Karnivool kom van Perth, Australië af en was so week af terug hierso in SA gewees. Jy sal dalk onthou dat ons so paar weke voor hulle gig hierso bietjie met hulle gesels het.
Die brasse by Turning Tricks Entertainment probeer glo al vir die laaste drie jaar om hulle hier te kry, so dit was nogal ‘n big deal om hulle uiteindelik in die Bassline in Johannesburg te siene te kry. Dis fokken weird om te sien hoe baie fans die ouens actually in Suid-Afrika het. Om eerlik te wees, fokken min van julle (if any) het al ooit van hulel gehoor. Dit sluit ons kontkoppies hier by Watkykjy ook in. Wat ons by Bassline gesien en gehoor het, het dus die kak uit ons impress. Nie net in terme van die musiek en performance nie, maar ook die crowd se energie. Dik ingeduk.
Karnivool se unieke weergawe van progressiewe moderne rock is uitstekend en die skare het amper woord-vir-woord met alles saamgesing. Karnivool… Dit klink soos piele wat vleis vreet. Anyyway, des nieteenstande was dit ‘n kwaliteit aanskousel gewees. Hoe langer die aand aangegaan het, hoe beter het dit geword. Ian Kenny is een van die beste frontmen wat ons nog gesien het en die wetter het die skare bederf met een Karnivool hit na die ander. Hulle bestaan al van 1997 af (kan jy dit fokken glo?) en daar was dus baie tunes om van te kies.
Wonder hoeveel van hierdie gems van die overseas af ons klomp bederfde bloeiseltjies op tuisgrond sal kom besoek in 2017. Sulke afgewaterde AC/DC met Cartman op vocals? Het jy al gecheck hoe Axl al hoe meer soos Cartman begin lyk? Sulke ronde vuilbek oudstes en enigstes seun wie se mamma hom bederf? Fok, ons raak bietjie off-track hierso. Karnivool is deur local geraasmakers, Deity’s Muse en Poverty Of Ideals support en SA se rockmusieknaam was hoog gehou die aand.
Hier so paar kiekies vir die van julle wat daar is en bietjie van ‘n oomblikkie moet geniet by jou desk by jou graft…
Watkykjy staan op 3,090,604 post views in totaal sedert 1 November, 2019.