Deur PK Malherbe
PK. Afkorting vir perdekrag. Of poskantoor. Maar hier by Watkykjy, verkies ons die Poesklap-weergawe. En elke maand gaan ons een lekker stywe PK uitdeel aan iemand wat uit sy of haar pad gegaan het om die nasie kollektief af te pis. Soos in fokken all-the-way pappa.
En die eerste ontvanger?
Ons eerste PK gaan aan niemand anders nie as Hlaudi Motsoeneng.
Wat ‘n totale doos! Kies jou rede hoekom hy die PK verdien uit ‘n lys wat langer is as die ANC se kandidatelys vir die Tshwane burgemeesterspos. Eers was daar die 90% local content besluit wat duidelik net 10% deurdink is. Toe reken hy die ES-EINA-BEE-SEE gaan nie meer koerantopskrifte oor TV of radio herhaal nie. Hlaudi (of Ou Rooi-oog vir sy vyande) het ook mos besluit die openbare uitnaaier gaan nie meer beeldmateriaal wys van enige geweld nie (dis nou behalwe vir enige faaits in 7de Laan). Toe maak hy bekend hy dink die personeel by die ES-EINA-BEE-SEE moet dalk uniforms dra vir ‘n groter gevoel van samehoerigheid. Daarna braak hy op die draadloos dat hy nie glo aan wetenskaplike navorsing nie. Toe hijack hy ‘n SABC 3 press conference en vertel almal wat wil hoor (en daar was nie veel nie) dat Multichoice en eTV nie rêrig bestaan nie. En dat witmense hom stukkend smaak. Fok. Daar is boy bands wat meer sin maak. Ladies and gentlemen… adding the dick to dictator… ons PK-ontvanger… Ou fokken Rooi-oog.
(Voetnota: Ons sou graag wou sê dit was ‘n titaniese stryd… dat ons moes kopkrap oor wie die eer te beurt moes val… maar ons sal dan lieg. En lieg is lelik.)
Watkykjy staan op 3,083,282 post views in totaal sedert 1 November, 2019.