Kaapstad is ‘n fokken weird plek – hulle hou ‘n metal konsert so op ‘n Woensdagaand in ‘n casino. Die tipe plek sonder persoonlikheid met lelike matte en verkakte decor waarheen desperate mense gaan om hulle laaste geld, hoop en drome te begrawe. Maar fokweet, Maiden was daar en dis al wat getel het.
Terwyl ons in die ry staan en wag het, tune ‘n antie vir Chopper:
“Excuse me, is there a show on tonight?”
Chopper: “Yip.”
Antie: “Is it a biker show?”
Chopper: “More like a metal show.”
Antie (aan haar dogter): “Dis blykbaar ‘n METAL show, hartjie.”
Ja wat, Kaapstad. Always the bridesmaid and never the bride, huh? Seker ook hoekom die Kaapse kinders (al vierdusiend van hulle) amper soos een man ge-boo het toe oom Bruce reken dat die Kaap ‘n befokte crowd was en dat Joburg volgende deur flight 666 getref gaan word. Ouens, ons bly in dieselfde fokken land, hoor. #SulkeLaerskool.
Dalk was hulle net pisserig omdat die bar halfpad deur die show gesluit het. Hou mos nie van geld maak nie. Sulke allergies vir geld. O ja, en dankie ook aan die een bra en sy tjom wat aan ons aangebied het om crack in die parking lot te gaan vat. En met dankie bedoel ons “nee dankie”. Jirre, seuns! Hoop julle het at least die eerste helfte van die eerste song gekokkenodge.
Behalwe vir die weirdness was die gig dik fokken gees gewees. Iron Maiden bou al vir dekades lank hulle reputasie op ‘n ongelooflike stage show en hierdie was nog ‘n illustrious chapter in die book. Mens kan sê Die Book of Souls, wat ook toevallig die nuwe album en die toer se naam is. Die setlist bestaan dan ook uit ‘n amper even balance van Book of Souls en ou favourites. En omdat die nuwe album dik gat skop is dit fokken nca verby, pappie!
Ons kan seker maar op hierdie stadium mention dat die Joburg show ‘n presiese cookie cutter copy van die Kaapse show was, so hierdie review geld dus vir beide. Daar was net meer siele by die Joburg show (18,000) as wat daar was by die Kaapse show. En meer siele beteken meer gees. Letterlik.
Die show begin met die eerste twee tracks van Book of Souls en dit pas 100% by die impressive Mayan stage set – deel van die 20 ton (ja, jy lees nie verkeerde nie) wat die brasse saam met hulle gevlieg het in hulle eie Boeing 747. Bruce hardloop rond en spring soos die Duracell hasie op badsoute op die ouderdom van 57 – fokkol moeg na hy pilot-pilot gespeel het met Ed Force 1. Jirre en hy het daai vliegtuig mooi ingebring maar dis maybe ‘n storie vir ‘n ander dag. Een van die krimpies in die band, guitarist Janick Gers, gooi sy kitaar rond soos ‘n fokken mal ding, klap sy been op die speaker regs langs hom, so weirdly 90 grade sywaarts. About die hele tyd. As jy daar was en ‘n oog op daai omie gegooi het, sal jy uitmaak waarvan ons praat. Die oom het genoeg energie vir 10 mense en is die hele fokken tyd aan die gang. Dit was soos die Comrades Marathon van heavy metal.
Op ‘n stadium maak Eddie sy appearance, eers as ‘n 3D kop wat agter die stage uitpeul en later as actual karakter wat op stage rondloop, met Bruce fight en dan sy hart verloor. Die mal guitarist hardloop onder sy bene deur. Natuurlik. As jy op iets iets anders as drank was sou daai 3D kop jou brein gebreek het want aanvanklik het dit soos ‘n video gelyk wat op ‘n screen agter Maiden speel. Dan hang daai kop vorentoe oor die stage en mense verloor hulle kak heeltemal!
Maiden se Troopers (dis nou julle, die fans) was dik amped en vreeslik vocal. Tunes soos The Red and the Black en Fear of the Dark was kliphard saamgesing. Ongelukkig soos vroëer genoem, ook lekker hard ge-boo (die Kaapste naaiers) toe Bruce tune hulle gaan volgende Joburg toe. So paar laities met kleinmannetjie sindroom is ook uitgegooi in Kaapstad. Jirre, hoe loser moet jy wees om by ‘n casino uitgegooi te word? Johannesburg se crowd het ook maar hulle pielnekke gehad. Twee ouens in in die golden circle gedeelte voor die sound desk het byvoorbeeld (vir geen rede) stamperig geraak met almal wat verby hulle durf loop, chicks ingesluit. “I’ll fuck you up, broe!” Dis asof hulle girlfriends niggies ‘n emmertjie dom kont oor hulle uitgegooi het voor hulle show toe is. Onthou om vir jouself ‘n pakkie poesklappe in te pak vir die volgende show, jou blerrie nool. Ons hoop julle het van julle 1980’s Katana’s afgepoes na die gigs, julle fokken turfjakkalse.
Groot Maiden tunes soos The Trooper, Powerslave, Hallowed be thy Name en Iron Maiden (poes ou song) het ook hulle opwagting gemaak. Ook Number of the Beast, wat sy eie opblaas Satie gekry het teen ‘n backdrop van vlamme. Dik gees. Onheilige gees. Super onheilig. Salig. #blessed
Iron Maiden het soos ‘n well oiled Boeing gewerk. Die sound was befok gewees en mens kon elke fokken solo pitch perfect hoor. Die beligting was ook iets uit ‘n ander wêreld gewees. Julle local ouens wat op hierdie show gewerk het kan ‘n groot bucket list item op julle lysie af tick. Well done! Die produksie was fouteloos gewees. Dit was ook awesome om te check hoe die guitarists verskillende style het. Steve Harris (die enigste marabs in ‘n short pant) bounce en headbang straight deur terwyl kamera’s mens wys hoe die drummer rustig die galoppende ritme bestuur van agter sy massive kit met omtrent 100 toms.
Dis moontlik die beste perdjie-metal show wat jy ooit in jou lewe te siene sou kon kry. Om ‘n band van hierdie formaat op hierdie level te sien speel in Suid-Afrika is nogal pretty much ‘n big fokken deal. As jy nie daar was nie (en boonop ‘n groot fan is) moet jy dalk nie na die befokte foto’s kyk deur Watkykjy se fotograaf, Henry Engelbrecht geneem is nie. Jy gaan net in jou fokken hande huil daar reg voor jou PC by die werk en soos ‘n kont lyk.
UP THE FOKKEN IRONS!
Die hele setlist (Joburg en Kaapstad)
If Eternity Should Fail
Speed of Light
Children of the Damned
Tears of a Clown
The Red and the Black
The Trooper
Powerslave
Death or Glory
The Book of Souls
Hallowed Be Thy Name
Fear of the Dark
Iron Maiden
Encore:
The Number of the Beast
Blood Brothers
Wasted Years
Watkykjy staan op 3,064,559 post views in totaal sedert 1 November, 2019.