As jy gedink het heavy metal en hard rock musiek gaan net oor satan, seks en draks dan moet jy in die hoekie gaan sit. Laat my dink aan daai flou hoërskool joke. “Heavy Metal is not about Satanism,” says Damien Lucifer, lead singer of the band Anti-Christ. Maar vandag is ons mos nie meer so narrow minded en judgmental nie, of hoe? Het ons nie evolve van die tagtigerjare af nie? Hoekom is ek nie so seker oor daai een nie? Hoofstuk 2 (Die Handves van Menseregte) van ons Grondwet en spesifiek Artikel 15 was veronderstel om ons almal se mindsets drasties te fokken verskuif: “Everyone has the right to freedom of conscience, religion, thought, belief and opinion”. Of wat van Artikel 16 dalk? “Everyone has the right to freedom of expression, which includes freedom of the press and other media; freedom to receive or impart information or ideas; freedom of artistic creativity…”
Ongelukkig het ‘n groot gros SA politici nooit daai eenvoudige paar sinnetjies gaan lees nie. Of as hulle dalk het, het mag, geld en cult of personality politics hulle so korrup gemaak dat hulle nie meer ‘n fok omgee nie. Dink net ‘n bietjie – artistic expression – dis ‘n baie powerful konsep. Baie meer powerful as daai Motsoeneng tietkop wat maak of hy nie weet wat sensuur is nie. Niemand is so doosdom nie. Of is hy? Tietkop tree oor ‘n paar jaar af met ons belastinggeld never to be seen or heard of again – en oor ‘n paar dekades het almal van hom vergeet, maar artistic expression sal altyd deel wees van die human experience. Dis uiters belangrik dat artistic expression altyd vry gehou word. Tot sover ,Ds Rolbees.
Terug by die musiek. Musiek genres het nie net een uitgangspunt nie en selfs as artists wil sing oor die donker macabre deel van die lewe, is dit hulle grondwetlike reg om dit te doen. Dis ongetwyfeld wat fokken kuns is! JOU expression en persepsie van die wêreld waarin jy bly. Heavy metal, glo dit of nie, het ‘n intellektuele kant ook. It’s not all just good times and rock and roll. Daar is ‘n inherente social consciousness wat die status quo challenge. System Of a down, Rage Against the Machine, Sepultura, Megadeth en Napalm Death is maar net ‘n paar van die obvious old school bands waaraan ek kan dink wat ge-dabble het in politieke musiek. Ja OK, Bono het ook sy deel vir pop rock gedoen. Jissus, hy moet net aftree. Don’t quote me on this, maar dis seker maar die Big Four thrash metal bands soos Megadeth, Anthrax, Metallica en Slayer wat socially conscious lyrics en politiek in metal ingebring het in die eerste plek. Gaan doen maar julle huiswerkies self. Ek wil fokus op die Suid-Afrikaanse konteks.
Wat SA rock en metal musiek in geheel aanbetref is PitVirus moerse belangrik. Hoekom sê ek so? SA bands is minder geneig om protestmusiek te skryf hier aan die onderste punt van Afrika. Veral nie met confrontational in your face lyrics nie. God knows why. Om te pinpoint presies hoekom dit so is kan ‘n tema vir ‘n doktorsgraad op sy eie wees. Maar as ek ‘n wilde raaiskoot sou waag, sou ek sê dit het iets te doen met political correctness. Na 1994 was die meerderheid swart Suid-Afrikaners redelik happy (as much as poverty would allow them to be) en die meerderheid wit Suid-Afrikaners maar net te bly hulle het so lig van Apartheid afgekom. Ons Gen X kids wou fokol van politiek af weet. Hey Batong, white guilt, nê? Social media was nog nie mainstream nie so dié wat gripes gehad het met die regering het maar net tussen hulle eie gesinne en vriendekringe gebitch en gemoan. Ek weet, dis baie vereenvoudig, but bare with me. Dit was inevitable dat truly political SA musiek uncool sou raak. Die Fokofpolisiekar-generasie (alhoewel hulle lyrics socio-economic en political commentary gehad het) was ‘n apatiese generasie. Baie dieselfde as ons Nirvana generasie. In die Mbeki era en vroeë Zuma-jare was enige deviation en protes teen die regering anyway gesien as white whinging en rassisme. Wie wil nou daai kak bordjie om jou nek gedra het? Sure, daar was sulke pockets of political protest music – wat daarmee kon wegkom.
