘n EP te record? Hoe het julle te werk gegaan? Is daar baie keuses van studios?
Hier is twee studios in Bloem waarvan ons weet , maar ons het nie by een van hulle record nie. Ons het ‘n ou gekontak met die naam Jean-Lenix Fourie wat ‘n paar ander local bands ook record het. Hy het ons EP record en produce – hy het extra kitaar getrack op die EP, wat kief geklink het, toe maak ons hom ‘n member.
Is The Snowcones vir julle ‘n part time of full time gig? Waarmee hou julle julself besig andersins?
Ons wil dit graag ‘n full time gig maak, maar meeste van ons is nou tweedejaar studente – Marc swot joernalistiek, Jonathan musiek en Pieter swot iets. Jean record ander bands hier in Bloem en Jacques is ‘n graphic designer. Part-time students, full-time bras.
Wat is julle volgende planne? Is daar ‘n vollengte album op die horizon ook?
Daar is vir seker ‘n vollengte album op pad en dan om soveel as moontlik gigs op te line en ons musiek te versprei na ywerige luisteraars, The states and abound.
Thanks vir die chat bras. Skop gat met daai EP en al julle gigs! En gee die fokken Vrystaat horings! Sulke baie duiwelshorings!
Thanks Rolbees, chat hopelik vining weer!
Watkykjy staan op 3,092,340 post views in totaal sedert 1 November, 2019.