SABC se idiot clown at large en in charge, Hlaudi Motsoeneng, het gister getune dat die SABC van vandag af 90% local musiek sal jol op hulle stasies. Sy presiese woorde was: “We want to come to a point where any of our 18 radio stations can become a home for all South Africans.”
“Gr8! (het ‘n klomp tietkoppe moontlik in unison geskree) Nu kan ons net baja lekka stuffs lyster. Kom k what’s up al m maaq’s!”
Dit gaan nie lank wees tot Broeknaai Braaitreffers 1 tot 17, afgewaterte kwaito en ‘n klomp boktos jou ore te klap nie. Local “artists” gaan nou seker ‘n kakhuis vol stront record om SAMRO royalties te probeer klap. Maar moenie worry nie, dinge in Suip-Afrika isn’t always what it seems. Jy moet bietjie onder die surface gaan rondkrap.
Ons het ‘n vinnge toets gedoen en online gaan luister want ons het vermoed dat daar kak uit die man se smoel val sodra hy dit oopmaak:
Channel Africa het ‘n boring gesprek oor racism gehad.
Channel Africa 2/7 het nie gewerk nie
Good Hope FM het een of ander kak international R&B tune gejol waarin die goose klink het asof sy in ‘n emmer aut-tune ingekont het.
iKwekwezi het kakhard ge-gospel in isiNdebele (yay, local!)
Lesedi FM het met luisteraars oor die foon gepraat
Ligwalagwala FM het iets ge-jol waarna mens loosely kan verwys as township bass. Maar met extra bass.
Lotus FM was aaklig op die ore. Tunes straight outa India, so fokol local.
Motsweding FM het met luisteraars oor die foon gechat.
Munghana Lonene FM het met luisteraars oor die foon gechat
Phalaphala FM het het luisteraars oor die foon gepraat. (drie se calls is gedrop)
Radio 2000 het Pump it On van Toya Delazy gepomp. Sy is local. Toya, jou SAMRO geldjie is innie pos, hoor!
Radio 2000 Xtra is ‘n carbon copy van Radio 2000. Dubbel geldjie vir Toya Delazy!
RSG? Ek gee jou een fokken raai en ek praat nou nie poes nie… Wait for it! Tot My Laaste Uur deur Nicholas Louw. So nothing changes there. Pomp daai kak uit! Yay vir local!
SAfm was boring as fuck en het met ‘n political scientist gepraat. Oor racism. Kom ons kak in ons hande omdat ons so surprised is.
Sprinkbok Radio het Stars in My Eyes deur Morton Gold & His Orchestra gespeel. Dit was soos om ‘n glas vodka saam met ‘n slaappil straight in jou hol in te gooi deur ‘n tregter. Instant slaap.
Thobela FM het vir ongeveer 4 minute lank advertensies ge-broadcast. Dit maak sin – hulle moet hulle 1.5m listener base gebruik om companies se piele droog te melk vir zak. Die DJs het toe vir ‘n verdere 5 minute sit en boktos praat en gelag vir mekaar se grappies. Ek het nie verder gewag vir musiek nie.
TruFM het gepraat oor local musiek met een of ander poes wat SAMRO verteenwoordig. Oh, the fokken irony.
uKhozi FM het met luisteraars oor die foon gepraat.
uMhlobo Wenene FM was besig met een of ander locally produced radiodrama. Befok! Local vibes. Maar dis nie musiek nie, naaiers.
X-K FM was so fokken dood soos ‘n mossie wat deur die buurman se laitie met ‘n pellet gun deur die ballas geskiet is.
Daar het jy nou al die 18 SABC stasies waarvan Hlaudi gepraat het. Die bra is dalk moedswillig deur die kak of net so goed met wiskunde soos Jacob Zupta, want die SABC het eintlik 20 fokken radiostasies. Hy het conveniently gemaak asof 5FM en Metro FM nie bestaan nie. Die rede hiervoor is dat daai twee stasies nie deel is van hierdie “eksperiment” nie. Die bra het dus sy woorde so fyn soos ‘n lyn cocain gekies om misleidend te wees.
Die nool het verder getune: “In choosing to play 90% local music, the SABC is also going beyond what is required of it by the Independent Communications Authority of South Africa (Icasa).”
OK, fokgesiggie – kom ons doen gou somme om te kyk hoe daai 90% van jou lyk, maar om met ronde getalle te werk het ons sommer 5FM en Metro FM ook in die mix gegooi:
(5FM het wel toevallig local gegooi – Stay A While van The Parlotones, daai band waarvoor almal so verskriklik lief is. Metro FM se DJs was baie lief vir hulle eie stemme en het virtually oor mekaar draad getrek)
Die wenners is:
Nicolas Louw, Parlotones, die ouens wat die jirre prys, die township bass en Toya De Lazi (onthou, sy word tweekeer getel)
Dit maak 30% uit van die groot som en die Paroltones hoort eintlik nie op die lys nie. In fact, hulle hoort eintlik nie op radio nie.
Jy is welkom om self deur al die kak te skip en te kyk waarmee jy opkom. Shazam was handig vir die drie local songs wat wel gespeel het.
http://www.sabc.co.za/wps/portal/SABC/listenlivepopup#fragment-2
Laat my gerus weet of jy by 90% local musiek uitkom. Ek fokken twyfel sterk dat jy sal.
En as jy lus is vir piele tunes sonder DJs wat mekaar se velle klap of draadtrek oor hulle goue stemme, tune gerus in op http://www.interwebsradio.com/
Watkykjy staan op 3,085,080 post views in totaal sedert 1 November, 2019.