In Bitterkomix 17 is Joe Dog (Anton Kannemeyer) en Konradski (Conrad Botes) weer besig met hulle ou, sif tricks en dit is fokken fantasties! Kan jy glo dat die eerste issue van Bitterkomix way back in 1992 uitgekom het? Oor die laaste 24 jaar het dit ook contributors ingesluit soos (om maar net ‘n paar te noem) Brett Murray, Koos Kombuis, Lisa Brice, Lorcan White, Karlien de Villiers en die world-famous Robert Crumb. In die nuutste uitgawe is Catherine du Toit die guest editor en is die ou vuilgat comic boekie opgedra aan Tienie du Plessis.
Bitterkomix is veral famous vir satiriese socio-politiese onderwerpe en poes heavy imagery. Letterlik. Soos Watkykjy is dit ook maar net vir grootmense wat sonder sonder besemstokke in hulle holle rondloop. In die nuutste uitgawe is daar ook ander contributors wat Joe Daly, Breyten Breytenbach, John Miles en Ryk Hattingh insluit.
Die boek is genuine poes snaaks en ons het ‘n limited hoeveelheid van 20 in stock gesit daaso by ons online shoppie, die Zefshop, so gaan kry vir jou een voor dit te laat is of score vir iemand ‘n befokte present. Hierdie outjies gaan ook eventually fokken skaars raak soos die sestien uitgawes voor dit. Onthou, spuit kom altyd in jou broek…
Hier is ‘n voorsmakie van die cover en so bladsy of twee van 96 bladsye van die comic:
Watkykjy staan op 3,056,647 post views in totaal sedert 1 November, 2019.