Caddilac Sun – Rock and Roll
Cadillac Sun adverteer hulle musiek genre as rock and roll. Hulle album se naam? Rock and Roll. Die title track? Ook obviously Rock and Roll. Asseblief moenie Led Zep cover nie… asseblief moenie Led Zep cover nie… so wat dink julle marabse? Het classic ouer rock bands alleenreg op die term? FUCK NO! Dis vir almal wat wil en kan. Maar jy moet ballas hê om ‘n album so te promote – want as jy nie kan ‘rock and roll’ nie gaan classic rock fans jou musiek net ignore. En dis juis NIE die mense wat jy wil vervreem nie. But then again, is dit nie waaroor rock and roll eintlik moet gaan nie? Ystermoederfokkenballas en risiko vat in die gesig van die status quo? En ek bedoel nie nutscape die rock legends nie… tsk tsk… sulke onnodig.
Rewind ‘n bietjie tot vroeër vanoggend. Elke Donderdag is soos Kersfees vir my. Staan laat op, poeshonger. Gaan haal die Cadillac Sun CD uit Griffin se geskenkpaksakkie – met albums in wat ek nog moet review. Dit staan permanent in my sitkamer vir ‘n jaar amper. Ha! Ja, ek is ‘n music nerd. Die CD was nog steeds in die plastic so ek voel tien jaar oud toe ek dit oopmaak. Sit dit in die CD player om te luister terwyl ek iets aanmekaar slaan om te chow. Draai die volume waaaaay hoog en ‘n riff bliksem my tussen die knaters, soveel so dat ek moet vashou om nie my rystoel om te tiep nie. Die botter in die pan verbrand moertoe. Jirre-jissus wat was dit? En net daar het Cadillac Sun my aandag. In die sweet spot tussen my speakers vasgevang. My kombuis kan maar fokken afbrand ook. Dis hoe jy ‘n rock and roll album begin, marabse. Maak notas op julle zolle. Ek het net gebid die vocals is nie kerm-punk of iets nie. Die rock and roll gode was genadig want toe Carl Heydenrych se stem deurkom was dit sulke kruis tussen Ian Astbury, Wayne Hussey en Shaun Morgan. ‘n Piele kombinasie. Sug van verligting. Kom ons luister verder.
Die eerste paar songs Never Seen Before, Rock and Roll en Broken Bones gee my onmiddelik daai The Cult gevoel. Almal wat my reviews lees behoort al te weet ek is nie een vir bitch en moan as nuwe bands die ouer genres se musiek op hulle eie manier interpreteer nie. It keeps rock and roll alive! So, moet bands altyd alles re-invent en aanhou innovate? Die classic rock bands doen dit nie. Dink Hollywood Vampires en Kings of Chaos. So hoekom moet nuwer bands dit altyd doen? Hey, as jy kan en jy wil is dit befok! Weet net nie waar gaan dit alles eindig nie. Jy gaan obviously minder albums verkoop as jy nie die nuwe benchmark sounds chase nie – want jou mark is dan kleiner. Supply en demand. So ja, Cadillac Sun se sound – overall – is nie iets totally nuut nie. Maar vir classic rock en metal fans wat net elke dag die ou stuff luister sal dit soos daai eerste sluk bier wees na ‘n week in die woestyn. En vir jonger ore is dit opvoeding!
Dis larger than life, “helder” riff stadium rock and roll, man. Maaaar dit kan ook bietjie nineties raak. Ek wens ek kon sê: “like the good old days” maar daai NP Nat Naaie het veroorsaak dat ons nie een van die (nou) classic bands soos Iron Maiden en the Cult, live op stage kon sien toe ons almal nog jonger was nie. Up the Irons! En dis presies hoekom rock freakazoids bands soos dié moet support! Want die classic bands kom net een keer in fokken tien jaar by die nuwe Azania uit. Anyways, rant over.
Waar was ek? Die kombinasie van rugged main vocals, verskillende classic style back up vocals en riffs en solos wat jy laas in die eighties gehoor het (lekker Emil Snyman!) maak hierdie album baie interesting vir my. Jissus, luister bietjie na Can you Feel It, ‘n hat tip to AC/DC, en daai classic “whole band singing” background vocals van die glam rock dae. Gimme some more het weer ‘n orgasmic build up wat jou tone gaan laat krul. Dis die good shit hierdie en nie vir posers nie. Check. Hulle kan hulle musiek instrumente goed speel. Check. Dis hard en real en vir fok seker nie vir music fans wat anal is oor old school rock “wat nie in 2016 hoort nie”. Check.
Daar is een of twee curve balls ook op die album. Up All Night is ‘n lekker rock anthem maar met sulke lekker talking vocal vibe (wat ek lanklaas gehoor het) en Alice Cooper tipe backing vocals! Soaring – Shania Twain style liedjie met Natalie-Reid Ross op vocals en the Edge tipe kitaar tokkel in die agtergrond. Laasgenoemde het my bietjie gegooi maar dis ‘n decent deviation. Ek dink nie Cadillac Sun is veel gepla om hulle musiek in presiese klein labeltjies vir ons op te dis nie. Min bands wil actually. Maar as jy jou job goed doen dan is dit moeilik vir etters soos ek om jou in ‘n boksie te plaas en veilig te merk (soos Fokofpolisiekar getune het). Ek verstaan nou hoekom Cadillac Sun hulself broadly beskryf as rock and roll. So Cold is weer ‘n ander tyd en plek – amper nineties goth rock en The Light begin so nineties rock ballad en surprise my weer met verkleurmannetjie vocals. Is dit Carl Heydenrych? *Vat so rukkie* Uuuuhm… ja ek dink dit is. Great vocals. Dis hoe mens ‘n rock album afsluit, marabse. Sulke howling guitar solos.
Gaan hierdie bras (en sister) ‘n SAMA wen? I wish, maybe a few decades ago. Maar vir die van julle wat die rock and roll vaandel hoog waai sal hierdie moedersmelk wees. Dit lê vir my weer so tussen drie en vier horings. What the hell, vier horings! O ja, Cadillac Sun se merch kom in sulke kief package. T-shirt, CD en bierbeker. Ek dink local bands moet meer aandag aan merch gee. Druk dit in almal se kele af to the point of submission! Is daar iets fout om met merch geld te maak as jy ‘n rock and roll band is? Fuck no! Gaan vra net vir Kiss hoeveel geld hulle uit hulle action figures alleen gemaak het. Local bands gaan nie naby dit maak nie, maar as jy bietjie moeite doen? Who knows? Dit betaal dalk ‘n moerse chunk van jou volgende recording bill. Jirre, wie onthou Maiden se Eddie posters in die eighties? Ek was soos, vat my pa-hulle se geld! Vat dit net, Oom CNA man!
Watkykjy staan op 3,092,687 post views in totaal sedert 1 November, 2019.