Daar is letterlik net ‘n paar wat uitstaan vir my. Tidal Waves se Rapolotiki in 2007 was een van die albums met ‘n duidelike anti-government boodskap. Koos Kombuis het in 2008 ook ‘n great protestalbum gemaak (Bloedrivier). Die een met ‘die Fokol Song’ op. Jirre daai song is nog steeds relevant. En dan die Slashdogs se Progress through Plunder album redelik onlangs in 2014. Daar mag dalk meer gewees het maar probably nie baie nie. Die landscape het die afgelope jaar of twee drasties verander. Die EFF het die political landscape helemaal op sy kop gedraai en voor jy jou oë kon uitvee het die meerderheid Suid-Afrikaners die Zuma administration begin kritiseer. Regardless of colour or culture. En of course, social media het meer en meer prominent en mainstream begin raak. Elke tweede rassis en sy maat lig deesdae hulle kak opinie, elke dag, op social media. Hulle is seker net meer versigtig nou met al die sake op die rol in die Equality Court. So hoekom is daar nie meer well produced carefully thought out political rock and metal met treffende songs en lyrics nie? Goeie vraag.
Die sad reality is Suid-Afrikaners is nog divided along musical taste lines. Maar soos wat die middelklas wat rock en metal luister weer politically conscious raak gaan artists ook kan intap in dit wat mense wil hoor. Parliament is headline news nou en mense begin weer belangstel in politiek. Dis weer acceptable om die regering te kritiseer. Wel, meestal Zuma en sy cronies. So wanneer ervare musos soos Chris van der Walt (Black Cat Bones, Boargazm, onder andere) en Thomas Hughes (Haggis and Bong, Fuzigish, onder andere), David Beretta Owens (van die legendary Lithium) en Marc Junius (The Drift en Forlorn) saam begin moderne protesmusiek maak is dit tyd dat julle fokken luister. En jonger bands begin leer. Die verkiesings is om die draai. In my view was dit nog altyd cool om in your face, well articulated political musiek te maak. Begin ‘n fokken band. Protesteer! As jy nie weet hoe nie, gaan check Rage Against The Machine se The Battle for Mexico DVD. Stick it to the man (or woman). Die bras en sisters in die townships is al jare daarmee besig. Soms raak kleiner groepies se metodes net te destruktief as gevolg van kak leiers maar oor die algemeen is die protest idee ‘n befokte een. Moet nou net nie na die verkeerde kant toe fok nie, asseblief. Los die rassisme vir sekere Afrikaanse musikante met baie geld om te mors vir regskoste om hulleself te verdedig in die Equality Court.
Behalwe vir die politieke deel is die tweede rede hoekom PitVirus so belangrik is die feit dat metal nogal inaccessible begin word het vir meeste musiek fans. Dis of afgewaterde kak of hard-core stuff. Met aansienlik min befokte metal in die middel deesdae. Onthou julle toe Metallica se Black commercial was? Thrash metal was actually in die charts. Daai dae is verby. Die metal purists gaan my met denkbeeldige Sataniese bybels gooi, maar dis my opinie. Wat? Hou die fokken posers uit? Hey, ek is self mal oor die real metal (die donker bose klanke van die nag) maar jy kan dit ook net soveel keer luister. En dit help nie jy begin ‘n modern protest band wat ‘n boodskap in die wêreld wil instuur en jy maak death-core musiek met riffs wat rowwe rock chicks wat tequila soos water drink nagmerries gaan gee nie. Of jy gooi death growl vocals wat niemand kan verstaan nie en selfs hardebaard rockers met takhare en sleave tattoos in hulle beddens gaan laat pis nie. En as jy meer commercial wil gaan, dan gaan jy klink soos al die nuwe metal bands met hulle fokken concept albums.
Ek dink PitVirus verstaan dit. Vir so ‘n projek moet jy die regte middle of the road medium kry wat hopelik meer mense gaan bereik. Hulle het gekies om ‘n meer dirty groove metal te gooi wat soms neig na greasy hard rock, grunge of vinnige punk vibes. Dis wat ek love! Meng daai funky old school shit in ‘n pot en kook dit faktap!!! Dis timeless.
Al vyf songs op State of the Nation het hulle eie verskillende merit maar met Xeno Man en Firepool het ek het lanklaas sulke relevant in your face anti-government lyrics gehoor. Dis mos rock and roll? Reg in Zuma se fokken gesig:
Dancing ‘round the Firepool
You’re such a dick; you think you’re cool
But we all know that you’re a fucking imbecile
A prick, a tool
Privileged pirates sit secure
And squander all we struggled for
Your ghastly deeds we can’t ignore
While you recline and laugh –
Hey, fuck the poor!
Fuck ‘em!
Uiters lekker, hierdie EP. Onthou net die wêreld is ‘n armpit. Mense (veral politicians) is ‘n virus en PitVirus is die cure! Ek het ‘n handvol PitVirus afgesluk vanoggend! Vier penorente duiwelshorings!
Watkykjy staan op 3,090,340 post views in totaal sedert 1 November, 2019.