Georgetown is ‘n moerse lekker klomp ouens van Pretoria wat enige party aan die gang kan kry met hulle lively musiek. Ons het aan die begin van die maand hulle EP, Banana Jack review. Jy kan hom vir minder as 50 skille optel op iTunes.
Hulle het bietjie kom draai skiet vir so paar woorde en toe sommer ook ‘n tune gejol. Een van daai supreza tunes wat jou hier by die chorus laat agtergkom dat hulle actually besig is om Boney M se Daddy Cool te cover. Dan begin mens ook wonder oor die genre van die musiek en daar is so paar genres wat met mekaar flirt. My opinie? Dis hillbilly bluegrass folk gemeng met Joodse boeremusiek en balkan. Dis net fokken lekker. So lekker in fact, dat ek die ouens gevra het om hierdie Saterdag sommer ‘n gig by my huis vir so 50 tjommies te speel. Moenie worry nie, jy kan hulle oor so bietjie meer as ‘n maand by Oppikoppi ook watch saam met meer as 140 ander bands.
Kry jou ticket vir Koppi hierso as jy nog nie het nie.
As jy klaar hol geswaai het op Daddy Cool saam met al jou kollegas daar rondom jou desk, sit op jou gat en check hulle interview met Watkyky hieronder ook uit.
Watkykjy staan op 3,103,991 post views in totaal sedert 1 November, 2019.