Valiant Swart se nuutste album, Nagrit is nou al ‘n hele rukkie lank uit. Ons het hom so paar maande terug review hier op Watkyky maar weirdly genoeg nog nie met Valiant oor sy album gesels nie. Die ou travel homself fokken suur en ons het dit uiteindelik reggegkry om hom vir lank genoeg te laat stilsit sodat ons so paar woorde met hom kan breek. Ons moes hom met ‘n aandete en ‘n dop of twee bribe by ‘n tjommie se huis. Normaalweg probeer ons om die interviews op Watkykjy kort en bondig te hou maar Valiant is daarvoor bekend dat hy ‘n meester storieverteller is, so ons het besluit om die interview op te breek in drie verteerbare chunks. Rrrrrt!
Gaan subscribe asseblief aan Watkykjy se nuwe YouTube channel. Ons het maar ‘n tweede enetjie oopgemaak.
In die eerste video gesels Valiant oor sy album, Nagrit. In die tweede section chat ons so bietjie oor wat in die vroeër jare gebeur het, watse kak jobs hy gehad het voor musiek hom gered het van ‘n possible boring lewe en hier by deel drie rond draai die gesprek rondom Valiant se travels deur Amrika, die blues, Voëlvry en hoe hy te werk gaan om songs te skryf en wat hom inspireer. Turns out dis eintlik meer van ‘n kief kuier en gesprek as wat dit ‘n formele interview is.
Vir dié van julle wat lus is om die hele halfuurlange, uncut gesprek in audio format te lusiter, het ons die hele storie hieronder as ‘n Soundcloud file ook embed.
Jy kan Valiant se nuwe album op sy website koop. Hy het ook befokte t-shirts en daar is dalk nog so paar copies oor van sy lekker vinyl, Die Mystic Boer ook, so skiet oor na http://www.valiant.co.za en drop ‘n Rand of drie.
Dis seker nou ook ‘n goeie tyd om julle te tune om solank Oppikoppi kaartjies te begin beplan, want bra Val gaan daar ook jol. Check in elk geval Koppi se site uit – die line-up is ietwat van ‘n monster hierdie jaar…
Watkykjy staan op 3,083,865 post views in totaal sedert 1 November, 2019.